Page 1 of 1

Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 1:57 pm
by Rasmus
Goeie Dag

n Vriend het my geskakel en gese hy het n semi gekoop teen n billike prys en dit het my nou aan die jeuk gesit.

Uit die volgende paar semi's wat se een sal julle kies as hulle n paar rand van mekaar verskil. Dit is alles tweedehandse wapens.

Mosberg 500
Rotweill Semi Auto
Beretta Model A 300, 301 en 302

Sal gebruik word vir speel en bosvarke met slugs...





Enige raad asb.

Re: Wat se semi outo haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 2:02 pm
by Beretta
Rasmus
Logiese keuse BERETTA jy sal nie terug kyk nie.Jy sal ook nie ophou skiet nie
Beretta

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 3:46 pm
by Theo E
stem saam met beretta
groete

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 4:37 pm
by Rasmus
Dankie Gaan donderdag loer!

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 4:41 pm
by G-force
Beretta is goed maar onthou jy kan gewoonlik nie die mag tube langer maak nie.

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 4:58 pm
by Beretta
G-force
Liewer quality than quantity Beretta ;D ;D ;D kom ons hoor maar wat se Remington ;D ;D ;D
Beretta

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 5:02 pm
by axe942
Hi Rasmus,

Ek het die Beretta A300, baie lekker. Maar ek moet beaam wat G-Force s?, die magasyn tube kan nie verleng word nie. Dus kan jy net 3 rondtes in die magasyn laai en een in die loop.

Hannes.

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 6:16 pm
by wlm
Ek het so 'n rukkie terug hulp gevra met die motivering vir 'n lisensie-aansoek vir 'n semi-outo haelgeweer. Geen respons gekry nie so ek vra maar weer. Help tog asb.
Ps. Ek het toegewyde jagterstatusen is besig met die proses om sportskutstatus te bekom.
Groete Willem

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 7:57 pm
by G-force
wlm wrote: Ek het so 'n rukkie terug hulp gevra met die motivering vir 'n lisensie-aansoek vir 'n semi-outo haelgeweer. Geen respons gekry nie so ek vra maar weer. Help tog asb.
Ps. Ek het toegewyde jagterstatusen is besig met die proses om sportskutstatus te bekom.
Groete Willem
Ek het my beretta teknys gold semi-auto op dadicated hunter deur gesit en gekry.Ek het ook genoem dat dit wel ontwerp is vir klei duiwe(want dit is) en dat ek nou en dan voels gaan skiet met hom MAAR ek moes eintlik net die klei duif skiet gebruik het.As jy dedicated het by SA Wingshooters maak dit dinge makliker.As jy dedicated sport het gebruik 3-gun sport shooting,dis jou beste kans.My pa het sy Franchi semi auto hernuwing met dedicated hunter ook onlangs deurgekry.

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Tue Sep 13, 2011 9:21 pm
by wlm
Dankie G-force
Dit lyk vir my na goeie raad
Groete Willem

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Wed Sep 14, 2011 8:35 am
by Rasmus
Dankie G force en almal.

Ek is bewus van die feit dat die magesyn nie verleng kan word nie maar een in die loop en 3 in "tube" sal darem bietjie help. Ek het ook toegewyde status en gaan hom motiveer vir bosvark beheer ens.

Gaan n paar briewe by boere kry ens. Klink my dit is heel moontlik om hom so te motiveer.

G Force vir hoe lank is jou lisensie geldig? Enige moet en moenies waarna ek moet kyk. Hoe sal ek weet as die gun uitgeskiet is?

Groete

Rasmus

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Wed Sep 14, 2011 9:54 am
by G-force
Rasmus wrote: Dankie G force en almal.

Ek is bewus van die feit dat die magesyn nie verleng kan word nie maar een in die loop en 3 in "tube" sal darem bietjie help. Ek het ook toegewyde status en gaan hom motiveer vir bosvark beheer ens.

Gaan n paar briewe by boere kry ens. Klink my dit is heel moontlik om hom so te motiveer.

G Force vir hoe lank is jou lisensie geldig? Enige moet en moenies waarna ek moet kyk. Hoe sal ek weet as die gun uitgeskiet is?

Groete
Myne is op "section 16" dedicated hunter so dit moet 10jaar wees...sal loer as ek by die huis is vannaand.
Rasmus

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Thu Sep 15, 2011 4:40 pm
by Rasmus
So ja daar maak ek toe die fout om na die gun te gaan kyk......... Beretta A 302 en nou vir die lisensie aansoek! Weet iemand wat is die standaard chokes op die haelgewere?

Kan mens slegs slugs in n " oop" healgeweer skiet of kan jy dit gebruik as n haelgeweer bv 1/2 of 1/4 gechoke is?

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Fri Sep 16, 2011 9:03 am
by Rasmus
Hier is so paar fotos van die geweer.

[img width=358 height=480]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_0025.jpg[/img]

[img width=358 height=480]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_0026.jpg[/img]

[img width=358 height=480]http://i891.photobucket.com/albums/ac11 ... G_0029.jpg[/img]

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Fri Sep 16, 2011 9:11 am
by DWB
Baie geluk!!!!

As ek mag vra, wat het jy vir hom betaal?

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Fri Sep 16, 2011 9:24 am
by Rasmus
So raps oor die R 1000

Re: Wat se semi auto haelgeweer?

Posted: Fri Sep 16, 2011 9:37 am
by DWB
DIS 'N GRAP!
Waar?