Page 1 of 1
Hoe vat jy Vuil Willie se skietgoed?
Posted: Tue May 29, 2018 5:36 pm
by Johnnie_De_Wet
Scenario: Vuil Willie skuld jou n moerse klomp geld. Balju sê Vuil Willie besit niks. Van sy selfoon tot sy Cruizer is sy houvrou se eiendom.
Vuil Willie plaas op vleisboek jaggroepe hoe goed sy klomp duur gewere skiet.
Mag n balju op polisie se databasis kyk watter wapens Vuil Willie besit? Die rede is dat Vuil Willie nie kan lieg en sê dat dit sy houvrou se wapens is nie....
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Tue May 29, 2018 5:48 pm
by DWB
Ek weet nie... maar ek ken ook ouens wat so besigheid doen....
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Tue May 29, 2018 10:05 pm
by Ds J
Die Skrif sê dat jy mense moet respekteer. Maar jy moet dit reg verstaan : respekteer beteken nie altyd hoog ag nie. Dit beteken soms om hom te aanvaar soos hy is. Dan kan jy met gemak n taal met hom praat wat hy verstaan. Christus het n sweep gevleg en mense daarmee uit die tempel gejaag.
Kry n goeie prokureur en trek hom vas. Hy bewys dat hy skelm is.
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Wed May 30, 2018 10:32 pm
by kwagga
Ds J wrote:Die Skrif sê dat jy mense moet respekteer. Maar jy moet dit reg verstaan : respekteer beteken nie altyd hoog ag nie. Dit beteken soms om hom te aanvaar soos hy is. Dan kan jy met gemak n taal met hom praat wat hy verstaan. Christus het n sweep gevleg en mense daarmee uit die tempel gejaag.
Baie dankie vir hierdie stukkie wysheid, dit help my om sommige dinge in perspektief te plaas.
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 7:44 am
by DriesdlR
Die regsproses is stadig maar hy werk.
Dagvaar - Indien nie betaal - Verstekvonnis - Eksekusiebevel - Balju sal wel alle bates wat dan daar is kan opskryf veral as hy attend gemaak word daarop.
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 10:21 am
by Johnnie_De_Wet
Die hele proses is reeds gedoen. Die balju beweer dat die man niks besit nie.
Op facebook in die jag groepe praat die man met lof van sy Mauser, Tikka, Sako, ens.
Is daar n manier wat die balju kan kyk of die persoon wel hierdie gewere op sy naam het?
Indien die gewere op sy naam is kan hy nie sê dat dit sy vrou se gewere is nie.
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 10:37 am
by musgrave270
Johnnie
Ek dink kyk is een ding maar mag mens beslag lê op 'n ander man se vuurwapens?
Groete
Ruan
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 11:58 am
by Viking
Johnnie,
Kom ons probeer die vraag tegnies benader....
Die balju mag met 'n hofbevel beslag lê op die skuldenaar se roerende bates...met uitsondering van sekere huishoudelike toebehore en jou gereedskap waaruit jy 'n bestaan maak.
Hierdie items waarop beslag gelê word, word gewoonlik per veiling verkoop - nou dis hier waar ons moet prakties raak!
Die balju kan nie die gewere selektief "verkoop" nie!
Sal die koper geskik wees om 'n lisensie(s) te kry?
Die balju wil die koopsom en kostes betaal hê na die veiling!
Die koper kan eers begin aansoek doen as die veiling verby is.
Intussen verwag die skuldeiser dat die opbrengs aan hom betaal sal word.
Wat nou gemaak as die koper nie 'n lisensie of bevoegdheid kan kry nie?
As ek dus 'n balju was sou ek NIE GEWERE inneem nie!
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 1:57 pm
by Johan JvR
Vat dan die teleskope en die kolwe en die snellers
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 2:21 pm
by Smitstertjies
Johan JvR wrote:Vat dan die teleskope en die kolwe en die snellers
En die aksies.
Draai net die lope af en los dit vir hom!
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skoetgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 2:28 pm
by Riebeeker
Ry tot by die ou. Vertel hom dat jy weet hy het sulke lekker roere en dat jy hom gaan opdreun vir die geld wat hy jou skuld. Maak nou 'n aanbod vir die gewere wat insluit dat dit sal dien as volle vereffening van jou rekening plus klein kontantbedrag, bv R5000 die dag as die gewere in jou naam gelisensieer word. Dalk kry jy so iets terug.
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skietgoed?
Posted: Thu May 31, 2018 3:50 pm
by FHM
Ek het dieselfde stront diekant gehaad met n 'skuldenaar'.
Aangekla, balju het gaan probeer eiendom vasmaak - alles op sy ma se naam, net die klere aan sy gat en die ysbakkies in die yskas behoort aan hom. Balju gese hy kan niks verder doen nie. 14 K verlies!
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skietgoed?
Posted: Tue Jun 26, 2018 7:44 am
by Johnnie De Wet
Na n lekker "tug of war" sal die wapens nou op n veiling verkoop word. Sal seker net 20% van die skuld delg maar dit voel darem soos n wen.
Re: Hoe vat jy Vuil Willie se skietgoed?
Posted: Wed Jun 27, 2018 8:31 pm
by dehacked
Geluk al is dit min.