Page 1 of 1

Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 5:07 pm
by 30-06
Hulp asb.

Ek wil graag my sneller klein bietjie stywer maak om aan te pas by my ander gewere.
Daar is dries skroefies opdie voorkant van die sneller.

Een bo op sy eie hy heeltemal los.

Dan is daar twee onder mekaar met nuts wat hulle lock.

Watter een stel die trek en watter kant toe maak dit swaarder?

Dalk die belangrikste vraag.
Hoe gevaarlik is dit om daar te stel?

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 5:57 pm
by tripodmvr

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 6:00 pm
by Philip J
Moenie sommer aan die onderste twee skroefies stel nie. Hulle bepaal die "sear engagement". Op my Musgrave, stel die heel boonste skroefie, wat alleen sit, die sneller swaarder of ligter. Draai hom dan net dieper in. Dit behoort die sneller trek swaarder te maak.

Bogenoemde sal egter net waar wees, as jou geweer se sneller soos die een onder lyk.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 6:11 pm
by 30-06
Dankie manne.

Nie een van boonste lyk soos my sneller nie.
Ek dink myne het nog die oorspronklike sneller in.

Sal maar dokter moet besoek.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 6:19 pm
by tripodmvr
Plaas 'n foto van jou sneller. Miskien is daar iemand wat dit herken en kan help.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 6:50 pm
by 30-06
Het prober maar file is te groot.

Wil nie laai nie, jammer.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 6:59 pm
by tripodmvr
Stuur hom na tripodmvr by die gmail. Ek sal hom probeer plaas.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 8:55 pm
by tripodmvr
RSA trigger.jpg

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 9:08 pm
by Philip J
Die beginsel bly dieselfde. Draai die heel boonste skroefie bietjie dieper in. Dit plaas meer druk op die veer wat die sneller teugdruk nadat jy die skoot afgetrek het. Dus word die sneller trek swaarder.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 9:21 pm
by Philip J
Dit lyk soos hy die

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Wed Aug 16, 2017 9:21 pm
by Alwin
Philip M90M wrote:Die beginsel bly dieselfde. Draai die heel boonste skroefie bietjie dieper in. Dit plaas meer druk op die veer wat die sneller teugdruk nadat jy die skoot afgetrek het. Dus word die sneller trek swaarder.
Heeltemal korrek.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Thu Aug 17, 2017 7:46 am
by 30-06
Ek wil net 100% seker maak.
Die heel boonste een is die een wat nie gelock is nie.
Ek raak dus nie aan daai twee met die nuts op nie.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Thu Aug 17, 2017 8:03 am
by Philip J
Jip. Net so.

Re: Lyttelton RSA aksie

Posted: Thu Aug 17, 2017 9:18 am
by Alwin
'n Belangrike punt is om die sneller na die tyd te toets vir veiligheid.