Myburgh se mooi bul...
Posted: Sat Dec 16, 2017 11:20 am
Goeie dag...
Dis nou vir die laaste2 jaar wat ons vir Myburgh 'n mooi eerste kudubul soek...
Hy het telke male vir my gesê enige bul is reg vir hom , maar ek wou graag hê hy moet een maal in sy lewe 'n mooi bul skiet. Ons het hierdie spesifieke dag net 'n draai gery en gekyk vir 'n vark of jakkals , sy sussie en ma was ook by. Met die son wat so by so onder was het ek vir hom gesê hy moet wakker staan vir 'n laatmiddag beer of jakkals...op die stadium was die .308 in sy hand....ek het staan en dink hoe bevoorreg ek is om saam my gesin in so 'n mooi wêreld te wees...ek moet erken ek was in 'n droomwêreld op hierdie oomblik en het op die horison gekyk hoe die son besig is om die kameelbome se toppe te lek en nou baie vinnig sak. Die volgende oomblik word ek wakker geruk uit my werklikheids droom met die woorde wat weergalm in my ore...alhoewel Myburgh sag maar ferm praat : '' Daar staan hy pa.''
Ek het saggies vir sy ma gesê om stil te hou...ek het gesien Myburgh druk die slot saggies maar vinnig toe en dadelik het hy gesak agter die geweer...ek kon nog nie sien wat hy sien nie en ek vra hom toe wat sien jy seun...met sy een oog reeds toe en die klein vingertjie wat voel voel aan die sneller sê hy vir my pa dis 'n mooi bul. Ek wou nog sê maak net seker toe klap die verdofde skoot uit die knaldemper en ek hoor die punt trek effe in die vlak af teen die waaiduintjie en toe die kenmerkede tref van die teiken en ek sien die witstert wat oor die kraal draad spring...Ek besef toe die afstand is effe verder as wat hy gewoonlik skiet...ek range die afstand en sien dis 190m....ek sê vir hom dit was effe verder as gewoonlik en dadelik stel hy my gerus en sê vir my toemaar pa ek kon sien dis vêr en het so effe opgemik. Die klap van die skoot het reg geklink en ons het so vyf minute gewag voor ons nader gery het. Myburgh het na die plek gegaan waar die bok gestaan het en ek kon sien sy aandag is op die grond , hy buk en tel 'n bloeddruppel op wat toegerol het in die sand en sê vir my dis deffinitief raak...
By die plek waar die bul oor die draad gespring het kon ek sien sy landmerke is nie reg nie...spore reeds wyd uit mekaar en 'n duidelike merk waar hy begin struikel het...maar geen bloed op die spoor nie....tagtig meter verder lê die grys lyf in 'n Trassiebos, en ek sien die perfekte dubbellongskoot, wel so 2 duim te hoog maar perfek skuins deur die borskas , en met my omkyk sien ek my ou maat wat reeds een hand uitsteek na my en my met opregtheid bedank en ek druk my seun vas teen my. Jammer vir die effe dowwe fotos , die lug was effe swak teen die tyd. Alhoewel ek weet ek hom dalk nie moes laat skiet het so laat in die middag nie, is ek tog trots om te sien dat hy kompenseer het in 'n kort tydjie vir die afstand en die skootplasing was perfek. Later die aand sê Myburgh vir my pa wat sou ons doen as dit 'n swak skoot was, waarop ek hom toe antwoord dat ons sy bok sou soek tot waar ons kon en die volgende oggend sou ons verder soek...ek kon sien hy dink lank oor die antwoord.
Groetnis