Page 1 of 1
Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 12:04 pm
by ricus 1
Goeie dag almal. Wat sal julle voorstel vir herlaai vir my 223rem. 19" loop. 55gr Nosler varmint koeels en lapua doppe? Moet ek S335 of S321 gebruik. Die lengte van die loop maak my insider.Groete Ricus
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 12:07 pm
by Hein M.
S321. Die 335 brand te stadig
Mooi dag!
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 12:18 pm
by ricus 1
Baie dankie Hein. Sal so maak. Lekker dag.
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 12:33 pm
by LouisC
Ekt 20" varmint loop .223
Werk baie mooi met S321
55grein Noslers @ 3190fps
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 12:39 pm
by ricus 1
Dankie Louisc. Ek sal dan S321 gebruik.
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 1:31 pm
by Arnold
Ek het nou nognie baie geskiet met my 223 nie maar kry taamlike hoë ES en SD syfers met S321 agter 75gr Amaxe (CCI450 gebruik).
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 2:41 pm
by jdpretorius
ek het altyd 24 gr gelaai met S321 maar is vir 24" loop
Sent from my SM-G570F using Tapatalk
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 2:47 pm
by ricus 1
Ek het nou my ladings gelaai. Het S321 gelaai en by 24.2gr gestop. Sal kyk wat maak hy more.
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 8:33 pm
by tripodmvr
Daardie ekstra 1 duim korter as 20 duim maak dat jy of S321 laai en die heeltyd op maks druk skiet (3239vps trompspoed) of jy gebruik S335 en mik vir 3050vps troempspoed. S335 ontbrand beter met die korter loop en sal moontlik die beste oplossing wees.
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Sun Aug 13, 2017 8:38 pm
by ricus 1
Ek jaag nie spoed nie. Sal gaan kyk wat maak die S321 more. Anders sal ek die S335 probeer. Groete Ricus
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Mon Aug 14, 2017 2:17 pm
by Alwin
Kyk ook wat is jou geweer se groefdraai. Deesdae is 1:8" en 1:9" meer beskikbaar op fabrieks 223's, wat jou die opsie gee om swaarder koeëls akkuraat te skiet.
S321 sal my eerste keuse wees, ongeag die looplengte. Die rede is maar vir laaigerief en koste. S321 meet lekker konstant volumetries.
Afhangende van wie se data jy gebruik, word S321 soms as stadiger-brandend gelys as S335. S321 het egter 'h hoër digtheid, beteken jy kan meer inkry in 'n gegewe volume.
S321 is meer temperatuur-sensitief. Beide dryfmiddels kan goeie akkuraatheid gee.
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Mon Aug 14, 2017 4:36 pm
by ricus 1
Dankie Alwin.
Die groefdraai is 1:9
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Mon Aug 14, 2017 8:39 pm
by Jake1
Ek het al s321 gebruik maar verkies s335 ek skiet teen 3240fps daarmee. Die s335 is geriefliker om mee te werk vir my alhoewel dop baie vol is.
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Mon Aug 14, 2017 9:48 pm
by Hein M.
Jake1 wrote:Ek het al s321 gebruik maar verkies s335 ek skiet teen 3240fps daarmee. Die s335 is geriefliker om mee te werk vir my alhoewel dop baie vol is.
Hoe so? Dit is 'n pes in die Uniflow

Baie meer ongerieflik as 321...
Re: Leading begin vir 223rem
Posted: Wed Aug 16, 2017 9:38 pm
by Alwin
ricusu wrote:Dankie Alwin.
Die groefdraai is 1:9
Vriende van my wat Howa 223 gewere met 1:9 groefdraai het, vertel dat hulle gewere nie van 50 en 55 gn loodkern koeëls hou nie. Hulle groepeer op die beste omtrent 1,5MOA daarmee. Vanaf 63 gn en swaarder, maak die groepe toe, as jou ladingontwikkeling reg gedoen is.
Ek weet nie hoekom dit so is nie, want ander gewere (CZ, Ruger) met 1:8 groefdraai het geen probleme met 50 en 55 gn koeëls nie. (Oorstabilisering is 'n mite.)
Toets dit maar ek kyk waarvan jou geweer hou. Dis altyd lekker as 'n 223 wil raakskiet.