Page 1 of 1
Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 1:14 pm
by Doepie01
Hallo julle.
Ek soek raad asb. Ek wil n boer bakkie koop maar ek wil darem ook langpad met hom ry. Nuut kan ek nie bekostig nie en die bekende fabrikate is "overpriced". Ek kyk nou na Mahindra of GWM. Hoekom? Want as jy appels met appels vergelyk wat Km's en prys betref kan ek enige van bogenoemde vir ongeveer R100 000 goedkoper kry MAAR ek wil ook nie sukkel nie. Goedkoop koop is duur koop??
Jul raad sal dus waardeer word asb. As jy raad het noem dan die model ook asb. Maw as dit Mahindra is, Bolero 2.5 of Scorpio 2.2. ens. Onderhoudskoste is ook bepalend.
Baie dankie by voorbaat.
Doepie
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 1:24 pm
by Philip J
Doepie, ek boer met n Mahindra 2.5 Scorpio
Bakkie het nou 136000 km op en die enigste probleem wat tot nou toe kop uitsteek, is die "centre bearing" op die "propshaft" wat nie baie van modder hou nie. Bygesê, dis in die voerkraal op grond en modder paaie wat maar morsig word as dit reën.
Buiten daarvoor, het die bakkie nie veel fieterjasies nie.
Brandstof verbruik is in die omgewing van 10km/l
My eie voertuig is ook n Mahindra Scorpio, maar die 2.6 GLX stasiewa.
Ek is baie tevrede en het nie regtig iets slegs te sê van die Scorpios nie.
Hoop dit help.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 1:54 pm
by Harambe
Ek sou ook eerder die Mahindra koop. Ja, die gewone bakkies is te duur. OF hulle het al oor die 300 000km op.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 1:56 pm
by Pvdw
Doepie ek ry 'n GWM 2.2 vir my aircon en elektriese werk. Loop loop hy ja maar lui is hy lui. Myne is nog gie oues wat copy van die 4Y engin met Nisan/Zuzu mix panele. Daai trokkie het my nog nooit laat staan nie. Ek kom gereeld in hul werkswinkel hier in Pretoria. As jy sien hoe hulle gevorder het die laaste 10 jaar sal jou mond oop hang. Ja hulle is nog nie Toy/Ford/Nissan nie maar hulle doen baie moeite. Al paar groot name op Dakar ook pak gegee.
My vrou weer ry die Mahindra XUV 500. Hy het die 2.2 HAWK diesel motor in. Wat 'n fees! Daai Gupta SUV loop regtig baie lekker. Die XUV gee met gemak 15km/L as ek rustig ry. Het al 16.5 ook gekry maar dan ry ek soos trapsuutjie. Die Scorpio het ook daai selfde engin in. Dis een van daai kanniedood motors.
As ek na jou behoeftes kyk sal ek Scorpio gaan sonder twyfel. Bakwerk is so hard soos klip. Baie bouers gebruik hulle hier in Pta juis omdat hulle klip,sement,pale,kruiwaens en wat nog laai en daai bak vat die houe.
Die GWM se bakwerk daarenteen se hardste deel is die verf. As jy eers die verf geduik het gaan die res met saam. GWM se brandstof verbruik kom ook nie naby daai HAWK 2.2 diesel nie.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 5:45 pm
by vriell
Mahindra !
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 6:06 pm
by Dirkvh
My pa het eindelose probleme met twee 2.8 GWM bakkies wat hy nuut gekoop het. Eerste ratkas op 15 000km opgepak, eerste enjin oorgedoen onder 50 000km. Hy is nie swaar op bakkies nie, en sy Isuzu bakkies het altyd 500 000km gehaal sonder groot issues. Swakste keuse wat hy in 66jaar gemaak het, laat weet my as jy sy nr soek.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Tue Oct 17, 2017 9:43 pm
by Doepie01
Dankie manne vir die goeie raad. Ek wardeer
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 6:35 am
by r1ch@rds
Verseker Mahindra. Pel van my is agent van Mahindra. Kan vir joubsy nommer stuur ss jy wil kyk of hy iets vir jou het soos demo of goeie deal. You never know. Doug
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 7:21 am
by Doepie01
Thanks. Dit kan help
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 7:43 am
by andre007
Mahindra aka KOELIECRYZER al die pad. Ek het die 2.2 Mhawk 4x4 s/c. Ek het die afgelope naweek weer gekyk, met n gemiddelde spoed van 160km/h kry ek nog 13km/l.
4x4 gewys ry ek waar die manne met hulle Izuzu's, Nissan ens. ry as ons gaan jag.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 8:11 am
by finch
andre007 wrote:Mahindra aka KOELIECRYZER al die pad. Ek het die 2.2 Mhawk 4x4 s/c. Ek het die afgelope naweek weer gekyk, met n gemiddelde spoed van 160km/h kry ek nog 13km/l.
4x4 gewys ry ek waar die manne met hulle Izuzu's, Nissan ens. ry as ons gaan jag.
Blikskottel dis goeie brandstof gebruik. My klein np200 kry skaars 10km/l as ek 120km/h ry.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 9:03 am
by Pvdw
finch wrote:andre007 wrote:Mahindra aka KOELIECRYZER al die pad. Ek het die 2.2 Mhawk 4x4 s/c. Ek het die afgelope naweek weer gekyk, met n gemiddelde spoed van 160km/h kry ek nog 13km/l.
4x4 gewys ry ek waar die manne met hulle Izuzu's, Nissan ens. ry as ons gaan jag.
Blikskottel dis goeie brandstof gebruik. My klein np200 kry skaars 10km/l as ek 120km/h ry.
My vrou se XUV 500 kry met gemak 15 en as ek mooi ry 16.6km/l. Selle engin as Andre sin.
Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 10:25 am
by Langeraat
andre007 wrote:...met n gemiddelde spoed van 160km/h...
Jo, jo, jo. Julle manne is haastig daar in die Kaap...

Re: Watter bakkie. Mahindra of GWM?
Posted: Wed Oct 18, 2017 9:16 pm
by JK
Ons bakkies werk op konstruksie en die ompaaie nie altyd die beste nie. Meeste word gestamp of val om voor 200 000km Een GWM probeer,

Bakwerk baie swak en meganies nie opgewase nie. Hy't so 140 000 km gehaal met moeite.
Die vorige shape Fords was nie sleg nie, nou koop ons maar Toyota.