Page 1 of 1

Silver pigeon gesoek

Posted: Wed Oct 25, 2017 8:01 pm
by airhunter
Ek is opsoek na n Silver Pigeon in 20boor
Dit is vir n laaitie wat bietjie tengerig is.
Miskien n 28 maar dan gaan hy nie te lank kan skiet voordat hy hom ontgroei het nie.

Laat weet maar asb

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 7:13 am
by obasch
Wat is jou begroting?

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 7:55 am
by Ranger
If you are open to looking at another brand of 20gauge, let me know, there is a Ruger Red Label sort of for sale here in Qtn.

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 11:32 am
by johannvdg
airhunter wrote:Ek is opsoek na n Silver Pigeon in 20boor
Dit is vir n laaitie wat bietjie tengerig is.
Miskien n 28 maar dan gaan hy nie te lank kan skiet voordat hy hom ontgroei het nie.
Sterkte met jou soektog, ek sal my oor teen die grond hou en laat weet as ek van iets hoor, maar moet nie 'n 28 boor weggooi nie, as jy kan lewe met die ekstra koste van die ammunisie, en een loop oor jou pad, vat hom, 'n mens ontgroei nooit 'n 28boor nie en as jy hom eers verstaan breek die kleie en kom die voëls af.
Ranger wrote:If you are open to looking at another brand of 20gauge, let me know, there is a Ruger Red Label sort of for sale here in Qtn.
Die 20boor Red Label, in my opinie, is te swaar, en dit is so 'n bietjie teenstrydig met die doelwit van 'n 20boor. Behalwe as die prys natuurlik heeltemal te goed is om verby te stap. Dit gesê, is hulle goeie, sterk gewere en die aksie is ook redelik vlak, baie soos die van die Beretta 680 reeks, hierdie geld nie vir die 28boor nie, hy is gebou op 'n klein, afgeskaalde aksie en is net 'n plesier om mee te skiet.

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 4:46 pm
by airhunter
Ek soek n Silver Pigeon. 20 of 28boor. Miskien is ek partial maar ek glo n SP is goed vir maklik plus 75000 skote en in n geweer wat kompeterend gebruik gaan word is dit nie te lank voor n ou duisende skote geskiet het nie. Op hulle webblad is ook n kombinasie waar jy een stock koop en n stel 28 en n stel 20boor lope wat op die selfde stock pas. Dit sal nog beter wees aangesien die jongste ook sal wil inval en hy sal die 28 mooi kan hanteer.
Ek wil ook sowat 2000 rondtes hê.
Die begroting is nie die probleem nie. Die beskikbaarheid is wel. Markwerwant is reg.

Dit is nie vir myself nie maar n pêl en sy belyd is om eerstekeer reg te koop al is dit teen n prys.

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 4:47 pm
by airhunter
Oja. Dankie vir al die insette.

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 5:16 pm
by obasch
Wat op die website beskikbaar is, is nie noodwendig in SA beskikbaar nie. In werklikheid amper nooit nie.
Ammo is relatief vollop.
S&O het 20Br SP @ R31900. In 28Br gaan jy nie maklik regkom nie. My Browning B525 28Br moes ek laat invoer.

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Thu Oct 26, 2017 7:18 pm
by Tampie
Bel vir Costa Halkias van Loris Itl in Pretoria. As iemand in die land vir jou n haelgeweer presies na jou hart se wense en begeertes (silver pigeon tot luciano bosis) kan voorsien is dit hy. Sal sy kontak besonderhede pm indien jy belangstel?

Groete,
Martiens

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Fri Oct 27, 2017 7:59 am
by airhunter
Dankie Martiens. Stuur asb

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Fri Oct 27, 2017 9:06 am
by Rasmus
Kontak dalk ook vir Athol Murray ivm Fausti haelgewere

http://www.sixesandsevens.co.za/

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Fri Oct 27, 2017 9:11 am
by RiaanPretorius
Doen Navraag by Charles Montgomery van Suburban Arms.....hy het ook gereeld baie mooi klein boor haelgewere .

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Fri Oct 27, 2017 11:51 am
by johannvdg
airhunter wrote:Ek soek n Silver Pigeon. 20 of 28boor. Miskien is ek partial maar ek glo n SP is goed vir maklik plus 75000 skote en in n geweer wat kompeterend gebruik gaan word is dit nie te lank voor n ou duisende skote geskiet het nie. Op hulle webblad is ook n kombinasie waar jy een stock koop en n stel 28 en n stel 20boor lope wat op die selfde stock pas. Dit sal nog beter wees aangesien die jongste ook sal wil inval en hy sal die 28 mooi kan hanteer.
Ek wil ook sowat 2000 rondtes hê.
Die begroting is nie die probleem nie. Die beskikbaarheid is wel. Markwerwant is reg.

Dit is nie vir myself nie maar n pêl en sy belyd is om eerstekeer reg te koop al is dit teen n prys.
Praat dan ook met Henry by Twinbore, dalk het hy een in voorraad, vriend het nie te lank terug een daar gekoop onder 30k.

Sent from my SM-P605 using Tapatalk

Re: Silver pigeon gesoek

Posted: Fri Oct 27, 2017 2:47 pm
by airhunter
Baie Dankie vir die klomp inligting. Ons sal dit alles opvolg.