Page 1 of 1
Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 5:14 pm
by Blink Stefaans
Dagse Manne
Kan iemand dalk vir my se wat is die basiese toerusting wat ek sou benodig as ek wil gaan ongediertes skiet
Ek praat van "bare bones" nie die beste op die mark goeters nie net noodsaaklikhede.
Roer sal uitgesort wees sodra ek my kaartjie kry
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 5:50 pm
by Jaktrap
Fluitjie en baie kennis oor jou prooi.
My 2c
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 6:30 pm
by SakoTrippel2
Eks geen Pro nie maar hier gaan hy..
n Ordentelike skiet setup is NB, bedoelende n skiet raamwerk of stoel wat goed funksioneer en 360 grade kan draai. Moenie soos ek maak in my jonger dae en bipod oor die dak metode doen nie dit kos jou as hulle begin sirkels maak en jy moet ala veldskiet posisie oor die tralies of klap skiet..ja ek het dit regtig gedoen en kry skaam om oor te vertel maar gelukkig net op ons eie grond so angejaag.
Ek het Bietjie meer wys geword met tyd en uit my foute geleer. n Goeie lig is ook NB..as jy nie kan sien en ID nie kan jy nie skiet nie PUNT. Hier by kan ek ook voeg dat n goeie kwalitiet scope netso belangrik is.
Wat roeptoerusting betref is n fluit die goedkoopste wat mens gaan wegkom..maar hy vat baie oefening.
FoxPro Intree vlak roepers is al by die R3000 rond indien nie meer nie.
En dan natuurlik soos jaktrap hierbo noem... kennis oor jou prooi. Lees bietjie hier op die forum rond, ekt regtig baie geleer van net lees. Kry dalk n kenner in jou area wat bereid is om te help en laat die man jou bietjie help met net die basics. Goed soos Wind verstaan en vermy dooie grond, moenie oor-roep nie, basiese moets en moenies en so kan ek aangaan..
Ek glo die meer gesoute manne sal ook kom advies gee..
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 6:40 pm
by cassie_calvinia
Gee my 100k dan gee ek jou als wat jy nodig het. bakkie ingesluit
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 6:54 pm
by Geno
- 'n betroubare bakkie wat jou enige plek op 'n plaas sal uitkry. Donker kleure is beter.
- 'n Skietstoel waarmee jy 'n 6" x12" gong 9 uit 10 keer onder druk kan raakskiet op 300m.
- 'n Geweer wat ten minste 3300fps kan skiet met die koeel van jou keuse. Vinniger is beter.
- 'n Teleskoop wat jou in staat stel om in die nag met 'n lig kan onderskei op 300m tussen 'n rooijakkals, steenbok, duiker, groukat, draaijakkals, maanhaar ens.
- 'n Roeper wat ten minste 60m van jou af kan opvang en ten minste 24 klanke kan vat.
- 'n 170 of 240 Lightforce geweergemonteerde lig.
- 'n 140 of 170 handlig
- 'n Oop riet mondfluit
- Geduld en hope daarvan.
Dis my absolute minimum.
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 7:01 pm
by Blink Stefaans
Dankie vir die offer Cassie....ek gaan daai een n skip gee
Ek het n vriend in die US. Kan dalk vir my die goed aanskaf en pos. So ek gaan virseker n elektroniese roeper kry.
Is daar eniges wat van weg gebly moet word??
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 7:46 pm
by Heinz Petersen
As jy alles vat wat Cassie het, is dit n winskopie. Sodra jy begin om jou goedjies bymekaar te kry, maak aantekeninge van wat en die kostes wat jy aangaan tot jy het wat jy nodig gaan kry.
Ek stel voor jy gaan heel eerste op n jakkals kursus. Dan probeer jy saam met iemand uitgaan wat WEET.
Dan kan jy sien en leer wat jy gaan nodig hê.
As daar n kortpad was, het die hoofpad daar geloop
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 8:00 pm
by Krobb
Wat se teleskoop vergroting het jy nodig om tussen die verskillende jakkalse katte en bokkies te onderskei?
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 8:31 pm
by Heinz Petersen
Krobb wrote:Wat se teleskoop vergroting het jy nodig om tussen die verskillende jakkalse katte en bokkies te onderskei?
Sent from my SM-J105F using Tapatalk
4.5 -32 x56
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 9:07 pm
by BeesBreet
3-14 x 56 is meer as genoeg
Ek sou se 8x50 is minimum
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 9:19 pm
by Pvdw
Nie almal kam met 100k se toerusting begin nie.
As min sou ek sê nice roeper wat darm so 20-30 klanke kan vat is 'n moet.
Lekker klein kaliber met min recoil met silencer op.
Scope met 8-12x vergrooting maar min 50mm objective.
Skietstoel wat in die ronte kan draai word baie sterk aan beveel. Skietraam is 'n ander opsie.
170mm skietlamp wat of op scope monteer of soos ander manne verkies op stoel.
1 ekstra soeklig is handig maar nie 'n moet.
Dan laaste maar vrek belangrik, 'n kursus by ordentlike ervare jak jagter. Bly tog asb net uit die veld as jy nie kursus gedoen het en al saam ervare man in die veld was nie.
O Ja, en onthou, sakke vol geduld.
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 9:39 pm
by Blink Stefaans
Ek is seker vir R100k is wat Cassie aanbied seker n winskoop. Ek gaan alhoewel nie so jakkals jag dat ek ooit soveel sal spandeer aan toerusting nie.
Bakkie het ek. Dis wel nie n 4x4 nie maar darm n Hilux
Geweer is uitgesort. 223 Brno...gaan nie n knaldemper opsit nie. Sal n scope moet kry
Roeper en dalk die lig sal ek van die USA af inbring tensy ek n 2e handse bargain kan optel.
Skietstoel gaan ek self probeer maak met behulp van n vriend in staal konstruksie
Kursus sal gedoen word
Gedult sal aan gewerk moet word
Re: Basiese toerusting
Posted: Thu Apr 05, 2018 10:08 pm
by BeesBreet
Ons gaan Lightforce ligte aanbeveel... vra op die forum rond vir 2nd hand of koop by Geno. Hul kom van Australie af nie die vsa nie. Passop vir allerande fancy lasers en led ligte wat die cowboys in die vsa gaan wil smous. Rooi filter is ook n myth, gebruik liewer Amber of groen.
N dimmer dink ek is ook n moet...
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Basiese toerusting
Posted: Fri Apr 06, 2018 3:48 am
by Geno
Natuurlik n dimmer. Hy en 'n lig loop saam soos kettie en klip.
Re: Basiese toerusting
Posted: Fri Apr 06, 2018 3:55 am
by Geno
Cassie se R100k vir toerusting is gladnie verregaande nie.
My een jakkalsgeweer alleen is meer werd...
Sit dan by 2xFoxpros, 'n bondel fluite, Truter stoel, 5x ligte, 2x dimmers, 2x filters, nagsig, thermal, rangefinder, GPS, ordentelike herlaaibare batterye, optel flitse en so aan dan kom man by 'n wilde bedrag uit.
En steeds is daar boere wat verwag ons moet gratis skiet...
Re: Basiese toerusting
Posted: Fri Apr 06, 2018 6:43 am
by Joe13
Genade julle mense is gekit, ek het nooit so daaraan gedink nie, ons het maar saam oupa in suzi gery en mond fluit blaas jare gelede. Dit sal nogals lekker wees om saam ervare ou te kan jakke skiet.
Re: Basiese toerusting
Posted: Fri Apr 06, 2018 3:56 pm
by Pappabeer
cassie_calvinia wrote:Gee my 100k dan gee ek jou als wat jy nodig het. bakkie ingesluit
Casman, na onlangse videos op sosiale media wil mense nie in Nissan bakkies gesien word nie
Re: Basiese toerusting
Posted: Fri Apr 06, 2018 4:01 pm
by cassie_calvinia
Pappabeer wrote:cassie_calvinia wrote:Gee my 100k dan gee ek jou als wat jy nodig het. bakkie ingesluit
Casman, na onlangse videos op sosiale media wil mense nie in Nissan bakkies gesien word nie
my bakkie by pierre gekoop
Re: Basiese toerusting
Posted: Sat Apr 07, 2018 11:51 am
by Blink Stefaans
Kan n 2e handse lightforce 170 met dimmer kry wat op die geweer vasmaak vir R2000.
Goeie prys?
Re: Basiese toerusting
Posted: Sat Apr 07, 2018 9:42 pm
by Heinz Petersen
As dit n aparte dimmer is, maak seker dit is nie een wat n geraas maak as jy dit stel nie. Ek sal nie die lig op my geweer monteer nie. Jy sal elke keer die kragdraad moet ontkoppel en weer konek. As jy die geweer voor in jou voertuig sit en weer op jou stoel sit, moet jy eers weer die lig stel op jou afstand, want dit gaan nie weer skyn waar dit was nie.
100k bly nog steeds n winskopie.
Re: Basiese toerusting
Posted: Sun Apr 08, 2018 3:28 pm
by BeesBreet
Blink Stefaans wrote:Kan n 2e handse lightforce 170 met dimmer kry wat op die geweer vasmaak vir R2000.
Goeie prys?
Vind uit by Geno wat kos die goed nuut en dan kan jy n besluit maak of dit wel n goeie prys is.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk