As ek daai V-kolle mis, en ek mis hulle gereeld
Posted: Wed Nov 01, 2017 11:57 am
Dag Kerels,
Na aanleiding van Wouter se vraag aan JPS: “Wat se verskoning gebruik julle manne as julle nie n voltal skiet of as die bok nie le nie? ”, op die 300m Ladder toets thread, het ek gedink die kan ‘n lekker ligte thread wees, maar tog genoeg insae om iets uit ander manne se foute te leer.
Ons almal het al daai eendag op die kompitiesie gehad waar absoluut alles verkeerd loop, en hoe meer jy die fout soek, hoe meer neek jy op en ploeter maar net aan. Naderhand dink jy al sommer daar op die baan vir hoeveel jy die scope op Jaracal kan smous Maandag.
So hier is ‘n paar wat ek al beleef het op ‘n persoonlikke vlak.
1) Dail jou windage verkeerde kant toe
Nou omtrent op elke ALRHA shoot waar ek was, is daar een of ander ou wat dit oor kom. En die is nie gebonde net aan die newbies nie, ek het al gesoute manne gesien met die CBC wat net hul koppe in ongeloof skut as daai koel ‘n meter links of regs van daai gong val. Tussen my, Siebert, Ben en Louis dail jy nie meer jou windage sonder dat een van die span nie help kyk nie.
2) Vergeet om jou turrets te zero na die vorige relay
Man die afstand gaan mooi. Die gonge klap skoot na skoot, na jou skote highfive jy en jou skietmaats mekaar want vandag gaan die poppe dans. Jy kom op die volgende afstand, maak jou verstellings en boem, daar skiet jy amper bo oor die skietwal want jy het vergeet om na jou vorige relay te zero. Die het my oorgekom op ‘n Superliga kompitiesie vroer die jaar. Darem het ek met die proef my fout agtergekom.
3) Verkeerde dope data in jou app
Nou die is absoluut belaglik en het met die tweede laaste ALRHA shoot met my gebeur. Die eerste 2 afstande is ek sommer soos 30m kort van die gong, en vat dit my 3 skote om op teiken te kom. Daarna het ek net 3 punte om per afstand te maak. Na ‘n helse gesukkel sien ek dat volgens my app skiet ek ‘n 7mm 195gr Berger elite hunter teen 2750fps uit my 6.5CM uit, verander hom na 140gr Amax toe en sieda. Tot vandag toe sien ek dit maar as ‘n pocket dail foutjie,en het dit my bottom of the log verseker. Wat ek hieruit geleer het is om altyd seker maak dat die regte geweer op jou app gekies is met die regte data.
4) Jou geweer is nie gezero nie
Vroer die jaar op ‘n SAjagters gong skiet het my eie 243 in ‘n vriend se hande draaie om my en die Creed geskiet. Ek was so dem*%r in vir myself dat ek myself beloof het, ‘n kompitiesie met afstande nader as 300m sien my nie weer nie. Die maandag vat ek sommer verlof want ek kan nie aanvaar dat ek so swak geskiet het nie. Kom op die skietbaan, eerste 3 skote is 2moa lag en 2moa links. My geweer was nooit gezero nie… Om verder petrol op die vuur te gooi het ons geleentheid gehad om zero te check voor die kompitisie. PS. Ek sal weer komps skiet op nader afstande ook.
5) Skiet op die verkeerde teiken
Ek moet bieg, die het net nog op SAjagters tabel met my gebeur, en gelukkig was die ander man nie te kwaad vir my nie. Maar wat ek al so een of tweekeer by die Varmint afdeling gesien het is manne wat na die verkeerde afstand se gonge skiet. Skiet daar op 600m, dan poef, spat die stof op 400m. die RO’s is darem gawe manne, en sal jou sê jy skiet na die verkeerde teiken, maar daai 5 punte wat jy drop is duur.
Nou ja, waste simpel foute het jy al gemaak as die kompitiesie hoog loop