Page 1 of 1

6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 10:10 am
by Emile Scholtz
Goeie More.

Ek soek asb raad by die manne met QL.

Ek wil 75vmax skiet in my 6mm Dasher met 26 duim loop. Wat sal die beste kruit wees vir die punte.

321 of 335?

Wil die kruit koop wat beste gaan werk dan sal ek terugkom met al die besonderhede as ek die kruit het
Om hom te fine tune met QL.

Dankie
Emile

Re: 6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 10:56 am
by tripodmvr
Geno, kan jy hier help asb. Alvorens QL gebruik word kan jy uit praktiese ondervinding praat. Emile, stuur vir Geno 'n PM en verwys hom na jou plasing.

Re: 6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 11:01 am
by Toyrsi
Hi Emile.
Altwee sal werk maar ek verkies S335.

Re: 6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 1:21 pm
by Emile Scholtz
Ek het al vir Geno gevra maar hy het gese hy het nie kennis van die 75gr vmax nie want hy het 55gr punte geskiet.

Re: 6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 1:27 pm
by Heinz Petersen
Ek gebruik S335 met 75gr punte. My loop is n 1-9 twist en 28" lank. So, ek sal nie vir jou n lading kan gee nie.

Re: 6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 1:33 pm
by Emile Scholtz
Watse een van die 2 kruite gaan beste spoed gee vir 75 dan kan ek dit gaan koop en van daar die inligting gee vir QL

Re: 6mm Dasher met 75 vmax hulp

Posted: Mon Oct 02, 2017 1:56 pm
by Gawie(13mm)
Emile Scholtz wrote:Watse een van die 2 kruite gaan beste spoed gee vir 75 dan kan ek dit gaan koop en van daar die inligting gee vir QL
Ek het net met die verstek waardes gewerk op QL.

335 behoort rondom 3300 vt/sek te gee met 91% dopvulling.
321 kyk jy na 3350 vt/sek met 89% dopvulling.
355 kan teen dieselfde spoed as 321 loop met 102% dopvulling.