Page 1 of 1

Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 7:26 pm
by Smit@50
Mannw wil hoor of enige iemand al op die plaas Tswane op Van Zyls Rus gejag het . Ons het jag beplan daar . Sal dit waardeur as iemand dalk inligting het. Ons is net bang om 1000 km te ry en daar is dalk nie wild nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 7:39 pm
by Malan123
Weet nie spesifiek van die plaas nie, maar die area het gewoonlik baie wild. Het so paar jaar terug klomp springbokke daar uitgeskiet. Bitter lekker plek en mense mense!!

Re: Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 8:15 pm
by Malan123
O en julle moet 'n draai by die hotel maak!

Re: Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 8:38 pm
by Dewitt
Wie is jul kontak daar?

Re: Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 9:21 pm
by Smit@50
Ek dink hoeka amper dot is die eienaar van hotel wat n konsesie het op die plaas.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 9:46 pm
by Malan123
Daar is nog 'n paar ouens met konsessies. Ek het teen Botswana se grens uitgeskiet...en dan gaan skiet 'n man makou ini aande in die hotel. Een van my lekkerste trips ooit!

Re: Van Zyls Rus

Posted: Mon Apr 30, 2018 10:12 pm
by Dewitt
Ok ek het net die vorige hotel eienaar geken, maar hul het die plek nou baie smart gemaak. Van Zyls het net ongelukkig baie duur geraak, maar dit bly 'n wonderlike ondervinding om daar te jag.

Re: Van Zyls Rus

Posted: Tue May 01, 2018 9:48 am
by BandK
Ek het vroeër die jaar in Vanzylsrus gaan jag op ‘n plaas wat, soos ek kon verstaan, buurplaas is van die Hotel eienaar se konsessie. Daar is mooi bokke in daai wêreld en die BWBeeste op die konsessie-plaas wat ons verby gery het was regtig groot.
NB! Ek weet nie of dit wel dieselfde plaas is as waarop julle gaan skiet nie



Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 02, 2018 8:14 am
by Kolhasie
Ek ken baie mense in die omgewing. selfs familie lid wat 13 gronde besit daar. Ek ken die hotel eienaar hy reel jagte vir mense rondom Vanzyls. kyk maar vir scammers by my neef het al jagters opgedaag wat plek geboek het dan bestaan daar nie so plaas nie.

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 10:52 am
by Smit@50
Ja manne baie teleurgesteld.
Ons jag tog is afdie man wat alles reel is n skelm. Hy is weg met al ons depositos . Die manne wat nou daar is om saam hom te jag moet in Gaste huis Bly. Hy het nie N jag voertuig nie skuld n klomp Boere geld in omgewing . Ek is redelik de b........M in.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 11:24 am
by Chevvy SS
Is hy van daardie omgewing?

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 2:06 pm
by Dolf014
Ek vermoed ek is ook in die dilemma.

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 2:26 pm
by Smit@50
Hy kom blykbaar van Ariams vlei af en het op Vanzyslsrus geland hy het as barman by die hotel gewerk maar is nou blykbaar ook daar wegejaag.

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 2:47 pm
by DawieKotze
Is dit nie 'n du Preez ou nie? Smaak my jy is nie die enigste een nie!

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 3:08 pm
by Smit@50
Dit is net hy Jaques du Preez


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 3:39 pm
by Pvdw
Darm wragtag nie lekker om die draad te lees nie. Afgesien van die geld wat weg is is al daai beplan,droom,gesels, gewere reg kry als sommer net in hul dinges in!!! Daai tyd in die veld is baie manne iets waarna hulle die hele jaar uitsien.

Slegste om te dink dat dit 1 van ons mense is met boere naam en van. Daai man staan in die oggend op en beplan opsetlik om iemand te beneuk. Dis geen ongeluk, dis beplan.

Nee Smits@50 ek het geen woorde vir jou nie. :-X :-X :-X

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 3:47 pm
by Dolf014
Siende dat ons 'n paar manne is wat deurloop; wat is die wetlike manier om die man aan te vat?

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 4:39 pm
by .270 Man
Goeie dag vriende ek het die boodskap gekry by n vriend net vir inligting.


Beste vriende. Ons hotel is al 10 jaar staande en ons beur steeds voort. Na die besluit van die boerevereniging om ons klub oop te maak vir die publiek het ek besef dat ek nie nog ongeruimdhede ook kan bekostig nie. Daar was al geruime tyd klagtes van die gemeenskap oor my een kroegman, Jacques du Preez. Dit wil my voorkom asof verskeie boere n stel of 2 afgetrap het met hom. Ek wil asb myself en die hotel kategories distansieer van sy privaat doen en late. Ons was nog nooit enigsins betrokke met enige jagreelings, jag aangeleenthede of enigiets anders waarmee hy in sy privaat tyd betrokke was nie. Sy diens by die hotel is beeindig. Ons maak staat op ons gemeenskap en vertrou dat julle ons vir nog n verdere 10 jaar sal ondersteun. Groete. Elbie Jonker

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 5:09 pm
by Smit@50
Hele jaar se voorbereiding tot n koel wa gebou vir die trip spesiaal om al vleis koud te hou//uploads.tapatalk-cdn.com/20180523/05ec6e6050d81d765c102ed75bc7cfc8.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 5:42 pm
by Geno
Smit@50 wrote:Hele jaar se voorbereiding tot n koel wa gebou vir die trip spesiaal om al vleis koud te hou//uploads.tapatalk-cdn.com/20180523/05ec6e6050d81d765c102ed75bc7cfc8.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk
Praat as daardie trailer in die mark is...

Re: Van Zyls Rus

Posted: Wed May 23, 2018 8:38 pm
by Smit@50
Dolf014 wrote:Siende dat ons 'n paar manne is wat deurloop; wat is die wetlike manier om die man aan te vat?
Dolf ja ons het die man gekontak hy se hy gaan ons gelde terug betaal . So ons wag maar en sien wat gebeur.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Fri Jul 13, 2018 2:13 pm
by DawieKotze
Smit@50 - het julle toe julle geld terug gekry by die Du Preez ou?

Kennis van my is nou hierdie week deur dieselfde skelm gevang. Uit die Kaap gery en amper in Van Zylsrus toe laat weet die ou die jag is gekanselleer, want sy seuntjie is blykbaar siek.

R14 000.00 deposito gevat!

Re: Van Zyls Rus

Posted: Sat Jul 14, 2018 8:40 pm
by Smit@50
Dawie nee my maat niks terug gekry nie . Glo ook nie ons sal nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Van Zyls Rus

Posted: Sat Jul 14, 2018 8:51 pm
by Malan123
Hoekom maak jy nie 'n saak oop teen die doner nie?