Page 1 of 1

Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 7:58 am
by Jay Jay
More, hoop dit gaan goed.
Ek is besig om my 308 Lapua doppies te sorteer.
Ek wil graag weet hoe julle dit doen.
My lesings is bv. 50.87 50.82 50.91 50.85 50.79 50.91 gr.
Sorteer ek al die 50.87 saam, al die 50.91 saam, al die 50.85 saam
of groep ek hulle binne 1 grein saam.

Ek hoor graag van julle

Dankie

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 8:00 am
by joe rocket
Jy los hulle net so.

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 8:37 am
by PWV
In een "batch" doppe (wat is die Afr. vir batch?) sorteer ek gladnie. Weeg ook nie koele nie! Skiet lekker en geniet dit soos dit is met gate wat mekaar sny - en dit met my 308 Howa van die rak af!

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 8:45 am
by joe rocket
"Batch" afrikaans is lot?

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 8:54 am
by tripodmvr
QL weet te vertelle dat 1 grein dopvolume so 22vps effek behoort te he. In baie gevalle is dit nie eers die akkuraatheid wat jy met jou chrony kry nie. Haal die stres van jou af, maak soos PWV seg en skiet die goed.

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 9:35 am
by Swede
joe rocket wrote:"Batch" afrikaans is lot?
Lot is ook Engels ;D

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 9:55 am
by Jay Jay
Baie dankie.

So, ek het net my tyd gemors.

Lekker dag verder

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 10:02 am
by Diesel Dog
Jay Jay wrote:Baie dankie.

So, ek het net my tyd gemors.

Lekker dag verder
Nee jy het nie jou tyd gemors nie ,gebruik nou jou ervaring om nie jou tyd te mors nie .

DD

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 10:05 am
by Williel
Jay Jay, nee jy het nie tyd gemors nie. Jy weet wel nou dat Lapua doppe baie eweredig is in volume. So ook het ek al met Norma ervaar. As jy ernstig langafstand wil skiet sal die klein verskille baie help om te batch en koeƫls te weeg etc om die ES onder 10 vps te kry, maar vir normalle jagtoestande is jy gewax.

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 11:05 am
by Capt. Yoda
Nee jy het nie jou tyd gemors nie, as jy na uiters lae ES of verskil in spoed tussen skote opsoek is is dit n goeie plek om te begin. As jy dit nie gedoen het nie sou jy nie geweet het of die doppe "goed" is nie. Ek klas my doppe in .3gr batches want soos Oom 3Poot daar gese het in jou geval is 1gr verskil 22fps en vir my is dit te veel.

Hier was my laaste batch doppe wat ek gedoen het, ek was gelukkig en uit die 50 wat ek gebruik het was daar net 2 of 3 wat ek uit "gegooi" het. Het ek my tyd gemors? Ek weet nie maar as ek erens n probleem kry weet ek dit is nie my doppe nie en ek soek n baie lae ES. Na mens hul so klas sal jy nou en dan nog een kry wat net hardkoppig is en nie saam die ander wil skiet nie maar jy sien en merk hom as jy tyken skiet en gooi hom dan so uit.

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 12:43 pm
by joe rocket
Swede wrote:
joe rocket wrote:"Batch" afrikaans is lot?
Lot is ook Engels ;D

Volgens die woordeboek op "google" is dit "batch" bondel. ;D Lot klink beter. :laugh:

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Thu Sep 07, 2017 3:46 pm
by Jay Jay
Baie dankie, julle.

Geniet die dag verder.

Re: Sorteer van doppies - H2O

Posted: Mon Sep 11, 2017 9:02 pm
by Reloader270
Ek size al my doppe, sny hul almal selfde lengte en debur flash holes. Daarna weeg ek al die doppe in lotte van 1 grein verskil - bv 90.0-90.9, 91.0-91.9 ens. Ek gebruik dan sleg die lot met die meeste doppe en doen my lading ontwikkeling slegs met die lot. Die water volume metode vat na my mening te veel tyd.

My ladings se "extreme spread" het van 40vps+ afgekom na onder die 15vps vandat ek my doppe in lotte begin geweeg het.