Page 1 of 1

Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 9:18 am
by Ben Remington
Goeie môre....

Myburgh wou baie graag 'n mooi springbokram in die Kalahari gaan skiet en toe maak ons so. Hy het geskiet met sy .233 met 55gr Sierra GameKing Loodpunt. Die afstand was so 130m en die ram was mooi dwars. Die skoot het geklap en die bok het stadig vorentoe gestap en na so 10 meter gaan staan en begin wieg en omgeval, mooi deur die longe. Ek het laatmiddag die jakkals geskiet waar hy in 'n pannietjie gestaan het in 'n oop kol tussen die driedorings. My swaer het 3 mooi bere geskiet waarvan hy een se voorbeen afgeskiet het, ek het vir Ruger losgemaak op die spoor en hy het weggeraak in die lang gras, ons het so stadig op ons manier die spoor in die lang gras begin volg en na 10 minute het ons hom hoor blaf waar hy besig was om te roei met die beer en ons kon hom daar skiet op kort afstand. 'n Hond wat kan spoor vat is 'n groot aanwins, maak nie saak wat se ras dit is nie.

Groetnis

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 9:20 am
by Ben Remington
nog paar...

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 9:22 am
by Ben Remington
nog...

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 9:23 am
by Ben Remington
nog een...

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 9:58 am
by joe rocket
Mooi Ben en Myburgh. Baie mooi gedoen. Daai klong van jou mag maar skiet jy mag maar trots wees . Stuur groete vir Ruger en sê vir hom Kikki is amper op hitte. ++>:

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 9:59 am
by ruaanb
sjoe mooi ram geluk Myburgh!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 10:56 am
by Flip Nel
Baie geluk, dankie vir die deel

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 11:08 am
by Plaashaas
Ben Remington wrote:nog een...
Baie mooi foto. Net jammer vir die hoed skaduwee op sy gesig.


Baie geluk aan al die jagters en Ruger

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 11:27 am
by Ben Remington
Baie dankie aan almal en groetnis.

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 12:43 pm
by Tikka_25-06
Baie mooi sussie wat saam gaan is te oulik.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Jul 22, 2017 8:37 pm
by JPS
Myburg met maar skiet, een van die dae gaan hy moet sussie ook beurt gee ;)

Baie geluk en moontlik vertel soos altyd Ben

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Mon Jul 24, 2017 11:17 pm
by koos 2
zBaie dankie vir die deel, baie geluk aan die jagters

Re: Saam Myburgh in die rooi sand...

Posted: Sat Aug 12, 2017 8:30 pm
by Vlakvark Soldaat
Well done! Netjiese ram daai! Ek en my 2 seuns gaan beslis in die nuwe jaar kom kuier!