Page 1 of 2

My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:00 pm
by PieterG
Klein Manie nou 7 jaar oud is al n gesoute jagter en n bobaas skut. Sy oupa boer op Stoffberg in Mapumalangha en dus is daar baie geleentheid om te jag.
Nou die dag sê hy v my hy wil ook n bosvark jag. Nie lank nie toe is dit sy beurt. Ons was nou die naweek by oupa op die plaas en toe vat ek hom uit.
Ek het ligte af tot op n punt in die land gery waar ek weet die varke inkom. Dit was donker maan en een van my aangetroude neefs het saamgekom om te help om Manie op die bord te kry. Nie lank gesit nie en toe hoor ek hulle inkom. Hulle was so 200m aan die ander kant vd land. Dit was windstil en ons kon hulle mooi hoor.
Ons het die bakkie daar gelos en in die donker tevoet nader bekruip. Manie was gladnie bang nie en het net soos ons geoeffen het reg agter my geloop terwyl hy aan my gatsak vashou.
Ons het ons tyd gevat en die wind was reg. Die varke het in ons rigting gewei en ek besluit ons moet solank opstel. Ek het die skietstokke maak staan en v Manie die 223 gegee terwyl ek probeer stream met die ATN.
Daar wil my foon nie die ATN optel nie en ek besluit om nou maar als in my bulletjie se hande oortelaat. Ek kan nou niks sien nie en praat hom deur die jag.
Sien jy hulle? Ja pa. Sien jy die beer? Nee pa. So gaan ons aan todat hy v my se daar staan n groot vark! Vat hom mooi op sy blad. Ok pa. Sê my as jy gaan skiet, ek gaan skiet pa. Druk die sneller mooi af en volg hom in die scope.
Toe klap die skoot en jy hoor net varke hardloop. Ek het hom op sy blad geskiet pa, se hy v my. Ek vat toe die 223 by hom en sit die flits aan. Eers sien ek niks en ons stap in die rigting waar hulle was. Ek vra hom toe hoe voel jy oor jou skoot en hy se dit was mooi.
En daar le hy n moerse vark! Manie spring in die lug van blydskap en gee my n druk met die woorde, dankie pa! Ek is baie trots op my bulletjie! Seker die eerste 7 jarige wat n trofee bosvark beer ,gewalk and stalk het! Beste van als dit is op vidio.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:16 pm
by Flip Nel
Baie geluk, Mooi storie dankie vir die deel

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:21 pm
by PieterG
Ek kry nie die foto opgelaai nie, as iemand my dalk kan help.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:41 pm
by Jake1
Pieter whatsapp gou vir my die foto dan probeer ek dit opsit, ek pm my nommer vir jou

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 7:41 pm
by C.J.
Manie se Bosvark!

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:06 pm
by tripodmvr
Geluk jongman. Baie mooi vark!!!!!!

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:08 pm
by DWB
Pragtig! Baie geluk!

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:54 pm
by Bosvark.303
Uitstekend gedoen ...baie geluk

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 10:08 pm
by Ashley
Baie netjies!
Geluk aan die jong man.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Sun Nov 12, 2017 11:07 pm
by ruaanb
sjoe dis netjies! baie geluk aan die jongman!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 7:47 am
by FrancoisW
Mooi groot vark. Geluk Manie.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 7:52 am
by Leon Crous
Sjoe, daai is netjies gedoen!
Baie geluk aan pa en seun!

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 7:59 am
by Geno
Geluk julle! Sommer n dik vark!

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 8:09 am
by airhunter
Mooi Manie.
Daai is mooigegooi.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 8:59 am
by Plaashaas
Dit was nou lekker om te lees. Dankie.

Baie geluk aan die bulletjie en pappa.

Stuur vir ons n link van die video.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 10:57 am
by Joe13
Baie geluk, so 'n pa kan mos trots wees. Geniet elke oomblik van die plaas jongman.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 11:07 am
by OomMatt
Altyd mooi om van so Pa en seun se jag te lees en hoor
Pa se bors is natuurlik nou een size grooter en seun se kop in die wolke.
Baie geluk

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 11:59 am
by heywillie
Baie geluk ! soek self nog so groot wielneus

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 1:34 pm
by Frederik
Baie Geluk jong man.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 2:20 pm
by Ben Remington
Baie geluk aan die jong man.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 2:25 pm
by honda2
Baie mooi storie! Well done jong man, ek hoop daar is nog baie meer sulke geleenthede saam met jou pa.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 4:59 pm
by win270
Baie goed gedoen!! Julle altwee het rede om trots te wees!!

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 4:59 pm
by PieterG
Dankie julle, hy gaan juis weer die naweek probeer om nom 2 op sy kerfstok te kry.

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 6:22 pm
by Apie
Vat so!

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: My bulletjie se eerste bosvark!

Posted: Mon Nov 13, 2017 8:26 pm
by theedge
Baie geluk, Mooi storie dankie