Page 1 of 1

Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Oct 23, 2017 11:58 am
by Johan L
Dagse manne.

Ek het sopas ook begin om n messe te maak. Ek wil graag n "Coffee can Forge" maak om staal te anneal en te temper. Ek het die oond klaar gebou en toe een van daardie bottels met MAP gas gekoop met die anskroef burner , maar die ding is te flou om die oond warm genoeg te maak. Het enigeiemand dalk n ander burner / toestel al probeer wat beter werk. Hoor graag van julle.

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Oct 23, 2017 4:35 pm
by GooseMan
Hi Johan,

sien bietjie hierdie post, die lid het die "burners" voorgestel.

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=137&t=60912

Groete

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Oct 23, 2017 4:45 pm
by Johan L
Ja dankie Gooseman. Ek het die post gesien, maar daardie goed lyk baie soos die een wat ek gekoop het. Het nou net R700 spandeer op iets wat nie reg werk nie..... Ek gaan gou na werk hier by Afrox loer en kyk of hulle nie iets het wat meer gas kan gooi nie.

Wat gebruik jy?

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Oct 23, 2017 4:57 pm
by GooseMan
Ek myself tree ook in die hobby in binnekort, ek kry ook nog al my gereedskap ens. in orde.
Ek sal my eerstes seker maar met die braai probeer of hulle is stuur vir verharding.

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Oct 23, 2017 5:05 pm
by Johan L
Ja ek is amper klaar met my eerste mes. Sommer met filing jig gemaak. Moet net handvatsel die week opsit. Solank begin met twee een. Nou net die profiel solank uitgesny. Ek gebruik N690. Het darem in vriend hier naby wat al 6 jaar messe maak. Hy temper die goed vir my solank. Ek sal laat weet as ek die regter burner gekry het. Lekker aand.

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Tue Oct 24, 2017 8:57 am
by GooseMan
Daarsy, klink lekker. post vir ons fotos as hulle klaar is.

cheers

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Tue Oct 24, 2017 9:46 am
by Johan L
As hulle nie te sleg lyk nie..... hahahaha. Maak so.

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Sat Nov 04, 2017 7:04 pm
by Johan L
Middag Gooseman.

Hier is my eerste mes. So week terug klaar gemaak. Het hom sommer met n filing jig gemaak en boor. N690 en Ekki hout. Lyk darem nie te vrot nie.

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Nov 06, 2017 9:46 am
by GooseMan
Hi Johan,

lyk baie netjies, geluk met die goeie hande werk!

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Nov 06, 2017 9:55 am
by Johan L
Ja dankie man. Dis nou nie n meesterstuk nie, maar darem n begin. Besig om vir my seun ook een te maak. Die mannetjie jag nou al elke jaar saam met my en skiet sommer lekker ook. Google bietjie Trojan Trading en kyk na hulle 1006K gas torch. Ek het sommer twee in my oond gebruik. Werk nogal skaflik. Ek is van plan om bladveer staal (5160) daarmee te anneal en dan weer te heat treat. Ek is in die sleepwa bedryf en sit met baie gebreekte bladvere wat ek kan gebruik...... Anders gebruik ek die N690 wat n vriend van my vir my heat treat. Hy ken die storie en het die nodige toerusting. Mooi dag.

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Nov 06, 2017 12:19 pm
by GooseMan
Nee heel lekker man, ek gaan my eerste mes ook maak met die 5160, ek wag nog net vir dit om te arriveer.
Gaan kyk bietjie op die draad wat ek vroeer vir jou gestuur het wat ek die naweek gemaak het.
Cheers

Re: Burner vir DIY Coffee can forge

Posted: Mon Nov 06, 2017 12:22 pm
by Johan L
Maak so. Dankie.