Page 1 of 4
Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 3:53 pm
by Langeraat
Is daar dalk iemand wat ervaring het van realistiese brandstof verbruik spesifiek op die Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto (D/C) konfigurasie. Ek sal enige insette waardeer, dankie.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 3:56 pm
by Geno
Geen idee van die auto nie.
My handrat 4x4 2.4 DC met bumper replacement voor, agter, tralies en snorkel gee 9.2km/l as ek dorp, snelweg en offroad gemeng ry.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 5:11 pm
by Nico Harris
Die auto wat toyota my nou die dag geleen het, het 13km/l gege op teerpad.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 5:50 pm
by Geno
Die 2.4 gee maklik 13km/l ja. Maar begin hom kit dan eet elke stukkie toebehore die diesel...
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 6:17 pm
by Nico Harris
Ja het dit ook op my cruiser gesien.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 6:24 pm
by DWB
En moenie groter bande opsit nie. Dit kou die 2.4
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 8:20 pm
by Langeraat
Geno, ja ek verstaan die handrat is oor die algemeen lekker lig op sous maar die ekstras knaag maar wel aan die verbruik, veral die tralies en die groter bande wat DWB genoem het. Ek het gelukkig nog nie sulke planne nie.
Nico, daai verbruik is insiggewend al is dit op die ooppad. Dit is die eerste werklike inset wat ek tot dusver kon opspoor vir die verbruik van die 2.4 auto. Van wat ek sover kon kry, lyk dit asof die 2.8 Auto aan die swaar kant kan wees en dit maak my wonder oor die 2.4 auto.
Dankie vir die insette menere. Lyk my die inligting oor die 2.4 auto is nog maar skraps. As daar nog iemand is wat kan aanvul sal ek bly wees.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Mon Mar 12, 2018 10:54 pm
by jankraay
Langeraat wrote:Geno, ja ek verstaan die handrat is oor die algemeen lekker lig op sous maar die ekstras knaag maar wel aan die verbruik, veral die tralies en die groter bande wat DWB genoem het. Ek het gelukkig nog nie sulke planne nie.
Nico, daai verbruik is insiggewend al is dit op die ooppad. Dit is die eerste werklike inset wat ek tot dusver kon opspoor vir die verbruik van die 2.4 auto. Van wat ek sover kon kry, lyk dit asof die 2.8 Auto aan die swaar kant kan wees en dit maak my wonder oor die 2.4 auto.
Dankie vir die insette menere. Lyk my die inligting oor die 2.4 auto is nog maar skraps. As daar nog iemand is wat kan aanvul sal ek bly wees.
Ek het n 2.8 Ekstra Cab 4x4 handrat met alle snaakse goed op...hy is blerrie swaar op sous. My vrou het. 2.8 Auto Fortuner en hy gee gemaklik tussen 11.5-13km/lt(11.5 op so 140km/h en 13 op so 120km/h GPS spoed)
Ek het so 2 weke terug n 2.4 S/cab handrat gekry vir die dag en hy het my vreeslik verbaas. Het oor die 12km/lt gerky en ek het op pad terug van Germiston af n ton se Blasting media ook op gehad.
Die 2.4 klop die 2.8 los hande met brandstof verbruik en ek kan net meer van die 2.4 Auto verwag.
Hoop dit help
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 8:51 am
by Chevvy SS
Iets waarvan 'n mens kennis moet neem is dat verskillende voertuie se ritmeters en spoedmeters (baie) meer optimisties is as ander.
Ek het al 'n paar keer gesien dat een van die nuwer modelle 195km/h op die spoedmeter wys terwyl die werklik topspoed 179 is. Dieselfde geld vir ritmeters wat tot 10% uit is.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 10:33 am
by Langeraat
Dankie vir jou inset Jan, dit help wel. Dit strook in die bree met die inligting wat ek kon kry oor die 2.4 en 2.8 en ek deel jou verwagting van die 2.4 Auto. Ek het maar net gehoop ek kon eerstehandse syfers kry ter bevestiging by iemand wat hom al 'n ruk gery het in die verskillende omstandighede.
Chevvy, jy is reg, mens moet die manier van meting in gedagte hou.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 10:35 am
by Apie
Ek ry die 2.4 dc 4x4 handrat met kappie nou so 64000km
Langtermyn gemiddeld so 11km/l
Ek ry maar gewoonlik bietjie nader aan 145 as aan 125 se kant.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 1:56 pm
by Langeraat
Dankie Apie, daai is goeie verbruik. Ek sal tevrede wees as ek dit kan kry.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 2:07 pm
by Riebeeker
As jou vraag gaan of jy die 2.4 of die 2.8 moet koop is my antwoord beslis die 2.4. Slegs 20kW en 20Nm verskil tussen die twee. Die 2.4 wen die 2.8 op brandstofverbruik en prys (amper R100K). Myns insiens is die koop van die reeks die 2.4 4x4 Auto hetsy die Hilux of Fortuner. Goeie artikel in die Car magazine van Desember 2017.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 2:19 pm
by JuanVE
Ek ry die 2.4 D/Cab handrat met 'n kappie. Kry gemaklik 12 plus km/l indien jy 125 ry. Dis 120 op my GPS.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 2:45 pm
by savage(P Coetzer)
Ekt vir my vrou die 2,4 fortuner gekoop. Hys regtig lig op diesel, het een dag na n veldskiet op Volksrust na 5 die middag weg getrek en 10uur die aand toe maak ek weer vol in PBurg. Het lang ente 150kmh gery en later in die donker so 120kmh en ek het 12.1km/l gekry. Wat ek nie van die nuwe fortuner en hiluxe hou nie is die ongelooflike radios. En leer bekleedsel in die 2.4 fortuners en bakkies sou welkom wees
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 6:35 pm
by Langeraat
Riebeeker wrote:As jou vraag gaan of jy die 2.4 of die 2.8 moet koop is my antwoord beslis die 2.4. Slegs 20kW en 20Nm verskil tussen die twee. Die 2.4 wen die 2.8 op brandstofverbruik en prys (amper R100K). Myns insiens is dieDe reeks die 2.4 4x4 Auto hetsy die Hilux of Fortuner. Goeie artikel in die Car magazine van Desember 2017.
Riebeeker, die begroting (of eerder die gebrek daaraan) dikteer die 2.4...

Ek dink egter ook dit is beter waarde vir geld en ek deel ook jou opinie oor die 2.4 4x4 in Auto. Ek sal bietjie gaan kyk of ek die artikel kan opspoor. Dankie.
JuanVE wrote:Ek ry die 2.4 D/Cab handrat met 'n kappie. Kry gemaklik 12 plus km/l indien jy 125 ry. Dis 120 op my GPS.
Dit is baie goed, ek hoop die Auto gaan ook naby dit kan kom.
savage(P Coetzer) wrote:Ekt vir my vrou die 2,4 fortuner gekoop. Hys regtig lig op diesel, het een dag na n veldskiet op Volksrust na 5 die middag weg getrek en 10uur die aand toe maak ek weer vol in PBurg. Het lang ente 150kmh gery en later in die donker so 120kmh en ek het 12.1km/l gekry. Wat ek nie van die nuwe fortuner en hiluxe hou nie is die ongelooflike radios. En leer bekleedsel in die 2.4 fortuners en bakkies sou welkom wees
Savage, dit is weereens baie goed. Ek neem aan dit was ook met die handrat?
Dankie vir al die insette.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 6:37 pm
by Kallie404
Apie wrote:Ek ry die 2.4 dc 4x4 handrat met kappie nou so 64000km
Langtermyn gemiddeld so 11km/l
Ek ry maar gewoonlik bietjie nader aan 145 as aan 125 se kant.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Ek sluit aan by Apie. My vrou ry ook 2.4 DC handrat met kappie op en sy kry ook gemiddeld by die 11km/L. Het so week terug n maat se 2.8 Auto gery en sal nie ons 2.4 hand rat veruil vir die 2.8 nie.....................
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Tue Mar 13, 2018 6:45 pm
by savage(P Coetzer)
Jip dis die handrat Langeraat. Daai engine en handrat is n lieflike combo
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 6:10 am
by Apie
Kallie404 wrote:Apie wrote:Ek ry die 2.4 dc 4x4 handrat met kappie nou so 64000km
Langtermyn gemiddeld so 11km/l
Ek ry maar gewoonlik bietjie nader aan 145 as aan 125 se kant.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Ek sluit aan by Apie. My vrou ry ook 2.4 DC handrat met kappie op en sy kry ook gemiddeld by die 11km/L. Het so week terug n maat se 2.8 Auto gery en sal nie ons 2.4 hand rat veruil vir die 2.8 nie.....................
Gister vanaf Ottosdal na Piet Retief
50/50 snelweg/distrikspaaie 12.2km/l gekry.
Ek dink die Auto sal dalk so .5 swaarder as die handrat wees.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 6:48 am
by Basjan123
Riebeeker wrote:As jou vraag gaan of jy die 2.4 of die 2.8 moet koop is my antwoord beslis die 2.4. Slegs 20kW en 20Nm verskil tussen die twee. Die 2.4 wen die 2.8 op brandstofverbruik en prys (amper R100K). Myns insiens is die koop van die reeks die 2.4 4x4 Auto hetsy die Hilux of Fortuner. Goeie artikel in die Car magazine van Desember 2017.
Sjoe dit is n goeie waarneming, hoe vergelyk die spec tussen die 2 top modelle. Ek het ook daai groot jeuk gekry maar met 'n dogter op Potch het daai jeuk gou in 'n gebrand verander !!

Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 8:08 am
by Langeraat
Apie wrote:... Ek dink die Auto sal dalk so .5 swaarder as die handrat wees.
Dit is ook my verwagting en hoop, Apie...
Dankie vir almal se bydraes. Ek moet se alles lyk positief en julle manne het my nou derhalwe diep in die versoeking gebring...

Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 8:26 am
by Wouter Roets
Riebeeker wrote:As jou vraag gaan of jy die 2.4 of die 2.8 moet koop is my antwoord beslis die 2.4. Slegs 20kW en 20Nm verskil tussen die twee. Die 2.4 wen die 2.8 op brandstofverbruik en prys (amper R100K). Myns insiens is die koop van die reeks die 2.4 4x4 Auto hetsy die Hilux of Fortuner. Goeie artikel in die Car magazine van Desember 2017.
More Manne
Hierdie is interessant om te lees, want, hierdie is basies dieselfde geval as n mens na die Ford Ranger modelle kyk. Die kleinboet skop die ouboet se gat.
Groetnis
Wouter
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 8:57 am
by Geno
Jy sal nie spyt wees nie.
Soos ek gesĂȘ het, pasop maar net vir swaar laai. Dit kou die diesel.
Ek het met my jag rak 7.8km/l gekry toe ek een week gejag het. Dis egter steeds beter as wat ek met die Cruiser gekry het, so ek is tevrede.
4 persone met gewere, boogtasse en bagasie.
Ek het ook gery om te kom waar ek wou wees. 120-140km/h.
Bloemfontein- Thabazimbi - Virginia- Pretoria- Bloemfontein en jagkilos op die plase.
20170817_125702.jpg
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 9:13 am
by Wouter Roets
Hemel Geno,
Met daai neus sou ek dink daai wa kloof deur die lug! Ek dink nie eers my mes is so skerp nie.
Re: Hilux 2.4 GD-6 4x4 Auto brandstof verbruik
Posted: Thu Mar 15, 2018 9:20 am
by Geno
Ek het ook so gedink Wout, maar dis toe nie die geval nie. Die nuwe Dakar lyk darm of hy by Dr. Rey 'n draai gemaak het.