Page 1 of 1
Iemand al sukses behaal met 168g Bergers in 30-06?
Posted: Fri Dec 15, 2017 7:28 am
by Skietstoel
Dagse Menere met Gewere,
Ek het nou die dag n pak 168 grein Berger VLD’s aangeskaf en n goeie groepering gekry met 52 gr S355. Spoed was 2736. Kon egter nie goeie groeperings kry teen hoer ladings nie. Sou graag 2850 wou haal. Enige raad asb?
Re: Iemand al sukses behaal met 168g Bergers in 30-06?
Posted: Fri Dec 15, 2017 7:52 am
by Armand Steenkamp
Skietstoel, jy al S365 probeer?
Re: Iemand al sukses behaal met 168g Bergers in 30-06?
Posted: Fri Dec 15, 2017 8:37 pm
by Skietstoel
Armand, nog nie S365 gebruik met hierdie Bergers nie maar dis maar eintlik wat ek altyd gebruik op al my ladings. Wil bietjie S355 probeer, gehoor dit werk goed.
Re: Iemand al sukses behaal met 168g Bergers in 30-06?
Posted: Fri Dec 15, 2017 9:22 pm
by tripodmvr
Soos dryfmiddel vinniger brand sal die nodespoed afneem. Jy het dit nou prakties ervaar. Al wat hoër spoed nou doen is om druk te verhoog en jy kom nie by akkuraatheid uit nie. Gaan loer na ander plasings waar VV N560 'n merkwaardige beter spoed lewer in die 338LM.
Re: Iemand al sukses behaal met 168g Bergers in 30-06?
Posted: Tue Dec 19, 2017 5:52 pm
by Skietstoel
Dankie vir die insette! Lyk my ek sal maar n paar ladings met S365 moet toets..