Page 1 of 1

Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Sun Oct 08, 2017 9:47 pm
by Ds J
Goeienaand, ek help 'n man om te herlaai.

Dit is vir 'n Musgrave in 308 - sover ek kan vasstel op 'n Santa Barbara aksie. Die groeflengte is 1:307mm.

Kan enigiemand 'n spesifieke koeël vir jag aanbeveel? Ons het voorlopig besluit om met 150gr te werk. Dit is vir klein en medium grootte bokke op afstande van 80m tot maks 300m.

Die goue reël is tog 150gr vir die stadiger groeflengtes en soms werk 165/168gr ook.

By voorbaat dank vir die hulp!

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Sun Oct 08, 2017 10:07 pm
by Hein M.
Die SB Musgraves se lope het 'n 1-12 groefdraai. Julle is in die kol met die 150gr punte. Daar is so 'n wye verskeidenheid opsies vir jag... Hornady se SST werk vir my heel goed, maar daar is beslis beter - en swakker keuses ook...
Maar met min moeite kan jy ligter en swaarder punte in daardie geweer ook baie akkuraat skiet.

Mooi aand!

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Sun Oct 08, 2017 10:19 pm
by Fanta300
Ek het al 180gr in myne geskiet met goeie akkuraatheid. Toets hom en kyk wat maak hy

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 5:40 am
by Malan123
Hang af wat jy wil spandeer. Ek geniet nolsers baie.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 5:52 am
by Ds J
Dit beteken ek kan ten minste na 165gr ook kyk.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 6:32 am
by tripodmvr
Gebruik een van die groefdraai programme en kyk wat se syfers daar uitkom. Deur 165 en 180gr by te voeg verbreed jy die spektrum van make wat bruikbaar is. Afhangende van jul voorkeure is daar dan ook die ligter mono's van 110-140gr.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 7:00 am
by Nella
150 gr Barnes tsx.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 7:32 am
by tripodmvr
Nella wrote:150 gr Barnes tsx.
Hy kan dalk net te lank wees vir 1 in 12. Gewoonlik word 130gr aanbeveel.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 7:56 am
by Apie
1-12 Skiet Lapua 155gr Scenars baie mooi.

Ek dink jy kan dit vir n benchmark maks koeël engte gebruik

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 8:11 am
by Ashley
Ek weet van n paar ouens hier wat die 130gr TSX / TTSX met groot sukses skiet uit die 308.
Dit gesê, my broer se Howa 308 gooi die 150gr TTSX met dodelike resultate... uit 'n 1:10 draai loop alhoewel.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 8:33 am
by Eugene
Ds J wrote:Dit beteken ek kan ten minste na 165gr ook kyk.
Ek het 'n Mod80 Musgrave 308 met 1-12 twist en het nog altyd 150gr SGK en 165gr SGK met groot sukses gebruik op alles van steenbok tot elandkoeie.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Mon Oct 09, 2017 4:39 pm
by Nella
Oom Tripod is reg, askuus ek het nie als mooi gelees nie.
Het wel al n paar 308 gekry met die selfde draai wat die 150gr meer as goed genoeg geskiet het vir jag doeleiendes. ..
Anders soos oom Tripod sê...

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Tue Oct 10, 2017 6:32 am
by Ds J
Ek sien nou dat Somchem S321 aanbeveel vir Barnes TSX.

Sal S335 ook werk? Dit is tog die standaard kruit vir 308.

Re: Musgrave 308 - watter koeëls?

Posted: Tue Oct 10, 2017 7:09 am
by Ashley
Ds J wrote:Ek sien nou dat Somchem S321 aanbeveel vir Barnes TSX.

Sal S335 ook werk? Dit is tog die standaard kruit vir 308.
Dit lyk op die oog af vir my of jy meer spoed gaan kry met S321 as S335 by Mono koeels, maar lyk of S335 ook werk...