Page 1 of 1

Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Dec 26, 2017 9:28 pm
by Ben Remington
Hartlike goeie naand...

Soos die instelling die laaste paar jaar is gaan maak ek en die gesin altyd voor die einde van die jaar 'n draai in die Kalahari.

Ons het in die rooi sand gaan stilhou die middag so drie uur en die vorige nag het dit redelik verspreid oor die plaas tussen 9mm en 18mm gereën. Die veld was lekker skoon en ek het die volgende oggend saam met die boer gaan waters omry. So teen 11h30 het ek 'n lekker groot beer by die een kraal sien weghardloop...ek het sommer gesien hy het 'n lekker groot lyf en so teen 16h00 is ek trug na die kraal om sy spoor te vat...die veld was rustig en skoon met die beeste en steenbokke asook die springbokke wat in hulle element was na die paar lekker druppels. Na omtrent so 'n kilometer se stap het ek sy lêplek gekry waar hy gerus het op die hitte van die dag, die spoor was lekker vars en ek kon sien hy loop en wei nou en is op sy gemak. Na omtrent nog so 'n kwartuur het ek die swart lyf sien loop en toe gaan staan hy onder 'n jong kameelboompie om sy wang te skuur, teen die tyd was die skietstok al oop en ek het gewag dat hy dwars draai...die skietstok se een poot het in 'n meerkat gat in geglip net toe ek die skoot trek en ek kon sien dis raak....die beer het so effe weg gedraf en stil gestaan en ek kon sien my skoot was nie reg nie, hy draai toe om en op 'n stywe draf kom hy reguit na my toe , toe hy so 40m van my af was het ek hom 'n goeie skoot voor die bors geskiet en onmiddelik het hy simptome begin toon en hy het voluit begin hardloop en begin struikel....die skoot was mooi in die hart. Na so rukkie se stap het ek nog 'n mooi beer geskiet. Die laaste middag net voor sononder het Myburgh ook 'n baie mooi beer geskiet tussen die Driedorings. So het die einde van nog 'n lekker naweek aangebreek.

Groetnis

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Dec 26, 2017 9:29 pm
by Ben Remington
...

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Dec 26, 2017 9:31 pm
by Ben Remington
...

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Dec 26, 2017 9:32 pm
by Ben Remington
....

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Dec 26, 2017 9:32 pm
by Ben Remington
...

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Dec 26, 2017 9:43 pm
by Flip Nel
Mooi Man Dankie vir die deel

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Wed Dec 27, 2017 9:50 am
by dehacked
Baie mooi. Ek is sommer baie jaloers.

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Wed Dec 27, 2017 6:22 pm
by joe rocket
Lekkerte! Mooi otte daai!

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Thu Dec 28, 2017 7:45 am
by honda2
Lekker varkies daai! Uit interessantheid - wat maak julle met al die vleis as dit so warm is?

Sent from my SM-A510F using Tapatalk

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Thu Dec 28, 2017 8:57 pm
by Ben Remington
Honda2...

Goeie naand....in die sterk somer skiet ek varke tussen 04h30 en so 11h00 se kant...ek haal dadelik die pense uit en bêre die vark in die skaduwee van ñ bos of boom....en vat hulle dan koelkamer toe...dan skiet ons weer van so 16h00 af tot sterk skemer...tot so 19h30.

Groetnis

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Wed Jan 17, 2018 2:36 pm
by Bees
Dag dag! Hoop dit gaan goed! Ek het 'n vraag - ons ry bietjie Kalahari se rigting hierdie winter na Olifantshoek omgewing en ek het gewonder hoe lyk die veld en die diere tans? Vang die droogte die manne daar of sal mens kan redelike diere jag?

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Wed Jan 17, 2018 3:06 pm
by Ben Remington
Yes Bees...

Kyk jou pm

Re: Voorlaaste draai in Kalahari vir 2017.

Posted: Tue Feb 20, 2018 9:19 am
by .270 Man
Baie netjies Ben dit bly nou maar net lekker man.