Einde van 'n ou legende...
Posted: Sun Oct 22, 2017 3:25 pm
Goeie middag...
So twee jaar gelede het ek op een van my kameras gereeld die groot bul met die eenhoring gesien by een spesifieke suiping op die plaas...
Om en by 'n maand later het ek een middag so 'n halfuur voor sononder deur die veld gestap en gevoel iets hou my dop, maar die soort van ding gebeur mos net op televisie en so paar meter verder kry ek nat en warm kudu mis en ek weet iewers moet 'n kudu vir my staan en kyk uit die skaduwee van 'n Kameelboom of Wag -'n - Bietjie. Die plantegroei op hierdie spesifieke plek was dik en nie baie vêr van die water af nie. Die volgende oomblik staan die ou bul plankdwars vanaf my op omtrent tagtig meter ...hy staan en kyk my stip in die oë en ek weet tel ek nou die geweer op is hy weg maar agter hom staan twee kudu koeie en ek voel beter...maar die keer loop hy weg en die koeie bly staan en ek draai om bakkie toe met die son wat alreeds gesak het. So het die tyd verby gegaan sonder dat ons weer in mekaar vasgeloop het, maar hy was gereeld op die kamera en ek kon sien hy verloor vinnig kondisie.
Een middag besluit ek om met Ruger 'n draai te gaan stap en vir 'n vark te kyk...ek het die kenmerkende spoor van 'n kudu gekry met lang hoewe aan die voorpote, Ruger was op hierdie stadium nie aan die leiband nie en ek kon aan sy optrede sien iets maak hom onrustig en hy het dadelik met sy neus op die grond 'n rigting ingeslaan en na 'n paar sekondes het ek sy kenmerkende blaf gehoor wanneer hy besig is met 'n dier. Ek kon aan sy blaf hoor dat hy na my regterkant toe beweeg en op 'n stadium kon ek hoor hy staan stil op een plek. Ek het stadig nader gestap en die horings van 'n kudubul bo die bosse gesien en hoe nader ek gekom het kon ek sien dis die ou eenhoring wat besig was om wild te swaai na Ruger met die een horing. Ek was nou al op vyftig meter maar kon nie my hond sien nie en was bang om te skiet...op 'n kol het die ou bul met sy bors na my gestaan...die bul het nie van my geweet nie en ek kon my hond aan sy linkerkant sien en ek het geskiet en als was dadelik stil. Ek het nader geloop en die lewelose blou grys ou liggaam gekry met sy agterbene wat vir oulaas styf span. Half verslae het ek daar by die ou man gestaan en maar net staan en kyk na 'n dier wat 'n meester van die dikbos was tot op die einde en hier lê hy nou leweloos. Vir die eerste keer beleef ek nou hier 'n ietwat anderste gevoel sedert ek die eerste keer begin jag het, definitief 'n gevoel van respek en jammerte gemeng. Hy was baie maer met nie 'n tand in sy bek nie. Toe ek opkyk kon ek die kraal sien waar hy soms gaan suip het en ek het gewonder of ek die regte ding gedoen het om hom te skiet en ek het vir oulaas na hom gekyk en aan die verweerde ou horing gevat , my hoed afgehaal en krip toe gestap om my hande te gaan was.
Groetnis