Page 1 of 1

Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 5:28 pm
by JohanvanZyl
Goeie dag manne

Ek sukkel met my Howa 1500 LA om die teleskoop ver genoeg terug te mount dat die eye relief perfek is. Ek het n rail op, maar die Vortex is nog so aks te ver. Selfde storie met die vorige Lynx gewees. Dit sal seker werk om n scope met n groter eye relief te kry maar ek is glad nie lus daarvoor nie.

Nou die vraag. Het iemand al sy sintetiese kolf suksesvol verkort? Ek sal dit graag self wil doen indien mootlik.

Groetnis

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 5:52 pm
by Supacow
Gaan Beserk!

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 6:04 pm
by JohanvanZyl
Supacow wrote:Gaan Beserk!

Ek sal nogal Berserk gaan oor n At-one ook maar dink dit gaan bietjie duurder wees as n saaglem en gom ;D

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 7:27 pm
by LoopSoosStroop
Jy kan 'n skyf uitsny, maar dan gaan jy 'n manier noet kry om die recoil pad weer vas te skroef. Recoil pad gaan ook dan groter wees as kolf se "footprint".

Ek sou hom afsny en dan 'n stukkie hout in die gat epoxy met Epidermix, sodat mens iets het om pad in vas te skroef.

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 7:52 pm
by Jake1
Ek het ook al gedink aan modifikasies. http://www.perfectunion.com/vb/ruger-mi ... pics/85076

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 9:34 pm
by JohanvanZyl
Dankie manne. Gaan so bietjie waagmoed vat maar lyk my dit is dalk doenbaar

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Fri Jul 28, 2017 9:39 pm
by douw
Hoekom kry jy nie eerder 'n picatinny rail wat agter oorsteek nie?

Laat weet gerus as jy een soek.

Groete
Douw

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Sat Jul 29, 2017 8:26 am
by JohanvanZyl
douw wrote:Hoekom kry jy nie eerder 'n picatinny rail wat agter oorsteek nie?

Laat weet gerus as jy een soek.

Groete
Douw
Het nie daaraan gedink nie. Is dit soos die wat die manne vir die nagjag gebruik? Kry mens hom in LA en het jy wat rondlĂȘ? Ek wil nog iewers laer ringe ook opgooi so dalk moet ek daardie roete stap.

Dankie Douw

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Sat Jul 29, 2017 10:20 am
by douw
Ek het nie voorraad nie, maar sal vir jou maak. So jy soek 'n Lang aksie "rail" hoeveel MOA. En watter tipe ringe is jy opsoek na? Vir 30 of 34mm?

Re: Howa hogue korter maak

Posted: Sat Jul 29, 2017 12:34 pm
by JohanvanZyl
douw wrote:Ek het nie voorraad nie, maar sal vir jou maak. So jy soek 'n Lang aksie "rail" hoeveel MOA. En watter tipe ringe is jy opsoek na? Vir 30 of 34mm?
Ek PM