Snaakse bytplek???
Posted: Wed Sep 21, 2011 8:56 pm
Naand almal.
Die volgende foto is van 'n Afrino ooi wat 'n rooikat aanval oorleef het. Eers so bietjie ivm die kat. Hierdie einste rooikat het nou al 4 lammers van die begin van die jaar gevang. Hierdie ooi het ook geaborteer as 'n resultaat van die hele palava, dus kyk ons na 5 lammers en moontlik een ooi sou sy dit nie maak nie. Al die lammers is binne 100m van die plaas huis gevang. Die tweede laaste lam was 'n hanslam wat ons net vir een aand nie gekraal het nie en het binne 70m van die huis gesneuwel. Dieselfde aand het ek gaan roep naby die lam en na so 15min kom die kat in en sit en kyk vir my. Ek vat toe mooi dooie rus en skiet net so mooi mis
. En nou so paar maande later 'n ooi lam naby die huis, en hierdie ooi.
Dit is vir my opvallend dat die bytplek drie gate het aan die een kant van die keel. Die ander kant is oopgeskeur seker maar agv die ooi se gespartel. Ek reken die kat moes hervat het en dalk net een slagtand kon insink met een van die twee byte? Die wond is al so week of wat oud (het nie daaraan gedink om 'n foto te neem toe ek haar gekry het nie) en die gate het al rowe gevorm te danke aan behandeling. Verskoon maar die herkousel wat aan die ander kant van die keel uitkom, ek was die naweek laas op die plaas om dit skoon te maak. Hoe reken julle, is ek dalk verkeerd? Of is so bytplek meer algemeen as wat ek dink?