Einde van 'n ou bul...
Posted: Fri Jun 01, 2018 5:27 pm
Goeie dag....
Aan die begin van die week het 'n maat van my gebel en gevra om vir ons 'n kudu te kom skiet vir biltong...die wind het lekker sterk gewaai en ek het met die wind in my gesig die ou bul in baie dik bos gekry naby die water...hy het reguit na my gekyk en ek het op daardie stadium nog 'n lemoen staan en skil met die geweer oor my skouer en die skietstokke teen 'n bos....maar 'n lang storie kort het ek die bul voor sy bors geskiet en hy het net daar op die plek geval...gewoonlik hardloop hulle darem nog so 50m na so 'n skoot...
Toe ek by die ou bul kom kon ek als verstaan...hy was klaar met die lewe en sou verseker nie die einde van Junie haal nie...nie meer 'n tand omtrent oor in sy bek nie...tussen sy agterbene was seerplekke omtrent 'n duim in deursnee en sy lyf was vol baklei merke ...party merke nog vars ....ek kon aan sy nek se breedte sien dat dit op 'n tyd 'n baie mooi bul moes wees...
Groetnis