Page 1 of 1

katte roep

Posted: Tue Sep 27, 2011 5:03 pm
by cassie_calvinia
wat is die beste geluide om katte te roep? en hoe verskil die roep patrono van jakkals jag. waar kry ek geluide vir karoo jag vir die foxpro

Re: katte roep

Posted: Tue Sep 27, 2011 5:51 pm
by MEERKAT
Cassie

Probeer Taffie se nuutste cd in die hande kry , kliphasie is daarop en jy sal nie weer 'n klank  koop vir katte.
Die ander snitte kan jy verskillende tye van die jaar gebruik vir swartstrepe.

Mooi loop
MEERKAT

Re: katte roep

Posted: Wed Nov 16, 2011 9:12 pm
by jeep
meerkat
jy is reg met daai een jy het my mos gese hy werk
ek moes noudie aand keer of kieter kat kom sit langs my op die stoel
groete jeep

Re: katte roep

Posted: Fri Nov 18, 2011 8:05 am
by Frikjordaan
Taffie,

Hoe kan ek reel om jou nuwe CD met die regte kat klanke te koop?

En dan is daar nog die probleem om dit op die Foxpro Spitfire gelaai te kry.

Louis kan jy nie dalk help nie?

Baie  dankie
Frik

Re: katte roep

Posted: Fri Nov 18, 2011 8:33 am
by Louis102
Hallo Oom Frik

Ek het nog 2 Tafjak CD's beskikbaar, sou Oom dalk belangstel.  Kan dit volgende week by Wimpy - Carley Motors afgee.

Louis

Re: katte roep

Posted: Fri Nov 18, 2011 10:55 am
by tafjak
Dankie Louis

Oom Frik, die CD is klaar in mp3 formaat en kan net so oorgelaai word. Oom moenie al die katte skiet nie, net genoeg dat om hulle van uitwissing te red! :D

Mooiloop

Re: katte roep

Posted: Fri Nov 18, 2011 12:55 pm
by Louis102
tafjak wrote: Oom Frik, die CD is klaar in mp3 formaat en kan net so oorgelaai word. Oom moenie al die katte skiet nie, net genoeg dat om hulle van uitwissing te red! :D
Reg so Taffie, ek moet maar weer so 10 van jou CD's in die hande kry, het gereeld navrae.  Amper uit voorraad uit.  Miskien kan jy Desember kom kuier en dit sommer saambring?  Ter selfder tyd kan ons sommer 'n paar rooies omdop ook?

Oom Frik, jammer, ek is nie op hoogte van die Spitfire (ek is 'n Fury gebruiker) se oplaai en aflaai nie, maar kan my nie indink dat dit te moeilik kan wees nie?  As ons in Karasburg kan ontmoet, kan ek dit vir jou probeer doen.

So "by the way", 'n fluitjie behoort ook baie lekker vir die katte te werk op Oom se tipe terrein.  'n Rooikat vrek oor 'n fluitjie wat mooi geblaas word.  Suiwder klanke as 'n fluitjie, sal Oom nie kry nie, alhoewel Taffie se klanke seker van die suiwerste is wat ek al op roep-CD's gehoor het.

Groetnis
Louis

Ns.  Ek praat van "Wimpie" (weet nie van 'n "Wimpy" op Karasburg nie) in my vorige post.

Re: katte roep

Posted: Sat Nov 19, 2011 5:32 am
by cassie_calvinia
louis, 'n mens copy-paste sommer die files na die psitfire toe.

Re: katte roep

Posted: Fri Dec 30, 2011 10:49 pm
by johann
Naand manne,
Ek sal graag tafjak cd's in die hande wil kry, ek kom baie in bloemfontein, maar sien nie di cd's in die winkels nie, as iemand my dalk kan help??

Groete johann

Re: katte roep

Posted: Sat Dec 31, 2011 10:28 am
by tafjak
johann


041-9229858 en praat met Judy of Annerie.

Mooiloop

Re: katte roep

Posted: Sat Dec 31, 2011 2:43 pm
by Onskulligejakkals
Aan die kat kenners.

Ons is baie gelukkig dat die jakkalse besef skape is nie hulle kos nie maar ek kon nog nie daai ooreenkoms met die rooikatte bereik nie. Ek sal egter nie graag net wil skiet omdat ek alle rooikatte haat nie , my vraag is of iemand al  n lammetjie wat "ek soek my ma" bler op n  foxpro gelaai en  probeer het ,want as n kat kom kyk na wat bler is daai kat n dooie kat. Of dan n jakkals wat nie ons ooreenkoms na kom nie.

Ek lees graag
Oj

Re: katte roep

Posted: Sat Dec 31, 2011 6:01 pm
by tafjak
OJ(is jy nogsteeds uit op parool?)

Distresklanke is distresklanke en katte en jakkalse sal kom kyk.

Re: katte roep

Posted: Sat Dec 31, 2011 6:44 pm
by johann
Dankie tafjak, sal so na die besige tyd n luitjie gee

Re: katte roep

Posted: Sat Dec 31, 2011 7:39 pm
by Onskulligejakkals
Tafjak
Ja ek loop nogsteeds rond..