Page 1 of 1
Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Sat Sep 02, 2017 8:44 pm
by Leon Crous
Goeie naand,
Vriend van my sukkel met 2 ratels (ek aanvaar dis 'n mannetjie en wyfie) wat sy hasies en hoenders vang.
Hy het hulle op sy trailcam af geneem.
Toe stel hy 'n hok, maar hulle ignoreer die hok en loop reg langs die hok verby om ammok te loop saai.
Het enige iemand raad?
groete,
Leon.
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Sun Sep 03, 2017 8:39 am
by PWV
Hy moet sy hoenders en hase beveilig, maar tog net nie die ratels doodmaak nie!
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Sun Sep 03, 2017 8:45 am
by tripodmvr
'n Baie suksevolle hok is een waar daar die vanggedeelte en 'n bykomende afskorting is waarin 'n lewendige lokaas geplaas kan word. Met 'n hoender as lokaas gaan die ratels alle maniere soek om by dit uit te kom. Hulle behoort dan in die vanghok in te gaan. Maak net seker die hok is van sterk genoeg staal gemaak. 'n Ratel is baie sterk en het tyd om goed te verniel.
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Sun Sep 03, 2017 9:30 am
by SakoTrippel2
ROOIKAT HOK STEL TIPS:
https://r.tapatalk.com/shareLink?share_ ... are_type=t
JackalSniper het 'n kort stukkie raad gegee oor Ratel vang met betrekking tot lokaas in 'n hok in sy skrywe hierbo.
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Sun Sep 03, 2017 12:00 pm
by Zuku
Stel die hok op so n manier dat die ratels geforseer word om n sekere roete te loop tot binne die hok. Het al baie rotte so gevang. Drup ook n bloedspoor wat maklik is om te volg to binne in die hok.
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Sun Sep 03, 2017 12:43 pm
by Meteor
Ek het onlangs 'n baie oulike video gesien van Ratels en het moontlik 'n paar idees daaruit geleer, wat jou sal kan help.
Sover is jy op die regte pad maar...
Na jy die hok stel met die hoender soos normaalweg maak jy die volgende fout. Hierdie keer maak die deur van die hok toe en sit 'n "keypad" op met n kode wat slegs jou nefie op Poffadder ken.
Bou dan 'n muur om die hok, baie hoog met elektriese heining om en sit 'n volwasse mannetjie leeu binne. Grawe 'n moot om die muur en begrawe landmyne strategies om dit. Google asb "Bouncing Betty".
Om die dier in te lok moet jy lewerkoekies gooi maar helfde moet radioaktief wees en helfde nie. Dan kom die drones ens.
Die Ratel sal dan die uitdaging aanvat om te bewys hy is nog n Ratel. As nie sal jy ongelukkig dinge moet eskaleer.
As jy hom kan kry om nie in te breek!, sal 'n klein mandjie met 'n pienk kombersie wat se "mamma het my lief" buite die landmyn area le. Die gebreekte Ratel sal dan daarin gaan le, homself in die kombersie draai en sterf uit skaamte.
Jammer ek kan nie meer byvoeg, dit is ongelukkig al wat ek met my beperkte kennis kan byvoeg.
Voorspoed en groete
U
https://www.youtube.com/watch?v=45EbX3XPuqM
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Mon Sep 04, 2017 9:04 am
by Plaashaas
Meteor jou plan is goed maar hy gaan nogsteeds met die hoender weg kom
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Mon Sep 04, 2017 3:09 pm
by Johan7
PWV wrote:Hy moet sy hoenders en hase beveilig, maar tog net nie die ratels doodmaak nie!
Stem 100% saam oom Pieter. 'n Mens maak nie 'n dier met so 'n groot hart dood nie, ongeag die feit dat hulle getalle bedreig word.
Re: Ratel probleme - hoe vang mens hulle?
Posted: Mon Sep 04, 2017 4:28 pm
by Leon Crous
Ai manne, baie dankie vir al die info.
En nee, oom Pieter, dis reeds hoekom ek hom aanraai om hok te gebruik en NIE soos ander oompie aanbeveel het 'n slagyster nie. As hy hulle vang, vat ons hulle diep die berge in - om daar iemand anders se hoeders te loop vang...
Meteor - jou grapgat! Ek het omtrent jou stukkie geniet!
groete,
Leon.