Page 1 of 1
TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 12:26 pm
by Hoender
Ek wil graag bietjie by die mense tips bedel. Ek is maar nuut in die ding. Ek is van daai mense wat saam met mense gaan om vis te vang, maar wanneer hulle rye en rye en rye botteltjies dips en enige moontlike ding uithaal, dan bere ek maar en kyk wat hulle doen.
Sulke mense maak my negatief vir die sport
So asb die manne wat kan, ek soek raad asb
Groete hoender
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 1:07 pm
by Danie01
Hoender
Dit is dan so lekker om die verskillende doepas etc uit te toets. Ek begin altyd met wit soet deugie en later as ek nie iets gevang kry nie, dan begin ek met verskillende dips en doepas. Dips en doepas help ook nie altyd nie, party visse hou meer van die een soort en ander weer van n ander. Ek het al agter gekom dat ek beter vang met sekere soorte dip by sekere damme as by ander.
maar aangesien jy nie wil doepa's gebruik nie, is y raad erdwurms, mielies, krieke en eiergeel / kerrie / brood degie. Hier is n dam / pan naby ons wat jy maar jou doepa's kan b?re en weet jy gaan beste vang met jou natuurlike aas. Ek het groot sukses met erdwurms en die kerrie brood met uie sap.
Ek het my grootste karp met brood gevang wat ek met gerasperde uiesap aangemaak het. Was n 9.8kg karp, weet dit nie rekord nie, maar hier by ons vang jy nie sommer groter nie!
Groete
Danie
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 1:15 pm
by Hoender
Dankie, ek vind dit intressant. Die dips en poeiers en die meester goedjies.
Waar kom oom van daan?
Groete Hoender
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 1:26 pm
by Geno
Hoender,
Wat ek gewoonlik doen is om sagter geure te gebruik as dit warm is, en sterker geure as dit koud is, of as die wind waai. Ek hengel ook altyd een stok vlak, en een stok diep.
As die wind begin waai sit ek altyd die sterkste geure in my kas op soos bv. TCP.
Ek wil hierdie somer kyk of ek nie paar karpe met die boot kan vang nie....
Hier's so paar vissies wat ons gevang het:
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=0
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=5
http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... ic.php?t=1
Groete,
Eugene
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 1:49 pm
by G-force
n Raadsame tip is "Los die karp vang en try liewers kurpers."
Speel net.Ek het ook onlangs met my swaarbietjie gaan vang en al die dips ensv getry..nogals interesant en pret.
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 3:22 pm
by Vriendin
Hi hoender - vra sommer vir julle viswinkel (waar jy die doepas koop) wat werk die beste. Hulle deel graag hulle inligting uit. Hulle weet mos ook wat in hulle omgewing werk en wat nie. Ons glo ook iin sterk/skerp in die Winter en ligte in die Somer ..... maar daar is kere dat gewone pitmielies of bruinbrood (alhoewel ek wit verkies - dis taaier) en eier gemeng wonderlik werk. Mens moet maar net toets
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 3:39 pm
by Danie01
Hoender
Ek is dam nou regtig nie n oom nie! Jy moet maak soos die manne hier s?. Gaan na naaste viswinkel en vra vir hul wat werk beste by watter dam en hoe en wanneer o dit te gebruik!
Groete
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 5:25 pm
by Hoender
Ek sal maar maak soos die ou hande se. ek is maar nuut in die bedryf en wil graag ontwikkel daarin. wat kan nou lekkerder wees as om lyne in die water te he en saam met vriende te kuier.
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Wed Sep 07, 2011 5:27 pm
by Geno
Hoener, waar bly jy? As jy hier in Pretoria se w?reld is, is jy welkom om by my te kom hengel, ek sal jou met graagte touwys maak.
Groete,
Eugene
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Thu Sep 08, 2011 2:10 pm
by Hoender
Geno,
Ek bly ongelukkig in Kimberley.
Dankie vir die aanbod!
Groete Hoender
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Thu Sep 08, 2011 7:56 pm
by Christo
Hoender wrote:
Ek bly ongelukkig in Kimberley.
Ek bly lekker oppie plaas. Jammer om te hoor jy is ongelukkig daar waar jy bly
Ek het baie sukses gehad met erdwurms op karp. Geen sukses met al die doepa's. Seker maar omdat dit plaas karpe is. Maar op 'n goeie dag van die seuns sommer 30 van hulle in 'n oggend.
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Thu Sep 08, 2011 9:14 pm
by Cobus(Cobb)
Chicken...!!
Jong ek het ook al vir jare sulke souse en doepas ens ens gebruik, soms met moerse sukses en soms met moerse teleurstellings.
Ek en seun Dewie is nou al weer terug by basics en kry meeste sukses met floaties en gewone (plain) mielie bom.
Gooi konstant op een plek en onthou die geheim vir as jy in rivier vang...een stok vlak in en 2e stok bietjie dieper.(probeer op/teen die drop off zone te l?)
Ek sien gereeld hoe manne tot aan die ander kant van die rivier probeer gooi, en manne daai kant wil weer hierdie kant toe gooi??Dis nou mos net stupid....vang aan jou kant en cast op een kol.
Netheid van jou visgery, aas en stroppe dink ek nie persoonlik is doodsaak nodig nie
Beste raad wat ek vir jou het is ...los die karpe, vang lekker groot babers met medium tot dun lyn op medium size duiwe en no 2 bass hoeke
Lekker vang
Cheers
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Fri Sep 09, 2011 11:34 am
by Vriendin
Christo wrote:
Hoender wrote:
Ek bly ongelukkig in Kimberley.
Ek bly lekker oppie plaas. Jammer om te hoor jy is ongelukkig daar waar jy bly
Ek het baie sukses gehad met erdwurms op karp. Geen sukses met al die doepa's. Seker maar omdat dit plaas karpe is. Maar op 'n goeie dag van die seuns sommer 30 van hulle in 'n oggend.
Hier by ons is dit ook so ..... al die plein goed werk hier in die Noordkaap. Seker maar al ons mielielande en goeie grond (erdwurms). Doepas en dips werk, maar hoekom soveel geld spandeer as die basiese goed werk en die vangste daarmee goed is.
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Sun Sep 11, 2011 11:39 am
by Hoender
So almal se ek moet begin by basics en dan soos ek gaan die dips uitprobeer?
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Thu Feb 09, 2012 1:09 pm
by Superman
Hi manne ek gaan bietjie by Limiric lodge vang die naweek en net gewonder of enige een vir my kan raad gee rondom watter aas ek moet gebruik asook hoe diep n ou moet gooi ens?
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Thu Feb 09, 2012 1:22 pm
by Vriendin
[quote="Hoender"]
So almal se ek moet begin by basics en dan soos ek gaan die dips uitprobeer?
Hoender, het jy al by XXX of Bethsaida (baie naby Christiana op die Kimberley kant) probeer vang. Baie goeie vangste onlangs gehad - gewone mieliebolle en plain floaties. Meestal karps ongeveer 4kg en babers.
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Sun Feb 12, 2012 5:38 pm
by KLASIE
Hi daar Hoender
Net iets wat jy moet onthou as jy in dam of rivier hengel wat druk deur kompeterende hengellaars gehengel word dan sal daai karpe gewoond wees aan allerhende verskillende doepas en moet jy maar jou metodes hier by aanpas , kry die nodige inligting by jou viswinkel en waak tog teen die baie visvang stories want al die souse en goed vang meer hengellaars as visse. Ek se nie dat dit nie werk nie maar wees versigtig en moenie jou ore teveel
uitleen nie. Goue reel om te onthou is glo in die aas wat jy in die water gooi , en dan het iemand gese van sagte geure vir somer en vrugte geure net so in die lente , skerp geure vir koue maande dise visse raak minder aktief in die winter en het dan iets nodig om hul te prikkel dan werk skerp geure. Ek het in my konpeterende dae seker 300 verkillende geure gehad en ek moet se daar is volgens my net so +- 20 geure wat jy nodig het om met groot sukses te hengel by meeste van ons damme , bv. piesang ,grinadella, amandel, anys, strawberry, garlic, tcp,bloekom-olie ens . Dit is ma net my mening en ek kom al 20j met die varswater hengel en hengel nou nie meer kompeterend nie maar het al daai skool geld betaal. Stywe lyne n van die grotes
Re: TIPS VIR KARP-VANG
Posted: Sun Feb 12, 2012 8:01 pm
by stephensonsknives
geno ons het daggese by pmp uitstappie
waar het jy hengelplek en kan n man dit besoek ek is hier in pta noord
my nr 0828722114