Page 1 of 1

Slagraam Ontwerp

Posted: Wed Jun 13, 2018 11:12 pm
by Joubert778
Naand Manne.

Ek het asseblief julle hulp nodig. Ek is opsoek na n goeie opslaan slagraam ontwerp wat n mens kan gebruik om omtrent so 10 bokke te kan slag gelyktydig.
Enige hulp sal waardeur word.

Bosveld Groete
Franna.

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 7:01 am
by Malan123
Watter size bokke?

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 8:49 am
by Boesman10
Malan123 wrote:Watter size bokke?
Ja 'n slagraam vir 'n Springbok en 'n slagraam vir 'n Eland gaan seker so klein bietjie verskillend wees. Met die "opstlaan" gedagte - Will jy hom by 'n gebou gebruik en dan wegpak of moet dit mobiel wees om in die veld te gaan opslaan?

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 11:50 am
by Joubert778
Manne dit gaan maar meestal vir rooibokke en blesbokke wees. Ek gaam hom as n mobiele raam gebruik, ek het n kontrak vir uitskiet gekry van rooibokke.

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 12:12 pm
by SakoTrippel2
PM gestuur... Ek is al deur die oefening.

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 3:17 pm
by Grenslyn
Ons wil ook graag sien.

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 3:32 pm
by SakoTrippel2
Die Uitmekaar haal konsep kom neer op 'n kort stukkie "over size" pyp wat op die hoeke geplaas word teen 'n Uitwaartse hoek (vir stabiliteit) Die pote skuif dan net eenvoudig binne in die oversize pyp in met stop ends (speel maar met verskillende grotes)

Die raam waaraan die hakke vas kom kan van dik hoekyster (Angle Iron) of Rectangular Tube gemaak word. Hakke se hoogte is rof weg 1.8m van die grond af.

Ignoreer die ander kleur rooi/bruin yster met die hak, dis net 'n leg spreader. Regs agter en hier links voor kan die inskuif konsep gesien word... Weet nie hoe goed die kwaliteit is nie.

Dis n langwerpige raam (Reghoekig) en pas op 'n bakkie sonder dat dit oorhang.

Dis 'n swakkerig foto maar ek hoop julle kan sien.

Groete
Frans
//uploads.tapatalk-cdn.com/20180614/de611ff4d9dc9ecf4754dfc360ebf154.jpg

Re: Slagraam Ontwerp

Posted: Thu Jun 14, 2018 8:30 pm
by Kallie Fernhout
20180601_170106.jpg