Page 1 of 1

Jongens fontein

Posted: Tue Jul 04, 2017 8:16 pm
by Blesbok
Naand manne.
Ek gaan al jare jongens toe, maar kry maar min geluk. Het julle raad en "spots" vir kabeljou, galjoen en enige ander vissie wat in die winter sal byt. Ek gaan bietjie Donderdag weer lyn nat maak.

Re: Jongens fontein

Posted: Tue Jul 04, 2017 9:09 pm
by LUAN
Jongensfontein! Wat n wonderlike plek. Laat jy my nou dink aan al die jare wat ons Desembers daar gaan kamp het. Ek was ook nooit so baie gelukkig daar in die somer hengel. En jy verloor vrek baie sinkers! Ek altyd gestap van stilbaai na jongens se kant toe halfpad by Masterstok gestop. Paar kabeljoue daar gekry. Nou is galjoen tyd. Lekke rooi aas en rowwe water kan jy hulle kry. Geniet dit!

Re: Jongens fontein

Posted: Tue Jul 04, 2017 10:56 pm
by Blesbok
Sal my bes probeer.

Re: Jongens fontein

Posted: Wed Jul 05, 2017 11:31 am
by Blesbok
Het enige iemand raad vir Mosselkraker?

Re: Jongens fontein

Posted: Wed Jul 05, 2017 12:11 pm
by Albert84
Gooi n heel siffie vir cracker 7/0 en n STERK leader


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Jongens fontein

Posted: Wed Jul 05, 2017 12:28 pm
by joe rocket
8nul hoek kalm helder water met groot rooikrap wat in die helfte gesny is. Maak krap aan hoek vas aan lyf met pote wat na onder hang. Neem binnegoed van ander helfte van krap en daai met rekgare vas om krap op hoek. Werp aas in see en wag draai briek effens los . As daai kraker vat moet jy wakker wees.

Re: Jongens fontein

Posted: Wed Jul 05, 2017 10:52 pm
by Blesbok
My goed is reg. Ek ry môre oggend jongens toe. Gaan bietjie kyk vir galjoen en Kabeljou. Enige raad en spots sal nog baie waardeer word.

Re: Jongens fontein

Posted: Thu Jul 06, 2017 11:49 pm
by Blesbok
Het enige van julle al ooit geluk gehad by sand strand?

Re: Jongens fontein

Posted: Fri Jul 07, 2017 8:51 am
by LUAN
Jy moet dagbreek al jou lyn in die water he daar vir die kabeljou en elwe.

Re: Jongens fontein

Posted: Sun Jul 09, 2017 7:14 pm
by Blesbok
Manne ek vloek nou knope. Ek het nou net by die huis aangekom na visvang. 'n groot galjoen en 2wilde perde gevang. Sit hulle op stoep en gaan haal mes en sakkies. Buite gekom en daar is my bliksemse galjoen weg.

Re: Jongens fontein

Posted: Mon Jul 10, 2017 1:11 am
by Blesbok
Jammer oor die taal. Was in die oomblik

Re: Jongens fontein

Posted: Mon Jul 10, 2017 6:43 am
by ruaanb
mens of dier ai tog

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Jongens fontein

Posted: Mon Jul 10, 2017 7:07 am
by joe rocket
Dis n grote wat gevang was en toe weg gekom het. Ai.

Re: Jongens fontein

Posted: Mon Jul 10, 2017 10:58 am
by Blesbok
Ja

Re: Jongens fontein

Posted: Tue Jul 18, 2017 8:30 am
by Noorde
Weet voor die groen pampoen op die sandstrand is lekker kabeljou plek!
Stywelynne!