Page 1 of 1
Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:19 am
by Swede
Wie het ondervinding met die bogenoemde broadheads en wat is die ervaring met hulle?
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:24 am
by Wildjagter
More Swede. Ek het vir lank met hulle geskiet en het geen klagtes nie. Uitstekende wondkanaal en bloedspore gehad (mits skootplasing reg was natuurlik). Groot diameter van snyoppervlakte help dat as mens n marginale skoot skiet, mens moontlik nog jou bok sal optel agv die skade wat gemaak word. Vir wat wil jy dit gebruik of na aanleiding van wat is jou vraag?
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:35 am
by jdpretorius
Swede bly eerder weg van die met aluminium shaft en gaan vir die met die staal shaft. 'n friend van my het laas jaar 'n aluminium shaft op 'n koedoe gebreek en die punt het glad nie penetreer nie. So kyk dalk eerder die Rage Hypodermic
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:36 am
by Swede
Ek het drie saam die boog gekry wat ek gekoop asook 'n oefing punt. Hulle het die o-ring op. As ek meer vertroud is met die boog en genoeg geofen het wil ek graag 'n kudu koei jag. Ek het ook drie NAP nitro broadheads ook gekry.
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:39 am
by Swede
jdpretorius wrote:Swede bly eerder weg van die met aluminium shaft en gaan vir die met die staal shaft. 'n friend van my het laas jaar 'n aluminium shaft op 'n koedoe gebreek en die punt het glad nie penetreer nie. So kyk dalk eerder die Rage Hypodermic
Dus hoekom ek vra, het teenstrydig opinies gelees van mechanicals, van die manne sweer by hulle ander se hou by 'n fixed broadhead.
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:41 am
by Geno
Gooi hulle!
Ek het 2017 seisoen oorgegaan na hulle toe en is tevrede sover.
Hier het ek, my pel, en sy twee dogters met hulle geskiet.
Hulle met die gewone Rage, en ek met Hypodermic.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=61&t=61029
Groete
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:42 am
by Wildjagter
Hul sal heel voldoende werk op n koedoekoei. Ek het met die eerste Rage wat uitgekom het gejag en het nog nie kans gekry om die nuwe's (hypodermic ens.) te toets nie. Maar hulle het meer as voldoende vir my gewerk op alles tot en met BWbees. Ongelukkig nie met hulle iets groter as dit gejag nie
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 10:51 am
by jdpretorius
Jy kry dees dae vir die Rage 'n "shock collar" wat baie beter werk as die simpel o-ring van ouer modelle, maar weet nie of hulle sal pas op die ou modelle nie. Die o-ring het net BAIE maklik af gekom, soms sommer in mid-flight
As jy dalk eerder die shock collar wil probeer dan bel sommer 'n bekende boog winkel en hoor of hulle sal pas
Net by se van die een wat af gebreek het.... hy het been getref
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 11:52 am
by Hugo
My opinie oor Rage is uit persoonlikke ervaring na ek 27 uit 27 bokke met gewone Rage plat geskiet het:
Zebra
Rooibok
Blesbok
Wildebees
Vlakvark
Wildboar
Gemsbok
Toe Rage uitgekom het was dit die beste, toe kom die Hypdermic uit nou is dit die beste, toe die shock collars nou is dit die beste...
Ekt daai bokke net so dood geskiet daai tyd met n Reflex Gamegetter boog wat skaars 220fps geskiet het met n 4 blade muzzy vooraan as wat ek die bokke met my Monster/Switchback/Carbon Matrix/Destroyer en n Rage geskiet het.
Kort en lank, die Rage werk, as hy nou Aliminium of staal ferrule het, hulle werk, as jy hom in n muur vas skiet gaan hy breek...
Re: Rage mechanicals
Posted: Tue Feb 27, 2018 9:04 pm
by Melckman
Ek het persoonlik bietjie gesukkel met penetrasie met die Rage. Nooit bokke verloor nie, maar skiet nou al ‘n geruime tyd eerder met rear deployment mechanicals en vind hulle meer betroubaar - veral met stywer quartering skote.
Re: Rage mechanicals
Posted: Wed Feb 28, 2018 7:10 am
by Hugo
Melcman
Hoe bedoel jy penetrasie was te min?
Re: Rage mechanicals
Posted: Wed Feb 28, 2018 9:04 am
by Swede
Dankie vir al die insette.
Re: Rage mechanicals
Posted: Wed Feb 28, 2018 8:17 pm
by Melckman
Hi Hugo
Ek het ‘n paar keer gevind dat die pyl net omtrent 20cm - 30cm penetreer en nie altyd mooi deur albei longe trek nie. Veral op kwaai quartering-skote soos ek noem. Die pyl het agv daarvan gewoontelik afgebreek ook.
Ek het maar ‘n vermoede dat die langer lemme wel ‘n groter wondkanaal sny, maar ook meer sleur het, wat die penetrasie vertraag het. My boog is nie vreeslik vinnig nie (ek skiet ‘n 415gr-pyl teen 276vps) so ek kort seker maar daai ekstra energie om die sleur te oorkom. Ek het toe oorgeskakel na Spitfires en het sedertdien nie weer verander nie. Boonop het ek ‘n paar Spitfires al drie keer op kleinwild hergebruik, waar my ervaring met die Rage was dat die lemmetjies maar poegaai is na elke skoot. Soos ek se: ek het nooit wild verloor met die Rage nie, ek sal net nie maklik weer iets anders gebruik as ‘n drie-lem nie. Ek offer baie eerder die groter wondkanaal op vir dieper penetrasie.
Re: Rage mechanicals
Posted: Wed Feb 28, 2018 9:30 pm
by Smit@50
Ek het ook met rage punt geskiet . Geen klagtes nie het 120 gr geskiet pyl gewig was net so oor 500 gr en het met Mathews monster geskiet. Ek het twee Elande met die Punte geskiet. Nee jy kan nie verkeerd gaan nie. Het boog jag gelos omrede ek sukkel Om sight pin te sien. Mis dit baie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Rage mechanicals
Posted: Thu Mar 01, 2018 7:42 am
by jdpretorius
Melckman wrote:Hi Hugo
Ek het ‘n paar keer gevind dat die pyl net omtrent 20cm - 30cm penetreer en nie altyd mooi deur albei longe trek nie. Veral op kwaai quartering-skote soos ek noem. Die pyl het agv daarvan gewoontelik afgebreek ook.
Ek het maar ‘n vermoede dat die langer lemme wel ‘n groter wondkanaal sny, maar ook meer sleur het, wat die penetrasie vertraag het. My boog is nie vreeslik vinnig nie (ek skiet ‘n 415gr-pyl teen 276vps) so ek kort seker maar daai ekstra energie om die sleur te oorkom. Ek het toe oorgeskakel na Spitfires en het sedertdien nie weer verander nie. Boonop het ek ‘n paar Spitfires al drie keer op kleinwild hergebruik, waar my ervaring met die Rage was dat die lemmetjies maar poegaai is na elke skoot. Soos ek se: ek het nooit wild verloor met die Rage nie, ek sal net nie maklik weer iets anders gebruik as ‘n drie-lem nie. Ek offer baie eerder die groter wondkanaal op vir dieper penetrasie.
Melckman, het jy nie dalk been ketref nie ?, dit sal hom soms ook breek
My vrou het met haar 43 pond bogie en (ou tipe) Rage punte 'n plank dwars skoot deur 'n oom Blespok geskiet op 18 tree
Gewoonlik trap die dier ook die pyl uit met die agter poot (as hy nie deur is nie) en mits hy hom kan bykom. Dit breek ook die pyl.
Ons moet nie die krag van 'n book onderskat nie. 'n hele paar jaar terug was daar 'n artikel van 'n vrou wat 'n Eland suksesvol ge-oes het met 'n bogie wat op 45 pond gestel was, dit het nou wel nie gese wat haar trek lengte was nie maar as ek sou raai dit was so 28"
Net so vir interesantheid ... hierdie is wat 'n Shuttle T-Locks doen met 'n rooibok op 40 yards in 70 pond boog. Die pyl het nog steeds die hart penetreer. .... dit was iemand anders se gewonde bok wat ons moes plat kry