Page 1 of 1

Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 12:04 am
by Fanta300
Ek het nou so een in my kluis maar kry nie veel inligting oor hom nie. Is daar dalk iemand wat kan help?

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 6:35 am
by DWB
Dis 'n Engelse geweer ;) ;) ;)

Sit darem 'n foto op!

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:00 am
by Pappabeer
Oom Fanta, die Safari deluxe was op n standaard M98 Mauer aksie gebou wat oopgemaak is vir die langer koeël. Later het hulle kommersiële FN, en later Santa Barbara aksies gebruik. Die FN sekerlik die beste van die lot.

Sommige het Monte Carlo kolwe, wit spacers by fie recoilpad, gripcap en fore-end gehad, en ander weer n meer reguit kolf met effense schnabel fore-end. Hulle was in Birmingham geleë, en hoewel hulle self lope gemaak het, het hulle aksies ingekoop.

Soos Deon sê, plaas n foto, dan kan mens sien. Proefmerke sal ook help om die era van produksie te bepaal.

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:37 am
by Fanta300
344CFF1D-CA4A-4F2D-BDE0-7DFE16F8E0DE.jpeg
09356AA4-02F8-46CE-A133-52EB685CBB4D.jpeg
Dankie sovêr. Het bietjie gesukkel met foto’s. Sal foto’s van proef merke opsit maar sal eers scope moet afhaal. Het ‘n Leopold wat ek wil opsit.

Die aksie lyk net soos die Zastava aksie op my 260Rem

Hy het 24” loop

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 11:22 am
by Pappabeer
Dis n standaard M98 militêre aksie wat deur enige van die fabrieke gebou kon word tydens WWII. Hy is natuurlik van enige skrif, indien daar was op die receiver se linkerkant verlos om die Safari deluxe op te stempel. Dit blyk of daar n stempel uitsteek onder die voorste montering van die rail. Dit mag verduidelik wie die aksie gemaak het.

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 2:12 pm
by Ds J
Aan die einde van hierdie bladsy (http://www.parker-hale.co.uk/index.php?pg=History&) staan hierdie adres vir verdere navrae: "All enquiries relating to any Parker-Hale firearm should be directed to Norman Clark Gunsmiths at www.normanclark.com."

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Sun Nov 12, 2017 4:37 pm
by Fanta300
8AB437A8-DAB3-4816-9434-981398FB5BD1.jpeg
Foto van proef merke. Hiervolgens is hy in 1963 gemaak. Sien nie ‘n naam iewers op die aksie nie.

Ek het dit ook gesien Ds J en het klaar vir hulle navraag gestuur. Hoop ek hoor iets van hulle.

Dankie Dewald

Re: Parker Hale Safari Deluxe 375 H&H

Posted: Wed Nov 15, 2017 10:07 pm
by Fanta300
Hier volg die antwoord wat ek gekry het op my navraag:

Hi

When parker Hale went into administration in 2000 all of their records concerning serial numbers were destroyed.

Sorry we can not be of any more help

Regards

Andrea

Gebeur nie net in RSA nie!!