Page 1 of 1
Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sat Nov 04, 2017 9:51 pm
by Philip J
Naand almal
Ek het weer julle insette nodig asb.
Ek het asb aanbevelings nodig vir bg geweer in terme van 'n goeie jag koeël.
Dis my swaer se geweer. Hy het tot nou toe PMP 168 greiners geskiet, maar wil nou self begin laai vir die geweer.
150gr PMP wou blykbaar nie groepeer in die geweer nie, maar die 168's gee aanvaarbare akkuraatheid.
Hy is ook taamlik bekommerd oor vleis skade.
Op die stadium, oorweeg ons:
Peregrine
Hornady Interlock
Hornady Interbond
Hornady GMX
PMP 168gr
Kan julle asb leiding gee?
Waarmee jag julle?
Ek sal enige raad of insette hoog op prys stel
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sat Nov 04, 2017 10:25 pm
by Flip Nel
Philip J wrote:Naand almal
Ek het weer julle insette nodig asb.
Ek het asb aanbevelings nodig vir bg geweer in terme van 'n goeie jag koeël.
Dis my swaer se geweer. Hy het tot nou toe PMP 168 greiners geskiet, maar wil nou self begin laai vir die geweer.
150gr PMP wou blykbaar nie groepeer in die geweer nie, maar die 168's gee aanvaarbare akkuraatheid.
Hy is ook taamlik bekommerd oor vleis skade.
Op die stadium, oorweeg ons:
Peregrine
Hornady Interlock
Hornady Interbond
Hornady GMX
PMP 168gr
Kan julle asb leiding gee?
Waarmee jag julle?
Ek sal enige raad of insette hoog op prys stel
Gee bietjie meer raad, waar bly hy, wat jag hy, is dit meestal kort of lang afstand dit alles maak 'n verskil
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sat Nov 04, 2017 11:21 pm
by Messor
Onthou net, dis nie te sê die geweer hou nie van 150gr koeels nie, die lading wat pmp hulle laai is tien teen een net nie gepas vir die spesifieke geweer nie.
Tweedens, daai goed het party sommer 'n 1 in 14 groefdraai gehad, wat is die groefdraai van die spesifieke geweer?
Ek vra want 'n 168gr PMP is korter as 'n 150gr GMX per voorbeeld.
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 9:30 am
by Philip J
More more
Nou ja goed, ek het die "twist" gemeet, lyk soos 1 in 12 as ek reg gemeet het.
Die man wil springbokke, kudus en gemse met die geweer skiet.
Afstande sal maar wissel na gelang van die terrein, maar terwille van die scenario, kom ons sê nie verder as 300m nie.
Hy het ook n 375, maar nou weet ons almal, die dag as jy springbokke soek, loop die gems of kudu voor jou geweer verby.
Wat ek probeer sê is, ons soek n koeël wat genoeg penetrasie en slaankrag het vir groter wild ook.
Ek hoor graag van julle.
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 10:07 am
by Williel
Ek sou kyk na 130 gr Barnes. Goeie penetrasie en spoed vir bietjie verder skiet vir springbokke. Nie die goedkoopste nie maar vir beperkte vleisskade en seker wees die vleis kom huistoe is dit my voorstel.
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 11:14 am
by Messor
300m is maar normale jag afstand, niks snaaks word benodig nie.
My gevoel sê vir my either 'n 150gr TTSX of GMX gaan net marginally stabilized wees in daai 1in12.
Willie se advies klink dus vir my goed.
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 11:31 am
by Mellies
150gr BT
Vervang bg met 150gr Accubond as bene groter/harder word.
Met n vleisie...
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 12:09 pm
by Flip Nel
Mellies wrote:150gr BT
Vervang bg met 150gr Accubond as bene groter/harder word.
Met n vleisie...
Stem saam
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 3:53 pm
by Carlc
Stem ook saam. Ekt self so 308 en die 150gr accubonds loop baie mooi in hom.
Groete
Re: Jag Koeël vir .308 Israeli Mauser
Posted: Sun Nov 05, 2017 5:10 pm
by Philip J
Dankie manne. Ek sal dit vir hom so deurgee.