Page 1 of 1

Raad oor masjiene

Posted: Sun Jan 21, 2018 8:47 pm
by Raakgeskiet
Naand sê

Ek het nou uiteindelik besluit om die jaar te begin messe maak.
Nou soek ek raad oor watter masjiene om te koop.
Ek wil graag een keer koop en klaar koop.
Die bekendste is, Herbst en Northwest knives & surplies. Wat ek nou kon sien.
Sal graag vil hoor wat julle dink.
Laaste vraag, is dit dalk beter om los masjiene te koop teenoor die kombenasie masjiene.
Groete

Re: Raad oor masjiene

Posted: Sun Jan 28, 2018 12:17 pm
by HennieL
Dagsê Raakgeskiet,

Nog 'n Bloemfonteiner ++>: ++>:

Enige van die twee "brands" sal baie goed werk.

Ek het self 'n Herbst "ultimate" model, en was nog nooit ontevrede met die gehalte van die masjien nie, en sal dit hoog aanbeveel - maar ek was al baie ontevrede oor die swak diens wat ek van hulle gekry het...

Die NW knives masjien is ook baie goed, en heelwat van my mesmaak maters het sulke majiene. Hulle diens is ook uitstekend. Ek hou net nie van die "grinding attachment" wat onder die skuur wiel inpas nie. Dit werk goed vir 'n beginner om sy eerste mes te maak, maar beperk mens in my opinie omdat jy nie alle mesvorms daarmee kan slyp nie, en mens nie leer om vryhand te slyp as jy dit gebruik nie - dus soos "training wheels" op 'n trapfiets...

Kom sluit aan by die Bloemfontein Mesmakersklub - daar sal jy goeie advies en raad van baie lede af kry, en kan jy dan self besluit wat die beste vir jou is.
Laaste vraag, is dit dalk beter om los masjiene te koop teenoor die kombenasie masjiene.
As jy die spasie het is dit BAIE beter om los masjiene te koop as een kombinasie masjien.