Page 1 of 1

MS 200

Posted: Wed Nov 22, 2017 2:03 pm
by CR
Middag

Kan iemand my op regte pad sit . Ek wil MS 200 agter 28gr 7.5 hael laai . Lading so 22.3 ? Sal hy werk , sien net 7 en 6 in Somchem se boekie .

CR

Re: MS 200

Posted: Wed Nov 22, 2017 2:18 pm
by Harambe
Dit gaan rerig net oor die gewig. Die grootte van die korrels maak nie saak nie. Jy kan maar die #6 of #7 se data gebruik. Ek doen dit al vir jare met die MP200 data.

Re: MS 200

Posted: Wed Nov 22, 2017 2:44 pm
by CR
DANKIE

Re: MS 200

Posted: Thu Nov 23, 2017 12:45 pm
by blaser
ms is baie goed maar s121 werk net so goed en is baie goedkoper

Re: MS 200

Posted: Wed Nov 29, 2017 10:31 am
by Alwin
blaser wrote:ms is baie goed maar s121 werk net so goed en is baie goedkoper
Korrek. Onthou net dat S121 minder spasie gebruik, dus moet jou pluisie langer wees om steeds die dop korrek te vul met die kombinasie. Jy kan ook 'n karton-skyfie gebruik om ekstra spasie op te neem. Plaas hom onder die hael.

Re: MS 200

Posted: Wed Nov 29, 2017 11:14 am
by Harambe
Alwin wrote:
blaser wrote:ms is baie goed maar s121 werk net so goed en is baie goedkoper
Korrek. Onthou net dat S121 minder spasie gebruik, dus moet jou pluisie langer wees om steeds die dop korrek te vul met die kombinasie. Jy kan ook 'n karton-skyfie gebruik om ekstra spasie op te neem. Plaas hom onder die hael.
Of jy kan 'n 2.75 duim dop gebruik i.p.v. 'n 3 duim dop. Maar dan moet jy 'n 50c onder die dop sit by die crimping die om die regte vou te kry.

Re: MS 200

Posted: Tue Mar 27, 2018 7:36 am
by obasch
Harambe wrote:
Alwin wrote:
blaser wrote:
Of jy kan 'n 2.75 duim dop gebruik i.p.v. 'n 3 duim dop. Maar dan moet jy 'n 50c onder die dop sit by die crimping die om die regte vou te kry.
Jy bedoel seker 67mm dop ipv 70mm? In Suid Afrika is 3" 12Br ammunisie byna ongehoord van. Die 50c tip is seker net van toepassing vir 'n Lee LoadAll?