Page 1 of 1

Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Wed Apr 18, 2018 3:15 pm
by andriesrossouw
Hi almal.
My pragtige musgrave het n probleem. :'(
Sy scopes line nie op met die loop nie,want nie my Lynx of Leopold kan ver genoeg lings stel nie.
Verskillende scopes en ringe met selfde probleem.Kan die voetstikkies dalk oud wees.Ek skat dis dalk hier by n 1974 model 243.Die Weaver classic 400 werk 100% en het dit saam met die roer gekry.Sal pic,s laai.Ek hoop ek kan hom reg kry.Wil nog met hom veld toe gaan. ;D
Hoop julle kan help.

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Wed Apr 18, 2018 3:20 pm
by andriesrossouw
nog pic's

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Wed Apr 18, 2018 4:48 pm
by Jurgen Visser
O dit is 'n mooi opgepaste Musgrave , jy moet net die basise kry met die pennetjie in ( kan nou nie op die naam kom nie ) elke kant van die pilaar sit allen cap , so jy kan als oplyn met daardie monterings , iemand sal nou nou die maak vir jou se

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Wed Apr 18, 2018 6:18 pm
by Philip J
Jurgen Visser wrote:O dit is 'n mooi opgepaste Musgrave , jy moet net die basise kry met die pennetjie in ( kan nou nie op die naam kom nie ) elke kant van die pilaar sit allen cap , so jy kan als oplyn met daardie monterings , iemand sal nou nou die maak vir jou se
Dis wraggies n goed opgepaste Musgrave daai
Die naam wat oom Jurgen ontgaan is Lynx of Thor. Beide maak van daai basisse en ringe.

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Thu Apr 19, 2018 8:41 am
by andre007
Thor Engineering 012 802 0294 - Praat met Erhard of Charmaine. Hulle maak n gawe verstelbare sneller vir daai roer.

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Thu Apr 19, 2018 7:42 pm
by andriesrossouw
Baie dankie almal.Ek volg die raad en rapporteer terug.

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Thu Apr 19, 2018 10:34 pm
by Hein M.
Africana. Hou hom styf teen die bors... Pragtige geweer ;)

Goeie raad hierbo.

Mooi aand!

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Thu Apr 19, 2018 11:43 pm
by Fanta300
Gee bietjie ‘n foto van die hele geweer. Lyk of hy gepoleer is so blink hy.

Hulle het uitgekom met ‘n Musgrave verstelbare sneller. Niks fout met hom nie

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Fri Apr 20, 2018 7:08 pm
by andriesrossouw
Wil ok graag weet wat onder staan beteken.As iemand weet asb

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Fri Apr 20, 2018 7:47 pm
by andriesrossouw
Het hom geestrip en spring clean.Baie mooi gekom.Tot die geweer no staan nog op die kolf en butpad se ok Musgrave&Son Bloemfontein.25 duim dun loop.Glo darm dus die vrystaat.

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Fri Apr 20, 2018 8:10 pm
by Fanie Nel
Dit is nou n mooi geweer die

Re: Musgrave Vrystaat help asb.

Posted: Fri Apr 20, 2018 8:53 pm
by Philip J
andriesrossouw wrote:Het hom geestrip en spring clean.Baie mooi gekom.Tot die geweer no staan nog op die kolf en butpad se ok Musgrave&Son Bloemfontein.25 duim dun loop.Glo darm dus die vrystaat.
Vrystaat MkII as ek moet raai uit die fotos in Firearms Developed and Manufactured in Southern Africa deur PAAA.