Page 1 of 1

Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Wed Apr 25, 2018 10:06 pm
by Kaalvoetthysie
Hallo julle,

My skoonpa het 'n PCP windbuks (nie seker oor specs nie) en het reeds 'n hand pomp, maar is nie gelukkig daarmee nie.

Hy kyk nou na 'n elektriese pomp of 'n silinder. Wat dink julle sal die beste wees?

Groete
Thysie

Sent from my F8331 using Tapatalk

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 8:54 am
by Wouter Roets
Pomp al die pad! O-ja en n silender vir die windbuks....

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 9:01 am
by Rudi Fischer
Ek het n 300bar 10L cylinder.

Werk vir my baie goed en kos my net R25 vir n refill op die cylinder. (Het n duik winkel 5km van my huis af wat refills doen)

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 9:09 am
by Klein Chris
Silinder sal beste werk as daar n plek naby is wat die ding kan vol maak
Anders oorweeg n springer >:+ . Baie minder logistiek as n pcp

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 9:20 am
by Trompie
Silinder

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 10:18 am
by Ammion
Definitief silinder. As daar nie duikwinkel naby is nie - koop slegs 300bar bottle en ten minste 10l.

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 12:56 pm
by finch
Uit onkunde vra ek maar die volgende: Hoe lank vat dit om n pcp "op te pomp" met die hand?

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 12:58 pm
by Gbyleveldt
^^^ Ek dink jy gaan vinniger gatvol raak vir pomp as wat dit gaan vat om die geweer vol te kry.

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 1:56 pm
by Trompie
Dis harde werk om daai pompe te gebruik en jys effe minder lus vir skiet na daai oefening...

Sent from my LG-H870 using Tapatalk

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 2:52 pm
by Harambe
Ek weet bitter min van hierdie goeters af, maar Safari & Outdoor verkoop een wat soos 'n M4/AR15 lyk. Jy pomp so tussen 3 en 10 keer voor elke skoot. Dit kan nogal irriterend raak. Dan sou ek eerder 'n springer gebruik wat jy net eenkeer hoef oor te haal.

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 3:03 pm
by Ratel
Gbyleveldt wrote:^^^ Ek dink jy gaan vinniger gatvol raak vir pomp as wat dit gaan vat om die geweer vol te kry.
Pomp is harde werk en hou jou superfiks. ++>:
Maar soos almal hierbo se 300bar 10 duiksilinder. Jy sal die adaptor moet bykoop waarmee jy die silinder opkoppel op die geweer om te hervul.

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 3:40 pm
by Gbyleveldt
Hahahaha

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 4:32 pm
by Kaalvoetthysie
Dankie julle. As hy leeg is kyk jy na +- 150 pompe. Jy pomp 15 keer voor jy eers begin pressure kry.

Sent from my F8331 using Tapatalk

Re: Pomp of silinder vir PCP windbuks

Posted: Thu Apr 26, 2018 4:36 pm
by Kaalvoetthysie
Ek sien mens kry 'n carbon fibre 300bar tenk wat nie inspeksies nodig het nie en 15 jaar gewaarborg word. Is dit 'n opsie?

Sent from my F8331 using Tapatalk