Page 1 of 1
Afhaal van horings...
Posted: Sun Oct 15, 2017 6:53 pm
by Speelmansjagter
Naand almal.
Hoe haal n mens die horings van die horing been af? Veral van die groter bokke soos die Koedoe. Ek het n stel horings hier by my wat al mooi weg gevrot het, maar die horings kry ek nie afgetrek nie. Is daar n 'trick'?
Ek wil die horings aftrek om die skedel te bleik.
Re: Afhaal van horings...
Posted: Sun Oct 15, 2017 9:04 pm
by tripodmvr
Sit die horings in 'n emmer water. Vervang water elke dag om die reuk te beperk. Die weefsel behoort dan genoegsaam weg te vrot om die horing los te kry.
Re: Afhaal van horings...
Posted: Sun Oct 15, 2017 9:08 pm
by Malan123
+1. Ek los hulle sommer in die reen
Re: Afhaal van horings...
Posted: Mon Oct 16, 2017 7:37 am
by Speelmansjagter
Sal hom so probeer.
Dankie
Re: Afhaal van horings...
Posted: Mon Oct 16, 2017 7:44 am
by Kolhasie
Draai af met bobejaan spanner.
groete KH
Re: Afhaal van horings...
Posted: Mon Oct 16, 2017 8:49 am
by PWV
Malan123 wrote:+1. Ek los hulle sommer in die reen
Hoe maak ons in die Weskaap?

Re: Afhaal van horings...
Posted: Mon Oct 16, 2017 8:54 am
by joe rocket
PWV wrote:Malan123 wrote:+1. Ek los hulle sommer in die reen
Hoe maak ons in die Weskaap?

Gooi hulle in die swembad.

Re: Afhaal van horings...
Posted: Mon Oct 16, 2017 10:05 am
by Malan123
Gooi hom ini toilet

Re: Afhaal van horings...
Posted: Tue Oct 17, 2017 7:22 am
by Speelmansjagter
So...
Ek het nou die horings af en als en het die skedel n aand lank in n 25% 'poroxide' oplossing gelos. Toe het hy nog so geel skynsel. Ek laat hom toe nog n aand in n nuwe mengsel le en hy lyk dieselfde.
Is daar n geheim daaraan verbonde om hom heeltemal wit te kry? Ek het al gehoor manne sit n lig of hitte oor die bak. Maak dit dalk n verskil? Hoekom doen hulle dit.
Sal iemand asseblief die geheim met my deel om die skedel mooi wit te kry.
Jaco
Re: Afhaal van horings...
Posted: Tue Oct 17, 2017 7:28 am
by tripodmvr
Die brein bevat baie vet (olie) en as dit nie in die begin mooi uitgekrap is nie het dit nou in die skedel ingetrek. Ek weet nie of seep of "degreaser" dit sal verwyder nie.
Re: Afhaal van horings...
Posted: Tue Oct 17, 2017 7:39 am
by DWB
Kook hom in water met sunlight liquid dat die vet kan uitkook
Re: Afhaal van horings...
Posted: Tue Oct 17, 2017 7:49 am
by jdpretorius
Al kry jy hom mooi wit is die kaanse goed dat hy met tyd weer geel gaan word.
Al my skedel monterings nyg om maar weer effe geel te word met die jare. Ek weet nou nie waar voor jy die skedel wil gebruik nie maar jy kan dalk daar aan dink om hom met 'n verdunde laag of 2 wit PVA te verf. Ek het gesien 'n paar van die "smart" meubel winkels doen dit so en dan verkoop hulle die goed teen 'n aardige prys
edit: selfs wit "primer" is lekker dun
Re: Afhaal van horings...
Posted: Tue Oct 17, 2017 8:08 am
by Malan123
Kook hom eers in water en sunlight/degreaser. Daarna meng jy so bietjie wit pva verf of stain met water en smeer hom netjies oor die skedel. As jy die verf dun kry absorbeer die skedel wel so klein bietjie van die mengsel en dan lyk dit nie so obvious nie.
Re: Afhaal van horings...
Posted: Tue Oct 17, 2017 8:12 am
by Viking