Page 1 of 1

6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:23 am
by vlakvarkbeer
Dagse ek wil graag hoor of dit moontlik is om n 6mm Musgrave te verander na n 243 toe

Ek hoor graag

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:31 am
by tripodmvr
Watter aksie is op die geweer? Lee of P14?

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:37 am
by vlakvarkbeer
P14 aksie

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 9:57 am
by Pappabeer
In kort nee.

Die kamer kan in teorie nog oorgesny word na n gedeelte van die ou kamer verwyder is. Enige voormalige .303 aksie se boltface is egter te groot vir die .243 dop.

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 10:00 am
by savage(P Coetzer)
Dis dalk nie wat jy wil hoor nie maar koop n blink nuwe howa.

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 10:15 am
by tripodmvr
My P14 aksie is verander na 7x64 en het werk aan die slotkop nodig gehad om die kleiner deursnee dop vas te hou soos 'n beheerde voer aksie moet doen. Die voer van die doppe sonder 'n rand is ook problematies. Ek gebruik nog die 303 se plaat in die magasyn en dit voer nie aldag te glad nie. As jy wel die 243 ombouing wil aanpak, kry 'n goeie geweersmid en maak dit 'n 243 Ackley van die begin af.

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 11:58 am
by vlakvarkbeer
Ek hoor julle ek is seker daar is geweersmids wat so iets kan doen ja maar as ek nie regkom nie sal ek hom verkoop en dan kyk na n 223 dis so bietjie goedkoper om mee te skiet.

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 12:16 pm
by vlakvarkbeer
Nog n vraag kan ek dan n mauser aksie wat van n 6.5x57 af kom gebruik of gaan dit nie werk nie

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 12:46 pm
by Flip Nel
vlakvarkbeer wrote:Nog n vraag kan ek dan n mauser aksie wat van n 6.5x57 af kom gebruik of gaan dit nie werk nie
Jip jy sal kan

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 1:43 pm
by tripodmvr
Gaan kyk na die dopdeursnee om te sien of dit sal pas in die slotkop. Google net die kaliber en dan kan jy na dopafmetings kyk.

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Sun Feb 18, 2018 3:30 pm
by vlakvarkbeer
Dankie sal bietjie kyk

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Fri Feb 23, 2018 6:55 pm
by Topcat
Sjoe heel maklikste is koop 243 howa soos gese is. Ek het en dit my onder R8000 rand gekos. Ombouing gaan jou ook baie geld kos en jy het net een geweer. As jy nuwe een koop het jy nie net 2 gewere nie, maar n nuwe een ook. Of verkoop 6mm en koop howa. Gaan jou minder kos as ombouing en minder frustrasies....

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Fri Feb 23, 2018 8:59 pm
by Ds J
Bêre jou aksie vir n kaliber wat dit verdien.

Ombuings en selfs loopvervangings is duurder as n nuwe geweer.

Koop n ander geweer in 'n standaard kaliber.

Re: 6mm Musgrave verander na 243

Posted: Thu Jul 26, 2018 6:22 pm
by vlakvarkbeer
Dankie manne jammer eks so bietjie laat.

Dankie Andre