Page 1 of 1

Vlakvark jag

Posted: Wed Nov 08, 2017 9:16 am
by Strydom
Hi Almal

Kan iemand help met vlakvarkjag so 3/4 ure maksimum van Johannesburg af. Weet van 'n paar plekke, maar ek dink hulle vlakvarke het in goud verander die afgelope seisoen.

Dankie

Re: Vlakvark jag

Posted: Wed Nov 08, 2017 10:11 am
by FHM
Strydom wrote:Hi Almal

Kan iemand help met vlakvarkjag so 3/4 ure maksimum van Johannesburg af. Weet van 'n paar plekke, maar ek dink hulle vlakvarke het in goud verander die afgelope seisoen.

Dankie
Dagse Strydom,
By voorbaat welkom om ons kampvuur. ;)

Die manne hier is meer as gewillig om te help solank nuwelinge net by die werf-reels hou.
Gaan stel jouself gerus voor http://www.jaracal.com/viewforum.php?f=126 en vertel ons so bietjie meer oor jou skietgoed en jagvoorkeure.

Re: Vlakvark jag

Posted: Wed Nov 08, 2017 12:28 pm
by Stefan Fourie
Tog interessant hoe maklik lees mens "vlakvark" raak.
Dis net so opvallend/oorverdowend soos wanneer die dominee almal aan die slaap gepreek het en per ongeluk "f#k" sĂȘ...

Re: Vlakvark jag

Posted: Wed Nov 08, 2017 4:44 pm
by tripodmvr
Daardie dominee het vark verkeerd gespel !!!!!!!!

Re: Vlakvark jag

Posted: Thu Nov 09, 2017 8:24 am
by Strydom
Dankie FHM

Het myself gaan voorstel. Nou kan ons gesels oor hierdie goue valkvarke ;)

Dalk help iemand my nog met 'n paar wat nie van gioud gemaak is nie.

Re: Vlakvark jag

Posted: Thu Nov 09, 2017 9:25 am
by Eugene
Strydom wrote:Dankie FHM

Het myself gaan voorstel. Nou kan ons gesels oor hierdie goue valkvarke ;)

Dalk help iemand my nog met 'n paar wat nie van gioud gemaak is nie.
Vlakvarke is maar 'n moeilike besigheid, een jaar smeek die boer jou om te kom skiet, soveel so dat hy selfs die ammo sal koop en die volgende jaar is dit R1000 per vark. Manne wat plekkies het, pas dit soos goud op en sal nie maklik uitpraat nie. Beste is maar om voelers uit te steek na boere met gesaaides/groente in "vlakvark besmette" areas en dan beslis te gaan as die boer bel en vir hulp vra, want as jy nie kom nie, bel hy die volgende ou...

Re: Vlakvark jag

Posted: Thu Nov 09, 2017 10:50 am
by Nella
Kan moontlik help met boogjag op varke ;)

Re: Vlakvark jag

Posted: Thu Nov 09, 2017 3:11 pm
by Strydom
Dankie Manne

Ek hou maar aan soek. Weet nie eers waar om mielieboere te begin kontak nie.

Ek gee nie om om te betaal nie, maar later werk dit sommer R 1200 'n vark uit, wat vir my bietjie erg is.

Ek weet daar is boere wat dit as pes beskou, maar soos reeds gese, daardie is blykbaar net vir vriende bedoel.