Page 1 of 1
SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 12:57 pm
by 300Winmag
Ek is op soek na raad tov bande vir 'n SUV wat baie meer teer as grond pad
ry maar as hy die slag grond (modder

) vat wil ek weet die bande is ok.
Hy het met Bridgstone Dueler HP uitgekom en ek kyk na iets wat net bietjie
meer off road is soos Dueler 684 of 680.
Enige raad sal waardeer word.
Re: SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 1:08 pm
by BLOK
Probeer gerus Michelin se LTX reeks die MS is baie goeie teerpad band en ek het elke keer oor die 100000km op hulle gekry, hulle loop ook baie goed op grondpad anders hulle A/T wat all terrain band is maar baie meer na teerpad kant toe neig, het die week vir my n paar van hulle gekoop en hulle was R300 per band goedkoper as die Bridgestones. Die verkoopsman het my belowe hulle sal ook oor 100000km gee.
Re: SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 1:50 pm
by 300Winmag
Dankie Blok - ek lees die reviews en sien dis net die ding vir my!! Nou
maak hulle nie die LTX in my size nie ....

!
Re: SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 1:52 pm
by BLOK
Watter size soek jy, kyk hier of sien jy nie wat jy soek nie.
Blok
http://www.michelin.co.za/tyre/pattern/SUV
Re: SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 2:31 pm
by BLOK
Ek sien hulle het n 235/70/16, in die LTX A/T wonder of hy nie sal werk nie effe breer en klein stukkie hoer
Re: SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 2:39 pm
by 300Winmag
Ek sal van middag by Tiger Wheel stop en hoor wat se hulle sal die beste werk.
Daai Duelers is R 1000.00 per band duurder as die Michelin!

Re: SUV bande ?
Posted: Tue Sep 06, 2011 8:16 pm
by BLOK
En Michelin is baie sagter op die oor. Jy hoor amper geen padgeraas nie
Re: SUV bande ?
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:26 am
by DWB
Eish, Ek het van daai LTX A/T op my bakkie gehad, en ek s? jou nooit weer nie. Daai goed begin al gly as hulle modder sien!!!
Ek kan met my Yokohoma A/T-S in 2X4 ry waar ek nie met die Michellin in 4X4 sou ry nou
Re: SUV bande ?
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:30 am
by 300Winmag
DWB - dis goeie nuus - ek het toe op die A/T-S (GO12) besluit.
Wel die band groote het vir my besluit want al die ander kom net in
grooter sizes. Van wat ek kon lees van die is hulle heel skaflik en sal
die grond en modder ook bietjie kan aanvat.
(Prys is ook 'n rooibok per band goedkoper)
Re: SUV bande ?
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:40 am
by DWB
Ek het baie respek vir daai bande se 4X4 vermoe, ruil hulle net gereeld
Re: SUV bande ?
Posted: Wed Sep 07, 2011 12:04 pm
by PRIVATE RYAN
Ek het Goodyear Wranglers gekry
teen R 1200/band. Ek rate hulle.
Re: SUV bande ?
Posted: Wed Sep 07, 2011 12:11 pm
by 300Winmag
PRIVATE RYAN wrote:
Ek het Goodyear Wranglers gekry
teen R 1200/band. Ek rate hulle.
Dit was baie naby tussen die 2 gewees. So naby dat ek die laaste besluit
soos 'n vrou gemaak het - ek het op looks gegaan.

Re: SUV bande ?
Posted: Wed Sep 07, 2011 1:28 pm
by Geno
Ek gebruik BF Goodrich All Terrain, kry die 15" bande teen R1275.00 elk.
Groete,
Eugene
Re: SUV bande ?
Posted: Mon Nov 07, 2011 8:37 pm
by PITSMIT
300
hoe lyk die budget
cooper maak top bande ons gebruik hulle by die werk op ons bakkies
duur maar is in my o? loshande die beste
Re: SUV bande ?
Posted: Mon Nov 07, 2011 9:16 pm
by VdWalt
PITSMIT wrote:
300
hoe lyk die budget
cooper maak top bande ons gebruik hulle by die werk op ons bakkies
duur maar is in my o? loshande die beste
EK het toe die Yokohama Geolanders gekoop
en is sover heel gelukkig met hulle.
Re: SUV bande ?
Posted: Mon Nov 07, 2011 9:21 pm
by Lamtjop
Winmag
Ek het nou BF's op my langpad bakkie en hulle ry beslis nie so lekker soos die Dunlop Grandtrek AT2's wat ek op gehad het nie, die dunlops ry baie lekker grond en teerpad, hulle was stiller en het 90 000km gegee. Self op grondpad sit hul beter as die BF's. Net jammer hul maak hom glo nie meer nie, wel die Grandtrek AT3(Land Cruiser 200 kom met hul uit).
Happy hunting