Page 1 of 1
Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Tue Mar 27, 2018 11:18 am
by BJ Welgemoed
Goeie dag
Ek is opsoek na 'n Miniature Dobermann Pincher hondjie, weet julle dalk wie ek kan kontak vir so 'n hondjie?
Groete
Bennie
Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Tue Mar 27, 2018 1:08 pm
by Penkop
Skuus BJ, maar ek sien dis onder jaghonde geplaas?
Is daai brakkies goed vir enigiets anders behalwe stoep skyt?
Ek vra bloot uit onkunde..
Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Tue Mar 27, 2018 1:12 pm
by Xplicitly
Penkop wrote:Skuus BJ, maar ek sien dis onder jaghonde geplaas?
Is daai brakkies goed vir enigiets anders behalwe stoep skyt?
Ek vra bloot uit onkunde..
:spitcoffee....
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Tue Mar 27, 2018 1:24 pm
by BJ Welgemoed
My vrou soek een en dis maar 'n moeilike een om in die hande te kry.
Dit wat ek al gehoor het is dat die hondjies al menigde groot honde doodgemaak het, sit glo in hulle keel vas
Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Tue Mar 27, 2018 3:08 pm
by FHM
BJ Welgemoed wrote:My vrou soek een en dis maar 'n moeilike een om in die hande te kry.
Dit wat ek al gehoor het is dat die hondjies al menigde groot honde doodgemaak het, sit glo in hulle keel vas
Skerp !

Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Wed Mar 28, 2018 9:12 am
by katjak
My dogter het so n hondjie. Eendag kuier haar ouma daar en toe die hondjie om die hoek kom kyk sy hom so en vra toe "met hoeveel batterytjies werk die hondjie"
Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Wed Mar 28, 2018 11:21 am
by JacoJ
Hi ek weet van iemand in reitz wat hulle teel. My vrou het ook enetjie gehad maar gelukkig het hy nie in my pointer se keel vas gesit nie
Kontak Ryno Viljoen +27 79 306 5564
Dit was nogal n oulike brak gewees. Die eerste een van hulle wat ek gesien het wat nogal rotte en meerkatte gejag het!
Sent from my SM-A320F using Tapatalk
Re: Opsoek na Miniature Dobermann Pincher
Posted: Wed Mar 28, 2018 10:41 pm
by Meteor
Ek het die ander dag by die buurvrou gaan kuier toe haar een by die hek kom staan en begin blaf. Nou ek is n rustige man wat hou van sag praat maar die hond het net nie opgehou blaf nie. Ek raak toe die #### in en steek my hand in vir die hond en se "kry nou klaar". Hy het eers begin aan die onderkant en toe sien ek maar die ou verander nou sy grip en begin met n sker-aksie n gedeelte vleis afkry. Ek moes toe my hand optel en die ding afskud terwyl die medium Doberman pincher my in die oog kyk en opeet. Ek is nou in vrees vir die dier en hy kom al tot in my jaard om my op te size. Ek is natuurlik nie vir die hond self bang maar vrees ek gaan hom dalk dood skop as hy weer dit probeer. Dit is net dat ek jammer vir die tannie, wat so aleen bly, is dat ek dit nie doen nie.
Aan die ander kant het ek een geleen by my suusie en die hond is so bang vir alles dat hy van binne af alles gehoor het en almal wakker geblaf het laaaaank voor my wolfhound of steffie eers wakker geskrik het. Ek like nou eweskielik die een nogal baie.