Page 1 of 1
Punte vir .308 musgrave
Posted: Tue Feb 27, 2018 12:19 pm
by Koggelbeer
Middag wil graag hoor watse punte en gewig punte sal jule aanbeveel skiet ek in my .308 musgrave met n 1:14 twist vir teiken en jag?
Skiet huidiglik 150gr Sierra pro hunters.
Kamer is ook kort max tpl is 69mm
Dankie
Sent from my SM-A720F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Tue Feb 27, 2018 12:32 pm
by Krobb
Met so stadige twist sal ek sê meer na die ligte kant toe.(korter koeëls)
Hoe groepeer jou huidige 150greiners?
Hoe ver wil jy skiet?
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Tue Feb 27, 2018 1:30 pm
by Fanta300
Manne skiet bisley tot op 900m met 155gr in daai twist. Werk uitstekend
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Tue Feb 27, 2018 1:51 pm
by Ratel
Ek gebruik daai 150gr Pro hunters vir jag en hulle werk gaaf. Vir baan sou ek se probeer 155gr Nosler custom competitions.
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Tue Feb 27, 2018 3:57 pm
by Apie
Ratel wrote:Ek gebruik daai 150gr Pro hunters vir jag en hulle werk gaaf. Vir baan sou ek se probeer 155gr Nosler custom competitions.
Yes.
155 Scenars werk nie lekker op daai twist nie.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Tue Feb 27, 2018 11:19 pm
by Johann Marais
Ek het ook ñ 1:14 twist. Beste groepering wat ek kry is met punte in die omgewing van 1.1" Alhowel dit ñ swak BC het kry ek die beste resultate vanan 135gr SMK (lengte 1.03") . Die 155gr punte van SMK en Lapua is te lank vir m geweer. Snaak, ek het op die laaste PMP groeperings kompetisie waaraan ek deel geneem het ñ 11.6mm groep geskiet met 168gr punte. Hulle is 1.12" lank.
Jy kan gaan bepaal wat is jou loop se optimale lengte punt kyk hier
http://www.bergerbullets.com/twist-rate-calculator/ dan kan jy kyk watter punt het ongeveer daai lengte by
http://www.shootforum.com/forum/bulletdb.html
Hoop jy kom reg.
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Wed Feb 28, 2018 3:20 pm
by Koggelbeer
Baie dankie vir die terug voer, as ek op die twist calculator kyk lyk dit my hy soek ook die 135gr SMK
Sent from my SM-A720F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Thu Mar 01, 2018 6:35 am
by Apie
155 Nosler CC werk op daai twist soos die manne hierbo genoem het
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Sat Mar 06, 2021 5:16 pm
by thys308
Hi is daar iemand wat my ñ lading kan gee vir 155 A-max met S335 of S321 vir my Musgrave 308 pkankie
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Sat Mar 06, 2021 5:48 pm
by tripodmvr
Gaan loer by
https://www.somchemreload.com. As hulle nie jou koeël gebruik het nie, kies dan een wat swaarder is en gebruik sy begin data. Wanneer jy geskiet en spoed het kan Quick Load jou help om die optimum lading te kry.
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Sat Mar 06, 2021 6:44 pm
by thys308
Dankie tripot ,ek soek somer ñ bestaande lading wnt ek nie nou baie tyd om ladings te gn skiet nie. Soek net goeie begin dat net open af kan kyk wat werk. Ek wil nie boks punt gn uitsiek om goeie lading te kry nie.
Sent from my SM-A505F using Tapatalk
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Sat Mar 06, 2021 9:36 pm
by tripodmvr
QL het nie duisende skote nodig nie. Skiet 3 skote elk van lae en gemiddelde lading en meet spoed. Vandaar bereken ons die node en toets daardie lading met nog 3 skote. As dit werk kan 9 skote moontlik genoeg wees vir jagdoeleindes.
Jy is al lank op die forum, so jy behoort te weet wat ons al met QL vermag het.
Re: Punte vir .308 musgrave
Posted: Sat Mar 06, 2021 9:42 pm
by tripodmvr
Hier het ek vanoggend geskiet en na 6 skote met die Krieke het ek klaar 'n lading wat werk. Ek kan nou die berekende 25,2gr gaan toets of bly by 25gr.
Hierdie dryfmiddel sal ook goed in die 308 werk.
viewtopic.php?f=75&t=81056