Page 1 of 1
Drone hengel
Posted: Sun Dec 10, 2017 8:54 pm
by JacquesvT
Hi julle,
N bitter goeie pel van my is geinteresseerd in drone hengel. Hys n visvang fanatikus, vars en see water. Finansies werk saam nie, so ek wil sy droom waar maak.
Het iemand hier ondervinding van drones, wat sal werk vir visvang ook, verkieslik iets wat darem n lekker aas gewig ver kan vlieg.
Wat sou jul voorsel, en ook waar om te koop?
Thanks a million.
Sent from my G8341 using Tapatalk
Re: Drone hengel
Posted: Sun Dec 10, 2017 9:11 pm
by tripodmvr
Kyk by droneworld - P4 bait dropper
Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 11:11 am
by M98mauser
Couta copter is een wat n redelike gewig can optel. so 1KG dis n lekker asie.
Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 2:00 pm
by OosKaapJagter
Wat kos hierdie "drones" wat jou aas en lyn uitvat en hoe goed swem hulle?
Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 2:08 pm
by Bushwack
Drone visvang...?? ek het toe nou nie van alles geweet nie...

nou raak ek oud!!

Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 2:52 pm
by M98mauser
Couta copter so R13000.00 Hulle kan nie swem nie , maar daar is van die modelle wat met GPS weer self land toe kom as die battery te pap is of hy sein verloor ( in die lug), Is die vinnigste manier om n aas 300-400m in die see te kry, Sal hom nie vlieg in te veel wind nie.
Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 4:02 pm
by ruaanb
hierdie outjies is ook nogal die geld werd. manne hier in die kaap hardloop ase 500m uit vinnig met hulle.
https://aquacat.co.za/
Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 4:13 pm
by Nella
ruaanb wrote:hierdie outjies is ook nogal die geld werd. manne hier in die kaap hardloop ase 500m uit vinnig met hulle.
https://aquacat.co.za/
Askuus bietjie van die onderwerp af..
Is daar aqua cat sy geld werd?
Behaal die manne beter suses met hulle. Ek is op die punt om een te koop en wil graag weet asb
Re: Drone hengel
Posted: Mon Dec 11, 2017 6:22 pm
by ruaanb
Nella wrote:ruaanb wrote:hierdie outjies is ook nogal die geld werd. manne hier in die kaap hardloop ase 500m uit vinnig met hulle.
https://aquacat.co.za/
Askuus bietjie van die onderwerp af..
Is daar aqua cat sy geld werd?
Behaal die manne beter suses met hulle. Ek is op die punt om een te koop en wil graag weet asb
jou sukses is so goed soos die kwaliteit van jou aas, aanbieding, etc. jy moet aas op regte plekke drop. dit gese ek weet die manne vang baie meer vis as die ander.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Drone hengel
Posted: Fri Jan 05, 2018 9:20 am
by Exiled4Life
Ek het n pel wat spesialiseer in die drones hy bou hulle ook skree gerus dan gee ek jou sy nommer
Re: Drone hengel
Posted: Fri Jan 05, 2018 3:34 pm
by Heinz Petersen
Re: Drone hengel
Posted: Fri Jan 05, 2018 3:41 pm
by FHM
Julle raak weer oneties... en die fair chase is woertoe met die drones....
Dimitri gaan julle kom opfk!

Re: Drone hengel
Posted: Fri Jan 05, 2018 5:16 pm
by Langeraat
JacquesvT wrote:Hi julle,
N bitter goeie pel van my is geinteresseerd in drone hengel. Hys n visvang fanatikus, vars en see water. Finansies werk saam nie, so ek wil sy droom waar maak.
Het iemand hier ondervinding van drones, wat sal werk vir visvang ook, verkieslik iets wat darem n lekker aas gewig ver kan vlieg.
Wat sou jul voorsel, en ook waar om te koop?
Thanks a million.
Hier is nou 'n goeie toepassing vir 'n drone, iets waarmee ek kan identifiseer...

Jacques jy is 'n pel 1000...