Page 1 of 3
Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 4:59 pm
by Jagtersdok
Hier is nou die plek om die korrekte terme te plaas, vrae te vra as jy dalk betekenes van term wil kry.
Hou asb alle debat en besprekings rondom taal gebruik slegs hier.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 6:02 pm
by Cobus(Cobb)
Gerard,
1)So ruk terug het jy sketse/prente van patrone gepost met die korrekte benaming vir die doppe, koe?ls etc...het ook vir my seun gegee om die regte benamings te leer...dankie.
Ek wil graag vra indien jy of enige ander forum lede, 'n skets of prent van die geweer aksie het, met die nodige terme/benaming van die dele, dit hier kan post asb....die aksie is vir my nog maar 'n duistere ding en ek verbaas my oor die manne wat die verskillende tipes sommer so op fotos kan uitken.
Ek benodig dit vir my eie onderrig en nie soseer om argumente oor die name van parte te begin nie.
2) dan verlang ek ook asb die betekenis van die term VRYBOOR
Thanx
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 8:11 pm
by tripodmvr
Jagtersdok wrote:
Hier is nou die plek om die korrekte terme te plaas, vrae te vra as jy dalk betekenes van term wil kry.
Hou asb alle debat en besprekings rondom taal gebruik slegs hier.
Ek vind dat mens probeer tyd bespaar en korter woorde tik - daarom punt ipv koe?l. Kan ons nie 'n stel afkortings saamstel (KP =koe?lpunt) vir terme wat baie herhaal word en bo-aan die post kan kopieer en daarvolgens na 'n telegram styl oor te skakel - "Jaracal mixit". Ek tik met twee vingers en enige verkorting sal help. Dan is die begrip reg en ons praat oor dieselfde items en vermy misverstand.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 8:53 pm
by Jagtersdok
3poot
noem dit koeel, dit net 1 letter meer moenie bekommer oor die korekte spelling nie
Maar mixits en afkortings gaan my heel deurmekruis gooi
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 9:26 pm
by GERT vd M
n KOEEL is die gedeelte wat in die nek van die dop indruk. n PATROON is die samestelling van die dop, koeel, slagdop en kruit. WAT IS N PUNT? n PUNT is die voorste gedeelte van die koeel ( niks segend)
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 9:37 pm
by baboonstalker
Tripod,
Ek raak seker nou oud, maar mixit en SMS taal gee my die horriepieps (die ergste vorm van 'n gatkramp) en verkrag ons taal, kom ons hou dit so eenvoudig moontlik, maar niks eenvoudiger!
Dankie
Pieter
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 9:44 pm
by Monrique (SJ)
BS
EK stem 110%, maar ek is nognie oud nie!!
Groetnis
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 03, 2011 9:53 pm
by tripodmvr
Ek moet nou seker ook kla dat julle nie verstaan nie.
Julle gebruik alreeds TPL. Dit is tog 'n afkorting. Netso het ek gedink dat as ons KP gebruik almal sal weet wat dit is as die afkortings bo aan jou post verskyn. Niemand se hare staan orent nie en almal weet dit is 'n koe?lpunt waarvan ek praat. Gaan dink 'n bietjie daaroor en miskien het ons 'n eenvoudige resep vir die gekrap wat nou plaasvind.
Ek verstaan wat baie manne s? en antwoord met die regte terminlogie om hom so attent daarop te maak. Ek maak dit nie noodwendig 'n lewenstaak om hulle op te voed nie.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sun Sep 04, 2011 7:06 am
by Gerard
KP, wanneer koeel bedoel word is juis die probleem.
Hier is 'n koeelpunt:
Hoekom is dit so? Want:
Sien ook:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 265#p47265
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Fri Sep 09, 2011 8:32 am
by stf
Jagtersdok,
Dankie vir die inisiatief, opleiding /inligting en onderrig het baie opvoedings waarde.
Op n stadium het dit geklink of ons besig was om die toring van Babel te bou.
'Kruit' - is die korrekte benaming nie 'dryfmiddel' nie.
In engels praat ons van 'propellant', nie van 'powder' nie.
Help my reg asb.
Stf
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Fri Sep 09, 2011 10:23 am
by MJK
STF
Ek sal dink kruit is woord wat almal ken en 'n erkende Afrikaanse woord. Die voortrekkers het nie van dryfmiddels gepraat nie maar van kruit en kruitdampe. Dryfmiddel kan ook rek van kettie wees, of iets wat op water dryf
Ons moet darem nie alles oorboord gooi en verengels nie! Daai Engelse taal is op eie lekker deurmekaar sien
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=8
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Fri Sep 09, 2011 2:26 pm
by PITSMIT
kruit is afgelui van die woord buskruit wat ons ou voorvaders mee geskiet het en selfs toe moderne middels op die mark verskyn het het ons aangegaan om dit kruit te noem
die korrekte benaming is nitro sellulose dryfmiddel vir die mderne poeiers
so ek sou se as ons van dryfmiddel of poeier praat sal dit seker tegnies reg wees want kruit is niks anders as buskruit nie
cobb
daai voorstel vd verskillende aksies sal nice wees as iemand dit vir ons kan plaas. dit sal die jongmannetjies op die forum baie mooi kan wys wat is die verskil (en pa sal ook nog kan by leer natuurlik ook

)
dok neels
goeie post wat jy begin het. dit gaan interresant raak hier
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Fri Sep 09, 2011 3:11 pm
by Hein M.
Gerard
Wat is die verskil tussen "koe?lpunt" en koe?l? Die begrip koe?l is mos beskrywend genoeg?
Na die taalkursusse wat hier aangebied is, moet almal tog seker dit weet... Die punt-begrip vat ons mos nou weer terug na die begin toe...
Mooiloop!
Hein
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sat Sep 10, 2011 11:14 am
by Jagtersdok
Vir die herlaai berdyrf kan jy maar kruit of dryfmiddel gebruik, Dit kan as sinoniem gesien word alhoewel een meer beskrywing bied as die ander.
Kruit sal altyd 'n dryfmiddel wees as ons in herlaai taal dink, maar dryfmiddel hoef nie altyd kruit te wees nie soos tereg ges? is.
Ek gebruik kryt of Poeier soos my mater Wouter ook doen, want dit is die mees algeme dryfmiddels beskikbaar. Ons gebruik nie regtig meer Cordite stafies nie en ander modaliteite nie.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sun Sep 11, 2011 6:21 pm
by Gerard
Hein M.,
Die koeel het 'n punt wat die koeelpunt genoem word. Wanneer 'n 'koeel' 'n 'koeelpunt' genoem word, impliseer dit dat dit die voorste deel van 'n rondte is. Die rondte word dan verkeerdelik die koeel genoem.
Mens kan die leek nie blameer nie, in sy kop is die logiese gevolgtrekking dat die koeelpunt die voorste deel van 'n koeel is. Dit is natuurlik heeltemal reg, die punt is die voorste deel van 'n koeel maar, die prentjie in die leek se kop is 'n rondte, nie 'n koeel nie.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Sun Sep 11, 2011 9:55 pm
by Hein M.
Gerard wrote:
Hein M.,
Die koeel het 'n punt wat die koeelpunt genoem word.
Nee, ek het hom so.
Die ding is: Die koeel het nie 'n
punt nie
Ek dink ons moet volstaan by die koeel as die finale benaming vir die projektiel wat die voorste gedeelte van die patroon uitmaak.
Mooiloop!
Hein
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Mon Sep 12, 2011 7:02 am
by Gerard
Hoekom s? jy 'n koeel het nie 'n punt nie? 'n Koeel het onder andere 'n punt, 'n skag en 'n stert.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Mon Sep 19, 2011 6:54 pm
by Cobus(Cobb)
cobb wrote:
Gerard,
1)So ruk terug het jy sketse/prente van patrone gepost met die korrekte benaming vir die doppe, koe?ls etc...het ook vir my seun gegee om die regte benamings te leer...dankie.
Ek wil graag vra indien jy of enige ander forum lede, 'n skets of prent van die geweer aksie het, met die nodige terme/benaming van die dele, dit hier kan post asb....die aksie is vir my nog maar 'n duistere ding en ek verbaas my oor die manne wat die verskillende tipes sommer so op fotos kan uitken.
Ek benodig dit vir my eie onderrig en nie soseer om argumente oor die name van parte te begin nie.
2) dan verlang ek ook asb die betekenis van die term VRYBOOR
Thanx
Manne?, Gerard?......
Het ek die post onder die verkeerde afdeling geplaas of kan julle nie help nie??
Ons is mos hier om ook uit my dom vrae te leer, dan nie??
Ek luister graag
Cheers
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Mon Sep 19, 2011 10:32 pm
by Jaco Alberts
jammer,
toe ek Danie wou help met sy kaliber waaroor hy wonder om gemsbok en eland te jag op 300 meter, het ek punt gebruik eerder as koeel, die rede is my nuwe labtop, ek kry nie die deelteken op die tweede E getik nie........tegnologies gestrem ?
....ek haat tikfoute en verkeerd spel, maar sal die punt vervang met koeel en wegkyk vir die spelling.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Thu Sep 22, 2011 11:19 pm
by Gerard
Naands?,
Ek was vir 'n week op die Weskus en het min tyd vir die rekenaar gehad. Ek sal die illustrasies en terme, sov?r ek weet, op die bespreking plaas.
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 265#p47265
As daar iets is wat nie duidelik of reg is nie kan ons dit net redigeer tot almal saamstem.
Die vryboor is die deel van die kamer net voor die nek. In uitsonderlike gevalle is dit vir 'n kort entjie paralel in deursnee maar meestal is dit wig-vormig - effens groter as die groefdeursnee van die loop en dan kleiner na die voorkant toe. Dit gee spasie vir die koeelskag om voor die dop se bek uit te steek sonder dat die skag teen die riwwe en groewe vasdruk.
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Thu Sep 29, 2011 2:48 pm
by FrancoisJoubert
Gerard, hierdie link werk nie!
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Thu Sep 29, 2011 2:58 pm
by Geno
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Thu Sep 29, 2011 3:15 pm
by Gerard
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Thu Sep 29, 2011 3:24 pm
by Geno
Oom Gerard,
Hy gooi by my ook 'n error uit..
[img width=560 height=315]
http://i779.photobucket.com/albums/yy80 ... /error.png[/img]
Groete,
Eugene
Re: Korrekte terme en beskrywings vir herlaaiers
Posted: Thu Sep 29, 2011 3:52 pm
by Hein M.
Hierdie keer is dit dalk 'n tegniese fout en nie 'n taalfout nie
Hein