Page 1 of 1
Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 8:24 am
by Frederik
Dit is weer tyd om al my spesie toerusting af te stof en opdateer vir beplande sessie van so 6 nagte in Desember. Ons wou Klaserie doen maar hoor die dam is volgepak oor Desember met bote en mense. Tweede opsie is Tzaneen/Fanie Botha dam. Ek het laas daar visgevang aan die anderkant waar die bosbou gronde is geen geriewe en hoor daar is nou paar ongewenste persone wat mense besteel.
Ons is 4volwasses en 3 seuns vanaf 8-12 jaar wat lekker wil gaan kamp fiets ry en natuurlik PB's breek enige idees of informasie van julle sal waardeer word. As julle weet van ander lekker plekke wat ook mooi gaan werk en darem toilet en stort geriewe het sal dit waarder word.
Ek hoor Bassomania naby Bronkies het mooi vis maar sien hulle opdateer seker nou die website vir meer as jaar so het nie idee wie om te bel of mee kontak te maak nie.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:04 am
by RUPERT
Frederik wat is jou PB as ek mag vra?
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:05 am
by DWB
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:28 am
by Boerboel
Bassomania is toe vir die publiek, dit is nou 'n privaat water.
Die beste gaan wees om iemand met grond langs die dam in Tzaneen te kontak en te boek. Of dalk by Sacs aan te sluit en by een van hulle damme te fish.
http://www.sacarpsociety.co.za/
Daar is ook doorndraaidam, maar die groep kamp, dan boek jy die hele kamp uit.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:34 am
by Lourens Potgieter
Frederik, hoor net by iemand naby Tzaneen hoe lyk die watervlak. Was op 'n stadium baie leeg.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:43 am
by RUPERT
Tzaneen hengel die lekkerste as die watervlak laag le. Het hom as ek reg kan onthou gehengel in 2012/13 toe is die watervlak
15% gewees.
Daai is die eerste dam wat ek al gesien het hoe warmer dit is en hoe stiller die water is hoe beter loop die karp.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Aug 23, 2017 9:46 am
by Frederik
Rupert my PB is 12.7kg in Klaserie gevang het hele paar in die 12kg weer uitgetrek in Tzaneen maar met snags paar grotes verloor ook. So wil graag nou 30 pond breek. Dankie vir die hulp manne sover.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Fri Sep 08, 2017 6:55 pm
by Rolf
Frederik hoekom probeer julle nie Donaldson dam nie ? Naby en groot vis.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Fri Sep 08, 2017 8:33 pm
by Jake1
As jy 12 wil breuk vinnig en maklik is Bassomania die plek, alhoewel dit nou privaat is moet daar n manier wees om n plan te maak, my PB het ek daar 3 keer verbeter wat ek in baie baie jare nie kon doen nie.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Nov 15, 2017 1:23 pm
by Frederik
Ok ons datums is nou vas endeposito betaal vir Bassomania uiteindelik die regte kontak gemaak en met die regte persoon gepraat. 4 dae sessie in Desember kan nie wag nie.
Het julle wat al tevore daar gevang particles gebruik of boilies en wat het gewerk. Die bietjie wat ek op net kry is dat boillies goed werk beter as tigernuts?
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Nov 15, 2017 1:28 pm
by Swede
Frederik wrote:Ok ons datums is nou vas endeposito betaal vir Bassomania uiteindelik die regte kontak gemaak en met die regte persoon gepraat. 4 dae sessie in Desember kan nie wag nie.
Het julle wat al tevore daar gevang particles gebruik of boilies en wat het gewerk. Die bietjie wat ek op net kry is dat boillies goed werk beter as tigernuts?
Moet jy nie eerder kunsaas gebruik as tiger nuts of boilies nie

Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Nov 15, 2017 1:59 pm
by Frederik
Kyk na die laaste basa shoot het ons vinnig die volgende oggend gaan kyk of ons paar bass kan vang en voor jy kon se vis is aan toe haal my seun 5 lekker visse uit en pappa net een ne geniet om te kyk hoe hy vang. Tussen 4 van ons het ons vinnig in 2 ure 20 bass uitgehaal.
Maar ek het nog nie karp daar probeer nie maar dinge lyk goed. Ons skietbaan is op dieselfde plaas as die dam. Die 25ste maak ons weer so kamp oor skiet en vis saam met die kids.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Nov 15, 2017 2:05 pm
by Swede
Frederik wrote:Kyk na die laaste basa shoot het ons vinnig die volgende oggend gaan kyk of ons paar bass kan vang en voor jy kon se vis is aan toe haal my seun 5 lekker visse uit en pappa net een ne geniet om te kyk hoe hy vang. Tussen 4 van ons het ons vinnig in 2 ure 20 bass uitgehaal.
Maar ek het nog nie karp daar probeer nie maar dinge lyk goed. Ons skietbaan is op dieselfde plaas as die dam. Die 25ste maak ons weer so kamp oor skiet en vis saam met die kids.
Dit kan net lekker wees!!
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Nov 15, 2017 3:25 pm
by Boerboel
Frederik wrote:Ok ons datums is nou vas endeposito betaal vir Bassomania uiteindelik die regte kontak gemaak en met die regte persoon gepraat. 4 dae sessie in Desember kan nie wag nie.
Het julle wat al tevore daar gevang particles gebruik of boilies en wat het gewerk. Die bietjie wat ek op net kry is dat boillies goed werk beter as tigernuts?
Wanneer gaan julle en op watter swim gaan julle sit.
Ek het nog altyd beter resultate gekry op boilies, maar weet baie mense vang net met particles.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Wed Nov 15, 2017 4:35 pm
by Frederik
Boerboel omdat ons on middel Desember gaan het ek maar geboek by die kliphuis. Vir die bome en koelte ek is daar om my pb te breek nie net om te rus en kuier en as die geluk my tref en ek breek my PB is dit bonus.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Fri Dec 01, 2017 7:11 am
by Jake1
Frederik in die verlede het plain tigernut altyd gewerk maar hoe meer mense die plek besoek het hoe moeiliker het dit geword, die visse word gekondisioneer op spesifieke ase dus moet jy probeer uitvind wat werk nou nie noodwendig wat al gewerk het nie, ek stel voor voer jou spot redelik ordentlik met n confidence aas sodat hulle daar soort van kondisioneer en los jou lyn daar vir so lank as moontlik, moenie heeltyd aas verander nie en hoop vir n konstante temperaruur vir so 3 dae of meer. Sterkte eks jaloers.
Re: Spesie hengel sessie Desember 2017
Posted: Fri Dec 01, 2017 9:50 am
by Frederik
Dankie Jaco ek was Sondag weer gaan loer na ons oorgeslaap het het na die Basa skiet. Is definitief nie haastig om aas te verander nie genieg tyd daar plus die swem wat ons het is nogal ver van die ander so hoop dit help om visse aan te trek na ons toe. Sal maar paar geure propeer maar olain begin. Logika se vir my dat die geur wat ookal jy gebruik oor tydperk tog verdwyn dan word die aas weer plain.