Page 1 of 1

Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:30 am
by Ben Remington
Hartlike goeie môre...

Myburgh het laas week by my gekom en gesê hys vreeslik lus vir die Kalahari...dit het soos musiek in my ore geklink.

Vrydagmiddag 5 uur het ons die 150km noorde toe gevat en teen sononder het ons in die rooisand afgeklim...toe Myburgh sy voet op die grond neersit was dit neffens 'n dikstert skerpioen en ek het geweet die somer is hier en die bontkiewiete was onrustig in die lang gras...die geckos het oral oor die vlak geskreeu en ons het 'n lekker Kameelhoutvuur gemaak en 'n paar jakkalse het ook geval en Saterdagoggend 03h00 was ons in die bed. Myburgh wou 'n lekker groot beer skiet en die middag 15h00 het ek en hy by die water gaan sit en ek kon sien die vorige aand se jakkasjagtery vang die ou....dit was lekker warm en Myburgh het homself lekker gemaklik gemaak en aan die slaap geraak...ek het net my seun so gekyk daar waar hy lê en begin terug dink aan die eerste keer wat hy saam met my was...hy was toe vier en 'n half jaar oud. Selfs die eerste keer wat hy saam my was kon ek voel daars 'n hegte band tussen ons....wat 'n voorreg. So teen 17h00 het ek vier groot bere deur die geel gras sien aankom. Ek het my bes probeer om Myburgh wakker te maak maar die ou was net te moeg....so toe skiet ek maar en hy het vir my na die tyd gesê al skiet hy nie, net solank hy by my kan wees.

Groetnis

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:31 am
by Ben Remington
...

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:33 am
by Ben Remington
...

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:38 am
by DWB
Lekker man, groot voorreg

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 8:55 am
by JohanvanZyl
Baie lekker. Moet asb nooit ophou om die stories hier te plaas nie. Ek maak jou posts altyd met groot afwagting oop. Stem saam dit is 'n groot voorreg

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 9:31 am
by ruaanb
mooi Ben

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 9:42 am
by joe rocket
Bennie jy is bitter bevoorreg. Mooi varkie daai.

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 10:22 am
by tripodmvr
Dankie, gewonder waar jy was. Mooi begin tot die week.

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 11:42 am
by Plaashaas
Lekker Ben. Geniet jou stories en fotos.

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 12:30 pm
by Ben Remington
Die Kalahari is ñ besonderse plek...net Vrydag gou Myburgh se rapport optel en dan trek ons weer rooi sand se kant toe vir 6 dae...

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 12:43 pm
by Daneel
Ben julle is Baie bevooreg.
Daai tyd saam jou jong man kan geld nie koop nie, bitter baie kosbaar.
Altyd lekker om te lees, Geniet die ervaring saam met die jong man.

Dankie vir die deel

Re: Gou 'n Kalahari draai gemaak....

Posted: Tue Sep 26, 2017 10:52 pm
by theedge
NIce maat - lekker om so rond te loop