Page 1 of 1
Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 9:57 am
by Christo
Nou is ek stert tussen die bene.
Ek het die Foxpro Programming utility gelaai en die Foxpro se klanke "gebackup" maar om die dood of ek die roep CD se klanke in MP3 formaat kan stoor en na die FPU oorgeplaas kan kry. My rekenaar stoor die CD net omder Windows Media Player en van daar kry ek NIKS.
Uiteindelik van die teglologie my selfs al het en teruggegaan en die manual gelees.
Help iemand asseblief !!!
Christo
Kom daarvan as ek dink ek kan alles self uitfigure. Slim het nou sy baas gevang

Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 10:15 am
by WillJak
Christo, probeer die CD insit en as Windows Media oopmaak, maak dit doodeenvoudig toe - en vee sommer eers alles uit daar. Dan gaan jy na "My Computer" en regs click op die CD dryf en kies "Open" - dan behoort hy vir jou die snitte daar te wys. Selekteer die eerste een, druk en HOU "shift" vas en selekteer die laaste snit - nou behoort al die snitte "gehighlight" te wees. Regs click nou op enige snit en kies "Copy" - en maak die "My Music" onder "My Documents" oop, maak 'n nuwe Folder (Soos "Jakkalse roepe") oop onder My Music en as hy oop is regsklik op die folder en kies "Paste" - dit behoort die CD se klanke oor te dra en dan probeer jy hulle laai vandaar af op die foxpro.
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 10:19 am
by Christo
Willjak
Dankie, ek sal dit so doen. Die ander probleem is hoe kry ek dit in MP3 Formaat. Ek kan nie sien of hulle reeds in MP3 fomaat is op die roep CD nie.
Christo
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 10:20 am
by Louis102
Christo
Christo wrote:
Ek het die Foxpro Programming utility gelaai en die Foxpro se klanke "gebackup" maar om die dood of ek die roep CD se klanke in MP3 formaat kan stoor en na die FPU oorgeplaas kan kry.
Watter weergawe van Windows het jy? Ek het Vista. Ek gebruik nie die "FPU" nie, maar daar is plek by die Media Player waar jy die formaat waarin jy die klanke van die CD aflaai na MP3 kan verander. Gaan soek dan maar 'n bietjie rond onder "My Music" gewoonlik is dit daar iewers gestoor onder "Unknown artist" of iets. Jy kan dit ook van die media player af "copy" na 'n gekose file.
Dit is ook maar 'n leke antwoord. Daar sal slimmer manne op di? topic wees as ek.
Louis
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 10:24 am
by WillJak
Christo, as ek reg onthou is die meeste klanke klaar of MP3 of Windows Media, maar kyk op die 'Net (google hom sommer) jy kry "Jodix" - 'n gratis "converter" wat nogal maklike en lekker werk. Of Google sommer "WMA to MP3 converter" dan behoort daar ander ook op te kom.
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 11:24 am
by Christo
Dankie , Dankie , Dankie
Ek is nou geholpe. Dankie Willjak, Louis.
Ek gaan hom nou probeer. Hoop nie ek sit letterlik en figuurlik in die donker nie.
Christo
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 11:41 am
by Francois Marais
www.freerip.com/download.php
Christo
Bo is n link van die converter wat ek gebruik, dis verniet en baie maklik om te gebruik, so by the way, die klanke op die CD is NIE in MP3 nie, maar in WAV format. Foxpro gaan dit ook speel, maar jy kan DALK n probleem he met spasie, en nie jou 32 klanke alles opkry nie. WAV is 10 maal grote as MP3.
Luois en Willem is ook reg, die enigste probleem is, as jy nie die FPU gebruik nie, kan jy nie vi jou labels print na die tyd nie.
Laai freerip af, gebruik dit om die klanke na MP3 te verander en stoor dan die MP3 klanke op n plek waar jy hulle sal kry, My Music of enige file wat weet waar dit is, dan plak jy jou FX3 in met n USB kabel, onthou om eers die batterye uit te haal, en maak nou jou Utility prog oop. Op die regterkant kies jy dan die drive wat jou FX3 is en aan die linkerkant kies jy die file wat jou klanke is, dan dubbel click jy hulle net of highlight links en gebruik die funksie knoppies in die middel om hulle oor te dra na die roeper.
Laat weet as jy nie regkom nie, ek het my eksamens met n FX3 gepass, sal jou kan help.
Mooi loop
Francois
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 2:05 pm
by Christo
FM
Dankie vir die info, een ding wat ek nie gedoen het nie was om die batterye uit te haal

, wat kan/kon gebeur as hulle nou in was.
Ek gaan ook die link aflaai en gebruik. Op jolix moet jy elke keer net 8 aflaai anders moet jy betaal ( gee nie om maar dit is nou 'n slep)
Christo
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 5:04 pm
by Francois Marais
Christo
Ek weet nie wat kan/kon gebeur het nie, weet maar net hulle se so iinni handleiding. solank jy hom nie aangesit het nie, glo ek nie veel nie, unit kry sy krag??? deur USB kabel. Weet ook nie mooi of dit rerig krag is, of die PC maar net die kabel gebruik om die data te lees nie.
Laat weet ma hoe jy vorder.
Mooi loop
Francois
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 9:02 pm
by JACQUES BOTHA
Cristo
As jy jolix wma to mp3 aleen aflaai is jhy gratis en verniet en vir altyd
groetnis
JB
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 9:04 pm
by Christo
Al weer die manual ding. Aangesit en klanke opgesit. Netnou getoets en hy werk goed.
Ek sal jou raad volg en nie weer die kans vat.
Dankie.
Christo
ns: Ek soek 'n leeu en 'n paar spoke se klanke, het 'n paar halstarige onwettige bewoners wat nie wil trek. Bygelowe sal aan my kant wees.
Re: Foxpro FX3 klanke opsit
Posted: Sun Sep 20, 2009 9:33 pm
by Francois Marais
Christo
Stuur my n pm met jou mail adres.
Mooi loop
Francois