Lekker Kalahari Jag....
Posted: Mon Apr 16, 2018 9:24 pm
Goeie naand...
So is nog 'n besonderse jag verby...die keer was dit spesiaal om die Kalahari so nat en groen te kon ervaar...ons was 7 dae in die jagveld en omtrent elke oggend voor sonop of deur die nag het sagte reën geval...soms so sag dat wanneer ons soggens wakker geword het was net die reënmeter getuie van die nag se Genadewater. Wonderlike wêreld hierdie...die een oomblik is dit heel toe getrek en die volgende oomblik is dit 'n sterrehemel of blou sonskyndag. Daar is min plekke wat so vol lewe is na die reën soos die Kalahari.
Ek en my pel en Myburgh jag vir die laaste paar jaar ten minste een keer saam in die Kalahari. Ons was bevoorreg om mooi wild te kon skiet en Myburgh het twee mooi blesbokke geskiet met sy .223 en my pel het soos ouder gewoonte sy .270 saamgebring...niks fout met 'n .270 nie, veral op die effe verder skote...die afstande het gewissel van 110m tot 270m op die gemsbokke...skootplasing bly maar op die einde van die dag 'n groot faktor op die sukses van die jag...die gewig op die .270 was 130gr Pro Amm. Hier is paar fotos. Myburgh se afstand op die groot blesbok was 167m...perfekte long skoot met 55gr Sierra Spitzer. Ek het twee mooi swaar Kalahari bere geskiet.
Groetnis