Page 1 of 1
Plaas Verkoop??
Posted: Sun Sep 04, 2011 11:15 pm
by Kallie404
Hello manne
Ek sit met n dilemma(baie ander boere ook!) Ons boere se toekoms lyk nie te waffers in die land nie.Grondeise,nuwe waterbeperkings,minimum loon ens ens.Nie eers te praat van malema nie! Ek boer redelik intensief met groente in Limpopo met n bietjie wild en bees ook.Uit die aard vd saak is ek baie lief vir my plaas.Ek staan voor n keuse,as ek n koper kry vir n goeie prys,moet n man verkoop terwyl n mens nog iets kan kry of wat??
Hierdie is nie maklik nie.Ek glo en vertrou dat die Here ook sy wil sal laat geskied.Wat staan n man te doen?
Re: Plaas Verkoop??
Posted: Sun Sep 04, 2011 11:58 pm
by Sako75
Kallie,
Ek werk in die industrie en dis maar 'n baie moeilike kwessie.
Van my kenisse wat oor die emosie en sentiment gekyk het, het innoverende planne gemaak om hulle risiko te verlaag en steeds op een of ander manier hulle leefstyl (plaaslewe) voort te sit. Wat ek al gehoor het wat manne doen is dat as hulle 'n goeie prys kry vir hulle grond hulle 'n stewige belegging buite SA maak (waar die opbrengs terug in SA in syfer) en dit wat dan oorbly instoot in grond in gebiede wat nie so groot "teiken" is nie. Het al van ouens gehoor wat lekker plase vir billike pryse koop in areas wat in die algemeen nie op die politiese radar is nie. Dit beginsel is dat hulle minstens 50% van hulle bates buite RSA landbou (ander plaaslike beleggings en ook buitelandse beleggings) het in iets anders wat jou risiko verskans en steeds inkomste gee. Hoewel dit 'n groot veralgemening is reken die ouens ook met die verouderende boeregemeenskap en ouens wat uit die sektor beweeg dat al hoe meer grond te huur kan kom (dis massiewe veralgemening en sal van gebiede verskil) wat dit steeds moontlik maak om grond te kry om op te boer sonder die eienaarskap risiko.
Ek hou dit nie voor as die perfekte strategie nie maar na my mening het die ouens hulle risiko's baie verlaag en hoef hulle nie dit totaal op te gee nie. Dit punt is dat die vraag na landbouprodukte sal bly styg oor die langtermyn (wat goed is vir boere) en dat die sektor as sulks nie 'n probleem is nie (ondanks arbeid en stygende insetkostes)..... eerder die politiek daarvan. En meeste ouens sal jou ook meedeel dat ander sektore ook maar nie van die beste is nie en elkeen ook maar beinvloed word deur die politiek of swak ekonomie.
The importance of land....... is [sometimes] explained not by its economic value, but more by its ?spiritual? importance.
Re: Plaas Verkoop??
Posted: Mon Sep 05, 2011 1:25 pm
by Christo
Kallie, ek gaan jou pa mis as julle wil verkoop my ou mater. Byt vas, tye is rof.
ps: hy's my laas 'n Zebra geskenk om met die boog te kom jag, ek droom elke nag van daai bok/perd.
Praat met jou buurman?
Re: Plaas Verkoop??
Posted: Thu Sep 15, 2011 6:48 pm
by Coenie (Swift)
Ou maat, al die boere voel so en of kom een of ander tyd voor daai keuse....... Ons kan nie besluit vir jou maak nie, maar die hout uit wat jy gesny is maak wie jy is en die veld is in jou bloed en erfenis. Staan sterk julle is nie alleen nie
Re: Plaas Verkoop??
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:04 pm
by HUNTER
Kallie404
Ek kan net aanbeveel dat jy en jou familie ernstig oor die saak bid vir leiding. Mens is nooit spyt oor grond wat jy gekoop het nie maar altyd spyt oor dit wat verkoop is. As boer, is plaas in jou bloed en gene en om tot die stap oor te gaan om te verkoop kan nooit maklik wees nie. Behalwe vir gebede moet jy ook die volgende oorweeg. Wat kan jy doen met die geld wat jy uit die verkoop kry? Baie keer verkoop boere 'n plaas en dink hy kry goeie geld om net te laat uit te vind dat die maar net 'n dorpshuis koop en daar nie veel oorbly. Huidige inkomste teenoor toekomstige inkomste? Wat kan/wil jy doen as jy verkoop? Hierdie lewe is net 'n gedagte lank en jy moet dit ten volle geniet en ook dit wat jy doen vir 'n lewe. BID BROER BID Dis die enigste antwoord.
Sterkte
Hunter
Re: Plaas Verkoop??
Posted: Thu Sep 15, 2011 10:23 pm
by theedge
HUNTER wrote: