Nog n DIY tumbler

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Nog n DIY tumbler

Post by sPRINGHAAS »

Al die gepraat en manne se pogings om wet stainless media tumblers te bou het gemaak dat ek ook my navorsing gaan doen het. Die resultate en die feit dat dit soveel vinniger was het my dadelik laat besluit dat ek ook een MOET hê. Die pryse het my egter afgeskrik en ek hetbesluit om eerder self een te probeer maak....

Na ek lank rond gekrap het op internet, YouTube en in my garage vir idees het ek besef dat almal wat een bou met ten minste 1 of meer van die probleme sit om te oorkom:
1) as die drom direk aangedryf word is die koppelling tussen die motor en die drom n probleem. Die drom moet nog kan seel en moet verwyder kan word om doppe maklik in en uit te kry.
2) indien die drom nie direk aangedryf word nie moet die drom nie gly of die dryf-as nie.
3) iets moet in die drom gebou word om die doppe te skommel om te verseker dat almal mooi skoon gewas word.

Dit het my die idee gegee om die een te bou wat nie met een van die probleme sukkel nie(hy dalk n paar van sy eie.. Image)

Image


Image


Image


Ek het gewerk met wat ek het en die garage deur motor is nie ideaal vir die werk nie, aangesien hy nie gemaak is vir lank loop nie, en na n ruk begin warm word. So as ek baie doppe(swaar) was doen ek dit in 2x20min sessies. Die staal het my onder R300 rand gekos en ek het 3 uit dit gebou vir my en 2 vriende. As mens wil hê hy moet harder werk as wat myne doen moet mens net kyk om die aandrywing bietjie te verander vir n sterker motor of n ratverhouding met n vinniger motor, maar vir wat ek doen is hy 100%.

Soos julle kan sien gebruik ek n 5l waterbottel as n drom. Indien die bottel lyk of hy begin skuur vervang ek hom sommer(en as jy nie water koop in bottels nie, kos die bottels R8 by crazy plastics). Jy kan dan basies gate boor vir enige hoekige bottel. Voordeel is dan dat die vorm van die bottel die skommel werk doen. Ek het wing nuts op 2 van die threaded rods gebruik om maklik die bottel te kan insit en uithaal. Daar is ook ander gate opsies geboor as ek n ander of kleiner bottel wil gebruik vir minder doppe.

Moet sê hy maak my lewe verseker makliker sonder om die bank te breek.. en my doppe kom mooi skoon uit!
Last edited by sPRINGHAAS on Thu Jul 20, 2017 11:26 pm, edited 1 time in total.
sPRINGHAAS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Tue May 14, 2013 9:25 pm

Re: Nog n DIY tumbler

Post by sPRINGHAAS »

Ek het die foto in oorspronlike post gekry dat hulle werk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1841
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Nog n DIY tumbler

Post by LoopSoosStroop »

Mooi man, dis nou oulik.

Ja daardie garage deur/wiper motors hou nie verewig met die jobbie nie, ek is al deur twee. My huidige ene gebruik 'n hek motor en ratkas. Ek sal 'n paar foties moet gooi.

As mens eers met SS getumble het gaan jy nie terug nie.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Langeraat
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 381
Joined: Sat Sep 07, 2013 3:16 pm

Re: Nog n DIY tumbler

Post by Langeraat »

Maar dis nou 'n bakgat plan. Wel gedaan Springhaas.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Novus Vitae - 2 Kor 5:17
MP1986
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Fri Feb 17, 2017 2:39 pm

Nog n DIY tumbler

Post by MP1986 »

[IMG]//uploads.tapatalk-cdn.com/201707 ... ee59aa.jpg[/IMG]

Die hout het rondgelê en die 5 liter verf blik was verniet. Die motortjie kos +-250 nuut en hy word aangedryf deur 'n 350W rekenaar power supply.

Die wiele waarop die drom harloop "self align" in hul swivels en is rated vir 20kg. Hulle was R30 stuk by builders.

Die SS pins het ek by BJ Oberholzer bestel en saam die posgeld was 2kg se 1mm pins R700. Hulle is magneties.

Ek verkies die 1mm pins want dit het 48% meer "surface area" as die 1.5mm pins vir soortgelyke massa. Meer area = vinniger skoonmaak.

Binne in die drom het ek foam strips geplak.

Die drom het 'n 6mm bout met washers. Lyk of hy goed seel. Dit skroef in 'n coupling in wat ek self gemaak het deur klomp moertjies op 'n threaded rod te draai en dan met pratley steel aan mekaar vas te sit. Twee washers aan weerskante hou dit netjies en haaks.

Daar wag nog so bietjie afwerking en aanpassing maar hy werk soos hy is en het gister "range brass" amper nuut laat lyk met net 10min se spin! Die 1mm pins werk soos 'n bom!

Volgende stap: magnetic seperator... en polarity switch...


Sent from my iPhone using Tapatalk
Post Reply