Page 1 of 1

Ak 108/107

Posted: Thu Nov 09, 2017 1:11 pm
by afrikanerbloed
Manne
Ek het so bietjie na hierdie masjien van n geweer gekyk en dit lyk vir my net na die ding vir Sannie.
Besit enige iemand op die forum een van hierdie gewere.
Ek sal ook graag wil weet wie in die land sal hierdie gewere kan inbring.
Gelyste pryse in die Usa lyk na so om en by $820 wat nie verskriklik baie is nie.
Groete
Johan

Re: Ak 108/107

Posted: Thu Nov 09, 2017 9:15 pm
by marthinus100
Jy kan hoor by spartan arms of tactical 22. Dink jy sal reg kom by spartan.

Re: Ak 108/107

Posted: Sun Nov 12, 2017 6:01 am
by Ds J
Die AK 107 gebruik die Russiese 5.45x39 patroon, en dit is blykbaar amper onmoontlik om ammunisie vir hom te kry. Doppe is al 'n probleem, maar kan ingevoer word, en koeƫls is so beskikbaar soos goudkleurige hoendertande. Jy sal dit waarskynlik moet laat maak.

Die AK 108 gebruik standaard 5.56x45 ammunisie.

Re: Ak 108/107

Posted: Mon Nov 13, 2017 6:23 pm
by afrikanerbloed
Dankie manne
Ek het ook gedink dat die 108 die kaliber keuse sou wen
Sal vir Spartan n luitjie gee
Groete
Johan

Re: Ak 108/107

Posted: Tue Nov 14, 2017 7:56 am
by Plaashaas
afrikanerbloed wrote: dit lyk vir my net na die ding vir Sannie.
Nou hoekom kan Sannie nie net n T56 gebruik nie?

Re: Ak 108/107

Posted: Tue Nov 14, 2017 11:39 am
by afrikanerbloed
Nou hoekom kan Sannie nie net n T56 gebruik nie?[/quote]

Want 8) Sannie wil te veel op en af en vorentoe en agter toe perdjie ry as sy n T56 het........ ;D ;D